Die Gauteng-premiere vir die internasionaal-bekroonde Oliver Hermanus film, MOFFIE, wat handel oor die storie van ’n jong dienspligtige wat die alledaagse wreedheid van die weermag in die 1980’s, tydens apartheid in Suid-Afrika probeer oorleef, is op Woensdag – 11 Maart 2020 – deur Portobello Productions en Penzance Films aangebied.

Op Vrydag, 13 Maart 2020, sal dit ook amptelik in plaaslike fliekteaters open.
Dié glansryke rooitapytgeleentheid, wat nie eers deur beurtkrag in die wiele gery kon word nie, het by Ster- Kinekor in Cedar Square (Fourways) plaasgevind en was ’n onvergeetlike geleentheid met die smaaklikste kos, spesiale gaste en die lekkerste atmosfeer waaroor almal wat daar was nog vir baie lank gaan praat.
Talle gaste, uit verskeie sosiale- en mediakringe, waaronder André Schwartz, Gillian Seetso, Sandi Schultz, Damian Engelbrecht, Zavion Kotze, Lindiwe Mizibuko en vele meer, het die funksie bygewoon.
Heelparty van die akteurs was saam met regisseur Oliver Hermanus en mede-vervaardiger Theresa Ryan van Graan te sien op die rooitapyt en die kinematograaf, Jamie D. Ramsay het spesiaal ingevlieg vir dié spesiale aand.
Media kon nie genoeg kry van die jong en talentvolle akteurs; soos Rikus Terblanche (Bester), Shaun Chad Smit (van der Merwe), Hendrik Nieuwoudt (Willem Roos), Wynand Ferreira (Niels Snyman), Stefan Vermaak (Oscar Fourie), Hilton Pelser (Sergeant Brand), Ryan de Villiers (Dylan Stassen) en Kai Luke Brummer (Nicholas van der Swart); wat vol selfvertroue oor hulle rolle in dié indrukwekkende rolprent gesels het nie.
In sy toespraak het Hermanus die gaste bedank vir hulle geduld met die beurtkragsituasie en ondersteuning. Sy woorde was skaars koud toe die krag aangaan en gaste het dit met ’n spontane applous verwelkom.
Almal wat die premiere van MOFFIE bygewoon het is dit eens dat hierdie ’n grondverskuiwende film is, wat deur elke persoon in Suid-Afrika gesien behoort te word.
Kyk hier na fotos van die premiere:
Fotokrediet: Brendan Croft
Fotokrediet: Sheen Photography
MOFFIE is deur Portobello Productions en Penzance Films vervaardig en sal vanaf Vrydag, 13 Maart 2020, by die volgende teaters vertoon word:
Weskaap
Die Fugard-teater (vanaf 15 Maart 2020)
Labia (vanaf 20 Maart 2020)
Nu Metro Canal Walk
Ster-Kinekor Tygervallei, Bellville
Ster-Kinekor Somerset Mall, Somerset-Wes
Whale Coast-teater Whale Coast Mall, Hermanus
Ster-Kinekor Garden Route Mall, George
Avalon Group Grand West Casino, Goodwood
Gauteng
Ster-Kinekor Kolonnade Mall, Pretoria
Ster-Kinekor Brooklyn Nouveau, Pretoria
Nu Metro Menlyn Park, Pretoria
Nu Metro Park View-inkopiesentrum, Pretoria
Ster-Kinekor Fourways Mall, Sandton
Movies@ Monte Casino, Sandton
Ster-Kinekor Rosebank Nouveau, Rosebank
Nu Metro Hyde Park Corner, Hyde Park
Ster Kinekor Cresta, Randburg
Egrek Egrek Cinema, Randburg
KZN
Ster-Kinekor Gateway Commercial, Durban
Nu Metro The Pavillion, Durban
Nu Metro Galleria Mall, Amanzimtoti
Avalon Group Midlands Cine Centre, Pietermaritzburg
Oos-Kaap
Nu Metro The Boardwalk Casino & Entertainment World, Port Elizabeth
Vrystaat
Nu Metro Loch Logan Waterfront, Bloemfontein
NAMIBIË
Ster-Kinekor The Grove Mall, Windhoek
Atlanta Cinemas Swakopmund Hotel and Entertainment Centre, Swakopmund
Om vooraf kaartjies vir MOFFIE te bespreek, besoek https://www.moffiefilm.com/tickets
Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=sr4SaDufN5o
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/MoffieFilm/
Instagram: @MoffieFilm
Twitter: @MoffieFilm
#MoffieFilm #calledamoffie
PUBLISITEIT & BEMARKING
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webwerf: www.starburstmusic.co.za