Een van die gewildste en mees bekende stories, Pinocchio, gaan eersdaags op die grootskerm te sien wees onder leiding van die regisseur Matteo Garrone.
Garrone het al van kleins af ‘n droom om ander lewe in hierdie karakter te blaas en ons is opgewonde om te sien wat hy in hierdie film uitbeeld.
Alhoewel die film baie naby aan die oorspronklike storielyn bly, kan ons uitsien na ‘n reeks nuut en ongewone avonture waarop Pinocchio homself bevind.
Almal ken die storie van Pinocchio. Carlo Collodi se negentieneeuse roman is nie net een van die gewildste verhale van sy tyd nie, maar ook een van die mees vertaalde nie-geestelike boeke in die wêreld. Regisseur, Matteo Garrone, bied ’n nuwe perspektief op hierdie ikoniese verhaal met sy unieke rolprentverwerking wat binnekort op die grootskerm te sien is.
“Pinocchio se kenmerkende gesig met die lang skerp neus is oral te sien en het die gesig geword van die Italiaanse leefstyl. Sy avonture is deel van elke aspek van die Italiaanse kultuur en taal en die res van die wêreld weet ook wie hy is,” verduidelik die regisseur. So, hoekom nog ’n weergawe van PINOCCHIO?
“PINOCCHIO is ’n droom wat ek al van my kinderdae af met my saamdra. Ek het nogsteeds op my lessenaar my eie persoonlike Pinocchio-storiebord wat ek geteken en ingekleur het toe ek klein was en ek is baie sentimenteel daaroor. Die liefde wat ek vir Pinocchio het, is nie liefde-met-eerste-oogopslag nie. Dit is net ’n karakter tot wie ek nog altyd aangetrokke gevoel het.”
PINOCCHIO bly naby aan die oorspronklike storielyn van ’n eensame timmerman wat ’n houtseuntjie maak. Wanneer hierdie seuntjie lewendig word en weghardloop, lei dit tot ’n reeks ongewone avonture.
Op hierdie avonture, ontmoet Pinocchio verskeie kleurvolle – en soms grusame – karakters. Hy word maklik mislei en val van een mislukte avontuur na die volgende.
Die Oscar-bekroonde akteur, Roberto Benigni is warm en melancholies in die rol van Geppetto, teenoor Federico Ielapi as Pinocchio. Marine Vacth speel Pinocchio se lojale vriendin, die feetjie, wat probeer om hom te oortuig dat sy droom om ’n regte seun te word nooit sal waar word as hy nie bereid is om te verander nie.
Alhoewel die rolprent al die bekende en verwagte elemente bevat, soos Pinocchio se neus wat groei en die kriek wat praat, word dit op ’n ongewone manier aangebied. Die film bevat pragtige beeldmateriaal en die onheilspellende atmosfeer word deurgangs gekomplementeer deur die werk van die kinematograaf, Nicolai Brüel en die komponis, Dario Marianelli, asook visuele effekte deur One of Us, en die werk van Oscar-bekroonde Mark Coulier, wat dit regkry om lewe te blaas in elke karakter.
PINOCCHIO is ’n aangrypende rolprent. Hierdie aksiebelaaide spanningsverhaal speel af in beeldskone plekke regoor Italië en bied ’n ryk fantasiewêreld wat ideaal is vir diegene wat iets anders wil hê as wat die gewilde Disney-weergawe bied. Dit het ’n ouderdomsbeperking van 10-12PG H V.
Die rolprent is ’n Made in Italy-projek en word ondersteun deur die Ministerie van Kulturele Erfenis en Aktiwiteite (MiBAC), in samewerking met Istituto Luce Cinecittà.
PINOCCHIO word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal vanaf 1 Januarie 2021 in plaaslike bioskope te sien wees.
Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=sdFq5pHCVDQ
PUBLISITEIT EN BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
STARBURST PROMOTIONS
JP Perie – ADMINISTRATION