Kyle September stel musiekvideo vry vir sy somertreffer, Sweetness!

‘n Paar weke gelede het Kyle September sy splinternuwe voelgoed en prettige enkelsnit vir die somer, SWEETNESS, vrygestel en hierdie lekker saamsing-liedjie kan reeds op verskeie radiostasies landswyd gehoor word.

Die tyd het aangebreek om die musiekvideo vir hierdie somertreffer bekend te stel en die video pas perfek  by hierdie enkelsnit, wat ‘n aanwins sal wees by enige kuier om die swembad of in jou voertuig oppad werk toe. In die woorde van die video se regisseur, Cole Matthews: “It’s a total slapper!”.

Die doel van die musiekvideo is om die gevoel van somerpret in die musiek uit te beeld en die geluk wat mens in ‘n sielsgenoot vind (of enige iets wat daai soetigheid in jou lewe kan bring), soos wat die lied se lirieke uitwys”, vertel Kyle.

Die video is verfilm by Studio 9 in Randburg en vervaardig deur Cole Matthews en Claudia Somjen. 

Sweetness is ‘n somerliedjie. Ons het gevoel hierdie kort iets prettig, so ons wou die idee van somerpret uitbeeld. Soetlekkers of vrugte is gewoonlik vol van kleur, so ons het besluit om op kleur te fokus as ons basis.”, vertel Cole. 

Cole vertel ook dat ‘n baie kleiner span op stel gewerk het en take verrig het wat normaalweg deur veel meer werkers behartig sou word. Gavin Pincus, kinematograaf het geen assistente gehad nie, maar het eiehandig 48 skote uitgevoer in minder as 10 ure.

Kyk die video hier:  https://youtu.be/HX1HCgkizjo

Die enkelsnit is alreeds besig om ‘n somerkreet te word en die video is ‘n bewys dat Kyle talentvol, vaardig en vermaaklik is.

Die span: 

Regisseur: Cole Matthews

Vervaardiger: Cole Matthews, Claudia Somjen

Kinematograaf: Gavin Pincus

Redigering: Neil de Almeida
Grimering: Andy Simoes

Dansers: Nina Erasmus, Mahashe, Alban Gamuti

Produksie Ontwerp, Stilering: Cole Matthews

Kos Stilering: Claudia Somjen, Cole Matthews, Brittney Mclean

Reuse Cupcake Bakster: ButterCupCakes – Brittney Mclean

Laai die enkelsnit hier af: https://smarturl.it/KyleSepSWEETNESS

SOSIALEMEDIA SKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/kyleseptembermusic

Instagram: www.instagram.com/kyleseptember

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCMRJAZoFz1sGbFqrxfO6cdA

PUBLISITEIT EN BEMARKING

Starburst Bemarking

Alishia van Deventer

Cell: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS
JP Perie – ADMINISTRATION

Related posts