Adam-Musiekvideo vir nuwe enkelsnit, Liefde Is, bekendgestel!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Aanhangers van ADAM is onlangs bederf met die nuus dat die groep terugkeer na die verhoog. Die groep spog met ‘n nuwe lid en nuwe musiek, waarvan hul eerste nuwe enkelsnit, LIEFDE IS, op verskeie radiostasies landwyd gehoor kan word.

Vandag is ek opgewonde om aan te kondig dat ADAM nog goeie nuus deel! Hulle het pas ‘n musiekvideo vir LIEFDE IS vrygestel wat perfek aanpas by die snit.
ADAM se eie Eva’s speel in hierdie video en word ondersteun deur wêreld-klas dansers wat al verskeie kompetisies internasionaal gewen het.

ADAM is terug en spog met ’n splinternuwe groeplid (Christoff de Beer) en hulle nuutste goedvoel popliedjie, LIEFDE IS, speel reeds die radiogolwe van stasies regoor die land aan die brand!

Nou gaan aanhangers nóg verder bederf word met die vrystelling van LIEFDE IS se musiekvideo wat kan kersvashou by van die beste produksies daarbuite.

Volgens Kyle, die hoofsanger van die groep, sluit die musiekvideo aan by die lighartige tema van dié treffer – wat reeds oral gehoor kan word – en word liefde op die skerm uitgebeeld as ’n kleurvolle ‘neon’-partytjie.

“Die video is modern en sexy, met neonligte, mooi meisies en puik dansers,” verklap hy. “RM Productions het dit in die ateljee vervaardig en ek het die regie behartig. Ons wou graag ’n internasionale gevoel na die Afrikaanse mark bring en is baie opgewonde om ons idee met bewonderaars te deel.”

Kyk die video hier:   https://www.youtube.com/watch?v=FBDc6Ma43Gs

Die drie Eva’s in die musiekvideo word gespeel deur niemand anders as die ADAM’s se eie Eva’s nie!  Danieka du Plessis (Hugo se verloofde), Leighré White (Stoff de Beer se meisie) en Elizca Coetzer (Kyle se vrou) het saam met Marcella Solimeo (wenner van M-Net se Dancing with the stars) en Dylon Daniels (‘n internasionale Latynse dans-kampioen), kom lyfswaai om hierdie video baie besonders te maak!

LIEFDE IS is ’n goedvoel popliedjie oor ’n paartjie wat in verskillende dorpe vasgevang is gedurende grendeltyd. Die ou sit en wonder hoe dit met sy meisie gaan en of hulle verhouding dit gaan oorleef. Dan besef hy dat hulle liefde nog altyd bly staan het, ongeag van alles wat hulle al moes deurmaak, en dat hulle hierdie struikelblok ook sal oorkom.

Die liedjie is geskryf deur Hugo Ludick en Nick Jordaan van Posduif / Ruber Duc en vervaardig deur Muse Studios.

LIEFDE IS is aanlyn beskikbaar. Laai dit hier af: https://music.apple.com/za/album/liefde-is-skoon-weergawe/1540466811?i=1540466812

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/adamgroep/

Twitter: @adamgroep

Web: www.adamband.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alani Coetsee

Sel: 072 442 6918

E-pos: alani@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS
JP Perie – ADMINISTRATION


Related posts