Jan Rhaap en Le-Lue verras met Adrenalien!

Jan Rhaap is bekend vir sy lekker dansliedjies maar vandag stel ons bekend: ‘n asemrowende liefdes-duet met Le-LueAdrenalien handel oor daardie spesiale persoon in jou lewe vir wie jy enige iets sal doen.  Hierdie pragtige lied, geskryf deur Juan Boucher en Jan Rhaap, is seker om jou lesers se aandag te trek.  FOTO KREDIET:                                                   Carol de Villiers Fotografie Voordat ons die jaar groet gaan Jan Rhaap, oftewel Werner Burger, en die geliefde Le-Lue van Bok Radio / TV, seker maak dat hulle almal verras met die vrystelling van die allermooiste liefdes-duet, Adrenalien.  Die…

Lees meer

Die singende Pretoriase prokureur, Gerard Stoop, se tweede enkelsnit is pas vrygestel

Die singende Pretoriase prokureur, Gerard Stoop, se tweede enkelsnit is pas vrygestel en net soos sy debuutenkelsnit, Enkelouer ma, is Motte en kerse ‘nfeesmaal vir die fynproewersoor. Gerard, wie se suster die bekende liriekskrywer Marietjie Stoop is, het ‘n fyn aanvoeling vir die Afrikaanse taal en as hy eers sy pen in die ink druk dan weet enige van sy aanhangers dat daar nog ‘n treffer aan die broei is. Hy het eers later in sy lewe begin om lirieke te skryf en saam met volwassenheid kom daar ook die…

Lees meer

Die gesogte Beiteltjies, word vanjaar weer toegeken. Hierdie aanlyn spog-geleentheid vind plaas op Maandag, 30 November om 19h00.

Die gesogte Ordes van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie word vanjaar weer toegeken vir volgehoue geesdrif, betrokkenheid, deelname en eiesoortige sigbare resultate met verskeie aspekte van die Afrikaanse woordkuns in gemeenskapsverband.  Die toekennings, sal op Maandag, 30 November 2020, om 19:00, virtueel tydens ‘n beeldstroom op Facebook en YouTube toegeken word.  Nie minder as 30 toonaangewend woordkunskeppers- en fasiliteerders het sedert 2015 Ordes van die Beiteljie vanaf die Afrikaanse Woordkunsakademie, wat deur die Cordis Trust bedryf word, ontvang.   Onder hulle is bekendes soos Marie Bredenkamp, Kobus Burger, Clinton du Plessis, Lisa…

Lees meer