Die krag van ware liefde word uitgebeeld in Gerduan Kemp se nuwe musiekvideo!

Gerduan Kemp, die talentvolle kunstenaar afkomstig van Bloemfontein, het pas die musiekvideo vir sy nuwe enkelsnit Sesde Sintuig vrygestel.Die musiekvideo, wat in Pretoria geskiet is, beeld die krag van ware liefde uit en pas perfek by sy pragtige lied aan wat tans op verskeie radiostasies regoor die land gehoor word.  Met hierdie musiekvideo wys Gerduan watter verskil die liefde in ‘n mens se lewe kan maak. Skaars ’n maand nadat sy nuwe enkelsnit, SESDE SINTUIG, musiekliefhebbers kom beïndruk het en op die trefferparades van radiostasies landswyd pryk, is Gerduan Kemp…

Lees meer

Henri Alant se “JY IS LIG” ROER AAN HARTSNARE…

Dis met groot opgewondenheid en trots dat ons as PR span by Artist Village, Henri Alant se nuutste enkelsnit, “JY IS LIG”, aan julle bekendstel. “JY IS LIG” ROER AAN HARTSNARE… Die gewilde liedjiesrkrywer en sanger met sy diep popstem, Henri Alant, het uit die staanspoor reeds talentvolle spore in die Afrikaanse musiekbedryf kom trap, en daarom beslis geen bekendstelling nodig nie. Met treffers soos “Cupid”, “In jou drome”, “Dis jou soen”, “Een somersaand” en “Daar’s ‘n rede” wat op radiostasies se toptrefferparades geboer het, het Henri ‘n stewige ondersteuningsbasis…

Lees meer

Kwaggabees het ‘n nuwe enkelsnit uit – Anderkant die hemel

Die sanger en liedjieskrywer Kwaggabees deins nie terug om pynlike, emosioneel belaaide lirieke neer te pen en dit dan in sy musiek te verwoord nie. Dié Ghoema-wenner se derde enkelsnit Anderkant die hemel is deel van ‘n drieluik wat nie huiwer om onderwerpe soos die dood van ‘n kind, verlies en pyn aan te pak nie. Kwaggabees is bekend vir sy unieke rockklanke, maar hy is een van daardie veelsydige kunstenaars wat nie net kan rock nie, maar selfs in die sogenaamde seerkry-ballades ‘n mark kan vind. Ballades wat ‘n…

Lees meer

HENRICO SE NUUTSTE ENKELSNIT MOEDIG ADAMSGESLAG AAN OM MANS VAN GOD TE WEES

Dit is vir my so voorreg om hierdie met jou te deel.  Alhoewel HENRICO onlangs sy eerste enkelsnit ná sy deelname aan MAAK MY FAMOUS uitgereik het (HOOR MY WOORDE), het hy baie sterk gevoel daaroor om nou hierdie lied wat Bobby van Jaarsveld al ‘n tyd gelede aan hom gegee het vir sy verjaarsdag, uit te reik. Hierdie ongelooflike mooi lied van HENRICO,  MAN VAN GOD, moedig die adamsgeslag aan om mans van God te wees en herinner hulle daaraan dat hulle krag in God lê.  Dit is ’n…

Lees meer

‘Die waarheid maak seer’ in Sunel se nuwe enkelsnit!

“DIE WAARHEID MAAK SEER is daardie liedjie wat jy moet luister as jy jouself in enige verhouding bevind waarin jy besef het dat die beloftes wat aan jou gemaak is en die kanse wat jy vir die ander persoon gegee het, nutteloos is. Jammer kan ongelukkig nie altyd alles regmaak nie,” verklap SUNEL oor die betekenis agter haar derde Afrikaanse vrystelling, wat reeds besig is om musiekharte te verower. Volgens die sangeres kan die nuutste enkelsnit, uit haar eie pen, beskryf word as ’n goedvoel-liedjie met ’n sterk boodskap waarby…

Lees meer

PACISA se eerste Nasionale Rondte vind plaas by Midstream Ridge Primary van 23 – 26 September 2019 en beloof om drome waar te maak.

PACISA (Performing Arts Community in South Africa) is die brein-baba van Roelof Bouwer en Adri Mocke. Hulle het onderskeidelik meer as 15 jaar ondervinding in die Suid-Afrikaanse kunste-industrie en het kragte saam met menigte kenners gesmelt om saam ‘n verskil te maak… Volgens Mocke fokus die meeste kompetisies nie in die langtermyn op die bevordering van die deelnemers en die wenners nie; en dit is waar PACISA anders wil wees. PACISA se pryse is so saamgestel dat dit die wenners gaan help om te groei as kunstenaars en om hul…

Lees meer

NIE EERS BEURTKRAG KON MOFFIE-PREMIERE STOP NIE!

Die Gauteng-premiere vir die internasionaal-bekroonde Oliver Hermanus film, MOFFIE, wat handel oor die storie van ’n jong dienspligtige wat die alledaagse wreedheid van die weermag in die 1980’s, tydens apartheid in Suid-Afrika probeer oorleef, is op Woensdag – 11 Maart 2020 – deur Portobello Productions en Penzance Films aangebied. Op Vrydag, 13 Maart 2020, sal dit ook amptelik in plaaslike fliekteaters open. Dié glansryke rooitapytgeleentheid, wat nie eers deur beurtkrag in die wiele gery kon word nie, het by Ster- Kinekor in Cedar Square (Fourways) plaasgevind en was ’n onvergeetlike…

Lees meer

Bok Radio-Span ft Loki Rothman reik ‘n besonderse Kersfees liedjie uit!

Die Bok Radio-span se personeel is bekend daarvoor dat hulle nie net kan uitsaai nie, maar ook kan sing en toneel speel.  Met meer as 100 uitverkoopte TYDLOOS produksies op hulle kerfstok, is dit geen verrassing dat hierdie talentvolle groep hul eie liedjie opgeneem en vrygestel het nie. Gedurende Desember 2019 is Loki Rothman ingespan om ‘n liedjie namens Bok Radio, ‘n gemeenskapsradiostasie in die Kaap, te skryf. Die lirieke is ‘n toonbeeld van die Bokspan se gesindheid teenoor die gemeenskap wat hulle bedien. Die boodskap wat uitgedra word is…

Lees meer