SMOKIE-TOER UITGESTEL TOT MAART 2021.

As gevolg van die regering se beperkings op openbare byeenkomste, teaters, arenas en internasionale lugreise vir die afsienbare toekoms, het Lefra besluit om die Smokie-konserte wat in Desember in Carnival City aan die Oos-Rand, GrandWest in Kaapstad, en Time Square in Pretoria gehou sou word, uit te stel na Maart 2021.  Alle kaartjies wat vir die 2020 konserte gekoop is, is geldig vir die nuwe 2021-datums.

Vir die gemak van persone wat reeds kaartjies gekoop het, word SMOKIE-kaartjies outomaties deur Computicket soos volg na die nuwe datums oorgedra:

STADVENUEOU DATUMNUWE DATUM
KaapstadGrand Arena, GrandWest11 Desember 202026 Maart 2021
JohannesburgBig Top Arena, Carnival City12 Desember 202027 Maart 2021
PretoriaSun Arena, Time Square13 Desember 202028 Maart 2021

Kaartjiehouers hoef dus nie hulle kaartjies weer te bespreek nie.  Daar is ook besluit dat kaartjiehouers hul kaartjies na enige van die ander venu’s/datums mag oorplaas.  Om kaartjies na ‘n ander datum/venu oor te plaas, skakel vir Computicket by 0861 915 8000.

Alle kaartjiehouers sal per e-pos en SMS gekontak word, met verdere reëlings.  Kaartjiehouers word versoek om www.smokie.co.za te besoek vir enige inligting.

MEER INLIGTING

CHARL SENEKAL | TEL: (011) 815- 3000 | SEL: 061 616-6138 | E-POS: admin@lefra.com

Posbus/P.O.Box 10552, Strubenvale, 1570

17 Singelhurstweg/Road, Casseldale, Springs, 1559

Tel: +27 11 815 3000 | Faks/Fax: +27 11 362-5233

 E-pos/E-Mail: info@lefra.co.za | Web: www.lefra.co.za

Lefra Produksies (Pty) Ltd. | 2020 / 812323 / 07

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →