Dinamiese Jaenette Jacobs, eerste Sterstatus wenner gee haar kroon oor vannaand.

Ek ontmoet Jaenette Jacobs by ‘n opname van die kosprogram Pappa Chef in Pretoria by die gewilde Monte de Dios.

Ek het gewonder wie die pragtige donkerkop is met die sprankelende voorkoms en lag in haar oë stem. Sy wil vir my bekend voorkom, maar ek kan nie dink waar ek haar al gesien het. Ons beland langs mekaar in die gehoor en begin tussendeur fluister-fluister gesels, Hi ek is Jaenette Jacobs ek stel my voor. Jaenette sê maar jy lyk vir my bekend, ons begin uitpluis en dan onthou ons , Augustus 2019 by die Gala-aand van SterStaus in Pretoria by die lieflike Atterbury Teater.

Hier dra Jaenette ‘n rok deur Johan Botha Fashion Design

Foto krediete Marlize Coetzee vir fotos in die artikel.

Sy is ‘n volwaardige wenner van die wonderlike kompetisie wat jong vroue bemagtig, en ek besef dat ek graag ‘n onderhoud met die dinamiese jong vrou moet doen sodat die mense wat haar nog nie ken ook meer van Jaenette Jacobs jong sakevrou en entrepreneur moet weet.

Hier is my onderhoud met Jaenette:

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Ek is Gebore in Kimberley, My pa was n konstruksie bestuurder, so ons het redelik rond getrek, maar meerderheid van my jare was ek maar in die Vrystaat, Welkom. Matrikuleer by Welkom-Gimnasium 

Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?

Ek het met my matriek jaar al begin werk by ‘n juwelierswinkel STERNS en naskool begin deeltyds BCom Rek studeer, 2006  het ek begin werk by n boekhouer firma in Pretoria.

Wat was jou droom beroep, het dit al waar geword?

Ek het ‘n groot Liefde vir die Kamera en vermaaklikheidslewe gehad al van jongs af, en moet sê, ek Lewe dit nou. Dis vir my vreeslik opwindend om aan te bied en deesdae selfs agter die skerms uit te help. Ek tree ook tans op as Agent vir verskeie kunstenaars, en dis net absoluut amazing hoe ek geseen word met hierdie Geleenthede.

Vertel bietjie hoe het dit gebeur dat jy laasjaar aan Sterstatus deel geneem het? 

Ek was deur n baie moeilike tyd in my Lewe, waar ‘n sprokies verlowing tot ‘n einde gekom het. Ek was platgeslaap deur die gebeure in my Lewe daai tyd, en ek het net gevoel ek kort ‘n nuwe uitdaging. ‘n Uitdaging wat my weer sal laat leef en gelukkig maak. Vele vrouens het begin boodskapppe stuur en gevra” Jaenette hoe bly jy so happy met ‘n smile op jou gesig” en dit het my geinspireer om ‘n stem te wees vir vrouens daar buite wat soms so minderwaardig voel en wat dalk deur dieselfde gebeure gegaan het, as wat ek was. Sterstatus het my daai stem gegee, om op te staan vir vrouens en hul te wys, jy is nooit te oud om oor te begin nie.

Hoe was jou ervaring met Sterstatus?

My ervaring met Ster-Status was harde werk, maar dit het my opnuut laat besef dat ՚n mens opofferings moet maak en moet teruggee aan die gemeenskap.“’n Droom is ’n prentjie van wat moontlik is. Jy moet ’n sterk hart en doelgerigte denke hê om dit om te skakel in ’n realiteit. Jy gaan val, opstaan, foute maak en daaruit leer. Wees mens, wees jouself,”

.“Ek is so dankbaar vir almal wat in my glo en wat hierdie pad saam met my gestap het. Dit is hartroerend hoeveel liefde en ondersteuning ek ontvang het.”

Al die Borge en Kennisse wat ek opgebou het, ek sien uit na nuwe avonture in my Lewensreis. 

Jy is as wenner van die vrouebemagtingsprojek gekroon in Augustus 2019, hoe het dit gevoel?

Dit is iets wat ek dink elke jong meisie van droom, daai titel waarvoor sy so hard gewerk het, van dag een af het ek regtig my hart en siel in dit ingesit. Dit was n reis wat ek altyd in my lewe sal koester. Ek moes baie opoffer, tyd, vriende, ek moes op en af jaag tussen funksies, ek moes my enigste 4-voetige kind bystaan terywl sy siek was en ek moes afskeid neem van haar deur my 1ste jaar voor die kroning….ek moes baie klippe kou, maar elke dag het ek opgestaan en myself herinner hoekom ek in die 1ste plek ingeskryf het ……..Alles wat ek ingedruk het, het op die Finale aand alles saamgekom,…en dit is regtig so…..”elke dag se voortbou, verander in more se oorvloed.” 

Jy is ook aangewys as SterBeïnvloeder van die reeks, vertel ons daarvan?

Sterstatus het ook n wonderlike span agter hul naam en wat natuurlik hierdie program moontlik maak, en dit is ons Fantastiese Borge.Hierdie is n werkende titel en As Sterstatus wenner moet jy n Handelsmerk dame kan wees ook, iemand wat uitstaan, iemand wat kan en wil groei, Iemand wat die borge waardeer en seker maak jy dra hulle handelmerk met trots. Ek kan nie genoeg dankbaar wees vir elke liewe borg wat my gedra het en so mooi na my gekyk het voor en na die kroning nie. Julle maak die platform suksesvol. Baie Dankie.

Jy tree ook as agent op vir veskeie kunstenaar, vertel bietjie?

Dit was nog altyd n groot passie wat ek nooit self regtig aandag kon aangee nie, en ek het hierdie jaar besluit, dis tyd……. JL ARTIST MANAGEMENT is gestig en ek is met trots ‘n paar bekende gesigte se Agent. Soos altyd geniet ek n uitdaging, en dis beslis n uitdagende bedryf, maar ek is dankbaar dat soveel kunstenaars in my Glo en hulle My kies om ‘n pad saam te stap. 

Wanneer is jy op jou gelukigste?

Ek is op My Gelukkigste in Die Bosveld, stilte, vuur en Goeie geselskap, sou dit nou wees my Familie, vriende of ‘n Geliefde.

Het Covid jou lewensuitkyk verander?

Dit was nou nie van die beste ervarings in my Lewe nie, maar ek moet sê, dit het tyd gegee om meer aan myself te werk, my boek te skryf en natuurlik te besef hoe kosbaar Familietyd is. Die Lewe is net ‘n gejaag, en met Covid19, was jy forseer om rustig te raak en asem te haal. Te waardeer wat mens soms soveel keer vanselfsprekend aanvaar.

Hoe het jy die grendeltyd ervaar en wat het jy gedoen?

Ek is tans besig om ‘n boek te skryf oor lewenslesse, liefde en Geloof, ek kon tyd vat, stil raak en skryf. Netflix was baie bedrywig. Vir my is dit moeilik om stil te sit en veral binne die erf te bly, ek moes soms net winkel toe gaan om mense te sien en bitjie te gesels…lol. Verder het ek n paar gewigte, so kon bitjie tydgee aan oefening en selfversoging.  Ek het wel ook my kamer oorgedoen en besluit om die muur ‘n ander kleur te maak, so produktiwiteit was op ons heel eerste lysie elke dag, maar so kon ons ook die grendeltyd vat om dinge rond en binne die huis uit te sorteer waaraan mens nie soms aandag gee nie.

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

JAENETTE JACOBS is ’n sielvolle 33 jare donkerkop wat al vele uitdagings oorkom het. Ek is n Boskind, en geniet vreeslik die natuur en diere, Mense is my sielskos en my Geloof speel n groot rol in elke dag se beluite en keuses. Ek wil aanhou vrouens inspireer om in hulself te glo en nooit ophou te droom nie.  

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek is ‘n besige mens, maar ek geniet stilte tyd ook, Ek kan ook huil, en soms kry ek soos al die ander mense, aande wat jy net wil huil en n kussing vashou…Ek is ook maar net mens, al lyk ek soos die persoon wat elke liewe dag lag en die lewe geniet. So kry ek ook my dae, wat ek net rustig sit en die stilte waardeer. 

Waarmee is jy op die oomblik besig?

Ek is tans besig om die Finale episodes te skiet vir die realiteitsreeks Sterstatus wat elke dinsdagaand op kanaal 147 om 18h00 uitsaai en dan is Ek is n Agent vir kunstenaars, so ons werk bitjie aan die Desember en nuwe jaar optredes

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ek sien vreeslik uit na volgende jaar, soveel geleenthede wat wag. Julie gaan kuier ek bitjie in New York. Ek wil gaan floreer en my vlerke sprei, aanhou doen wat ek doen en nog meer leer in die bedryf, my boek baie graag klaar skryf en hom uitbring.  En daar is n groot moontlikheid dat jul my gereeld op die kassie sal sien met n vars nuwe “show” waaraan ons werk. Dalk n bitjie “boer soek n vrou”, wie weet..hehe.

Wat inspireer jou?

Vrouens wat saamstaan, vrouens wat vir mekaar uitkyk. Die lewe van vandag is nie maklik nie, en ek koester iemand wat lewe vir elke dag, wat se Geloof sterk is en almal om haar of hom opbou. Ek se altyd, die lewe is wreed genoeg, moenie dat dit n lelike mens van jou maak nie. Wees die beste jy elke liewe dag.

Wat is jou Stokperdjies?

Ek is n natuur kind, as ek kan gaan jag of perdry is ek op my gelukkigste. Ek is nie sommer n mens wat kan stilsit en iets bou of verf nie, maar as ek buite kan wees en iets aanvang in die natuur, is my hart vol vreugde en Geluk.

