Christo Badenhorst se debuut enkelsnit “Fluister van die strate” is binnekort beskikbaar op alle digitale platforms.

Christo Badenhorst se debuut enkelsnit “Fluister van die strate” is binnekort beskikbaar op alle digitale platforms.

“Fluister van die strate” is deur Christo self geskryf.

Christo is afkomstig van Noord Natal. Die begeerte om musiek te maak was nog altyd daar en terwyl hy in Hoërskool was het hy begin kitaar speel. Hy het Natal kleure vir rugby ontvang en het planne gehad om ‘n toekoms in rugby te hê. Die Springbok rugby speel het nie uitgewerk nie en Christo het begin liedjies skryf maar was te skaam om voor mense te sing.

Johhny Cash se lewensverhaal het hom aangegryp en hy het sy liedjies begin oefen en meer begin speel en van die kamer na die braaivleis vuur beweeg.

Christo glo dat sy Hemelse Vader deure oopmaak deur gebed en dat God sy anker is.

“Fluister van die strate” gaan oor ‘n alledaagse dorp, dit wat was en al wat oor is die “Fluister van die strate”

Christo tree op regoor die land en is tans besig met ‘n vol opname wat hy liedjie vir liedjie opneem.

” Fluister van die strate ” is opgeneem by Prostar ateljee in Johannesburg waar Christo ook as kunstenaar geteken is.

Christo se album word bemark deur IBE.

Kontak IBEntertainment by 071 607 0090 vir enige navrae

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →