Wie is MARCEL DALMAYDA?

Marcel Dalmayda sing al vanaf 5-jarige ouderdom. Dit was wat hy van kindsbeen af wou doen en volg dit nou voltyds as loopbaan. Op skool het hy altyd in skool revues gesing, aan kunswedstryde en eisteddfods en aan ‘n paar ATKV kompetisies deelgeneem.

Gedurende sy eerste jaar op universiteit was Marcel ‘n gaskunstenaar op Noot vir Noot en daarna het hy ongeveer ses keer verskyn op Musiek Rolette as een van die kunstenaars. Hy het deelgeneem aan The Voice SA se eerste seisoen waar hy in die Top 30 was (hy was deel van Karen se span). Dit is ‘n ervaring waar hy baie ondervinding opgedoen en kontakte opgebou het.

Marcel is gebasseer in Pretoria en sy eerste enkelsnit is ‘n Engelse liedjie getiteld, Forever Mine en is vrygestel deur Precision Music. Dit weerklink reeds op verskeie radiostasies. Bly Bietjie Langer is sy eerste Afrikaanse enkelsnit en geskryf deur Louwrens Bezuidenhout en Deon Groot. Die tweede enkelsnit wat oor deur Vonk vrygestel sal word, is getiteld Dis Hoe Sy Dans en geskryf deur Marcel self. ‘n Album is in beplanning vir volgende jaar. Hy doen voltyds optredes, is ‘n ywerige kitaarspeler en skryf sy eie musiek.

Olka Bolka E-Tydskrif het in ‘n onderhoud meer oor Marcel uitgevind.

Waar is jy gebore en het jy grootgeword? Gebore en groot geword in Pretoria, die Moot area.
Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?
Ja ek het naskool gestudeer. Ek het by die Universiteit van Pretoria (Tuks) ‘n BA Regte graag voltooi en graad gevang in 2016.


Vertel my van jou nuutse enkelsnit?
Dis my eerste Afrikaanse enkelsnit met die titel, Bly Bietjie Langer. Dit is geskryf deur Louwrens Bezuidenhout en Deon Groot.
Skryf jy self jou liedjies?
Ek skryf self ook ja. Ek skryf ook saam ander mense.

Het jy enige stokperdjies?
Nie regtig nie. Musiek is my lewe. Ek hou ook van travel en lees.


Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek is iemand wat reguit is en ‘n spade ‘n spade noem. Ek’s ‘n realis en glo dat mens werk vir wat jy wil hê. Enigiets is moontlik, jy moet net ‘n manier kry om dit te verwesenlik. Ek het baie dryf en gee nooit op nie. Ook – Moet nooit ophou droom nie!

Som jou musiekstyl in een sin op?
My musiek is old school rock n roll in Afrikaans.

Watter invloed wil jy hê moet jou musiek op mense het?
Ek wil hê my musiek moet mense positief beïnvloed. Dit moet mense laat voel asof enigiets kan gebeur en asof hulle kan vlieg. Dit moet jou laat voel asof jy vir altyd sal wil lewe. By ‘n live show moet hulle vir 2 ure of 3 ure kan vergeet van enigiets wat hulle pla en net kan hulleself uitleef in die oomblik.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Iets wat niemand weet nie – Eks eintlik n spy.

Waarmee is jy op die oomblik besig?
Ek is tans besig om soveel as moontlik gigs te doen en ook te werk aan nuwe songs. Ek is ook besig om te probeer om in die beste shape van my lewe te kom.

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Volgende is om soveel as moontlik goeie musiek te skryf sodat ek meer bekend kan word en groter en groter shows kan begin speel. Ek wil vir altyd musiek doen en dis hoe ek my toekoms sien. Ek wil dit net al hoe groter en groter begin doen.

Wat inspireer jou?
Oomblikke sou ek sê inspireer my die meeste en ook ander musiek.

As jy saam met enige iemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom? Steven Tyler en Aerosmith. Ek dink hys maklik een van die beste vocalists en ek vind hom nog altyd interessant in hoe hy is en hoe hy dinge doen. Ander baie sterk opsies is Keith Urban of Slash van Guns N Roses.

Die afgelope maande was baie moeilik vir almal in die vermaaklikheidsbedryf met Covi19. Hoe het jy dit ervaar? My lewe het deur massiewe veranderinge gegaan agv Covid 19. Ek begin darem nou weer opbou, maar met n nuwe mindset en nuwe dryf.

Met Covid19 het daar heeltemal ‘n verandering in ons almal se lewens gekom en ons moet nou buite die boks dink om veral in die vermaaklikheidsbedryf te kan oorleef, wat gaan jy anders doen om seker te maak dat jy as sanger nog steeds ‘n inkomste uit jou musiek kan maak?
Tans doen ek darem ok met die gigs wat ek doen, maar ek sal graag in besigheid in wil gaan sodat iets soos Covid nie weer kan doen wat dit het nie.

Wat is jou gunsteling:
Musiek – Old School Rock n Roll.

Sanger – Freddie Mercury

Sangeres – Lady Ga Ga

Band – Queen

Gunsteling liedjie – Daar’s te veel om een te kies.

Rolprent – Daar’s te veel vir my om een te kan kies.

Akteur – Johnny Depp. Ek moet hier vir Matthew McConaughey asook Leonardo DiCaprio noem. Dis n moeilike keuse.


Aktrise – Meryl Streep/Nicole Kidman/Charlize Theron. Dis ook n moeilike keuse.

Reeks – Californication.

Kos en Drankie – Steak. Jack Daniel’s.

Ontspanning – Travelling.

Boek – The Secret.

Vakansie Bestemming – Haha. Aarde. Alles wat die wêreld on offer het.

Waarvan hou ek niks –
Skynheiligheid
Armoede
Mishandeling in enige vorm
Uitbuiting in enige vorm.

  Media Navrae: Francois Roux francois@vonkmusiek.co.za 061 312 2160 011 823 1771   Media navrae !
    Bespekings Zinta Kymdell Zink Events 072 434 9454 info@zinta.co.za  

Related posts