Wat is jou gunsteling: 

Tipe Musiek  Ek is n Groot Country Liefhebber

Sanger : Sjoe dit is moeilik, maar vir nou….Brett Young & Dylan Scott

Gunsteling liedjie:   Riaan Benade Spontaan

Rolprent: War Room

Akteur: Channing Tatum

Reeks: Vampire Diaries

Kos en drankie: Braaivleis en Tequila

Ontspanning: Bosveld en Boma vuur

Klere: Gym klere of jean en Los Toppie

Kleur: Baba Blou

Boek: Tans besig met “Love without Limits”

Vakansie bestemming: Diep in die Bosveld of Mosselbaai

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Ongetrouheid

Rosyntjies

Vals vriende

As iemand hul koffie slurp

Starburst Promotions het na haar kroning as wenner van Sterstatus op 10 Augustus 2019 die uitgereik.

JAENETTE JACOBS is ’n sielvolle drie- dertigjarige donkerkop wat al vele uitdagings oorkom het. Sy bly tans in Pretoria en is ’n gesondheids- en veiligheidsverkoopsbestuurder , asook n Agent vir n paar sangers wat haar werk terdeë geniet. ’n Passie om werklik ’n verskil te maak, het haar op VIA en Apprentesses SA se lys van twaalf finaliste laat beland vir die splinternuwe realiteitsreeks, Ster-Status, waarna sy op 10 Augustus 2019 as die heel eerste wenner van hierdie vrouebemagtingsprojek gekroon is. Sy is ook aangewys as SterBeïnvloeder van die reeks.

Wanneer sy begin gesels oor hoekom sy vir hierdie kompetisie ingeskryf het, raak sy baie ernstig: “Met hierdie platform wil ek ander inspireer en die stem wees vir gebroke vroue wat nie vir hulleself kan praat nie. Ster-Status is vir my soveel meer as net ’n kompetisie – dis ’n roeping. ’n Geleentheid om te kan teruggee.”

Hierdie natuurliefhebber, is ook in ’n aspirant-skrywer wat graag haar gedagtes neerpen en mal is daaroor om in die bosveld te kuier. Sy is opreg lief vir mense en leef elke dag asof dit haar laaste is.

As sy enige ander beroep kon kies, sou sy beslis ’n televisieaanbieder wou wees. Daar is vir haar niks so lekker soos om iemand aan die ander kant te oortuig van wat sy ervaar nie. Sy sal egtermeer oor al die aspekte van die vermaakbedryf wil leer en kennisse opbou in die industrie.

Dienslewering, werkskepping en skoolopleiding is van die eerste kwessies wat sy sou kafdraf as sy president kon wees. Dis vir haar belangrik dat die slegte omstandighede in die land aangespreek moet word, sodat daar ’n geleentheid op ’n beter toekoms vir almal kan wees.

Vir haar is dit ’n riem onder die hart wanneer vroue haar kontak vir raad, of wanneer hulle haar net wil eer as iemand wat hulle inspireer. Sy voel dat as sy net ’n klein verskil kon maak deur één vrou aan te moedig om nooit op te hou droom nie, dit vir haar genoeg sou wees.

Oor uitdagings kan sy baie getuig. Haar pa is oorlede voor haar matriekjaar en dis vir haar ’n bitter pil om te sluk dat hy nie saam met haar in die paadjie sal kan afstap op haar troudag nie. Sy was ook al in die hartseer posisie waar ’n sprokiesverlowing in ’n gebroke hart opgeeïndig het.

Haar ervaring op Ster-Status was harde werk, maar dit het haar opnuut laat besef dat ՚n mens opofferings moet maak en moet teruggee aan die gemeenskap.“’n Droom is ’n prentjie van wat moontlik is. Jy moet ’n sterk hart en doelgerigte denke hê om dit om te skakel in ’n realiteit. Jy gaan val, opstaan, foute maak en daaruit leer. Wees mens, wees jouself,” sê dié Goue-wenner oor wat sy uit hierdie wonderlike ervaring geleer het.“Ek is so dankbaar vir almal wat in my glo en wat hierdie pad saam met my gestap het. Dit is hartroerend hoeveel liefde en ondersteuning ek ontvang het.”

Die lewe het vir JAENETTE gewys dat dit nooit te laat is om oor te begin nie en dat jy uit jou foute kan leer. Haar geloof speel ’n belangrike rol en sy gee God al die eer vir alles wat sy tot dusver bereik het.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook Blad: https://www.facebook.com/JacobsJaenette

Facebook: https://www.facebook.com/jaenette.jacobs.7

Instagram: @jaenettejacobs

SOSIALEMEDIASKAKELS VIR DIE PROGRAM

Facebook: https://www.facebook.com/Apprentesses/

Instagram: @apprentessessa

Webblad: www.apprentesses.co.za

Hutsmerke: #sterstatus #viatv #apprentessessa

Jaenette Jacobs

061 253 8705

Related posts