Sjef Pieter Malan alias, #PappaChef leef sy passie! Sy liefde vir #KosKuns en Gemeenskaps-radio het uiteindelik saamgesmelt in #DiePappaChefShow !

Die PappaChef Show is ‘n eerste vir Afrika en in die wêreld dis die enigste voedselsindikasie-program waar die program op radio- en visuele (TV) -formaat gesimuleer word, wat gratis op al ons radiostasies op sosiale media-platforms via Facebook, Youtube en IGTV uitgesaai word. Die idee van die program is eenvoudig. Die grootste name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf sluit elke week by Pieter alias PappaChef aan vir ‘n kookervaring waar hulle gesels, kook en lag! Die musikante van die vertoning tree ook op met elke vertoning wat die program op ‘n…

Lees meer

Anaïs se Rooibaard is ‘n goedvoel-liefdesliedjie wat die ideale romantiese luistergenot vir dié somer is.

Na ‘n lang gewag het die sangeres, TV-aanbieder, vervaardiger en regisseur Anaïs pas haar nuutste enkelsnit vrygestel en Rooibaard gaan beslis nie haar aanhangers teleurstel nie.  Dit is ‘n goedvoel-liefdesliedjie wat die ideale romantiese luistergenot vir dié somer is. Anaïs is wel onder Suid-Afrikaners van alle rasse bekend vir haar Be your dream met Anaïs en Be your dream inspired-programme wat onder meer op Via en TBN Africa uitgesaai word, maar sy is ook al lankal die liefling van die verhoog, van Afrikaanse luisteraars wat van ligte popmusiek en -ballades…

Lees meer

Temalied en musiekvideo deur Jack Parow- en Loki Rothman gaan ‘n groot treffer wees hierdie somer!

As jy, soos die res van die wêreld, genoeg gehad het van 2020, sal Jack Parow en Loki Rothman se nuwe liedjie – ’n opgewekte goedvoel-kreet vir die somer – jou beslis laat beter voel!  Dié liedjie en musiekvideo is op Vrydag, 13 November bekendgestel en die video spog reeds met naby 20 000 kyke! ALTYD OP VAKANSIE is die temalied van die nuwe Afrikaanse romantiese komedie, KAALGAT KAREL,wat vervaardig is deur Boondogle Films se Paul Egan en Meg Rickards (wat ook die regisseur is).  Die storie vertel die verhaal van…

Lees meer

‘Hou jou mond en dans’ op Valeska se nuwe enkelsnit!

Die vakansieseisoen is om die draai en jy kan solank jou dansskoene afstof, want Valeska Muller se nuutste enkelsnit nooi jou uit om jou sorge opsy te skuif en jouself te geniet. HOU JOU MOND EN DANS is ’n opgewekte, tong-in-die-kies-danssnit wat die liefde vanuit ’n vars perspektief benader. Dis ’n spanpoging deur die sangeres en Tertius Jacobs, wat spog met ’n verfrissende internasionale klank en selfs die mees kritiese oor sal beïndruk. “Hierdie lied gaan oor ’n outjie wat sy oog het op my, maar hy is ongelooflik skaam…

Lees meer