Jennifer Zamudio vier 20 jaar in die musiekbedryf.

Hierdie is ‘n terugblik van 20 jaar op die musiekloopbaan van ‘n kunstenaar, Jennifer Zamudio, wat met haar borrellende geaardheid en passie vir haar werk, nog diep spore in die Suid Afrikaanse musiekbedryf gaan trap.

Met twee suksevolle duet vrystellings in 2020 – saam met Henri Alant en Riaan Grobler, staan Jennifer Zamudio slaggereed met ‘n splinternuwe solo enkelsnit.

Die liedjieskrywer Tertius BC Pretorius wat verantwoordelik was vir haar Nommer 1 treffer, Altyd Myne wat ingesluit is op Jennifer se album “Goud is my woorde” het weereens dit reggekry om met ‘n allemintige skepping, DALK vorendag te kom.

Nadat Jennifer op 18 April vir 12 ure aaneen om haar huis gestap het, ter ondersteuning aan alle mediesie en ander personeel in die voorste linies van die pandemie, is sy beloon met ‘n gratis opname van haar nuwe enkelsnit. Die vervaardiger Christie Schutte (Startrax Studios) het weereens nie teleurgestel nie en het ‘n puik produksie gelewer en met Jennifer se unieke stem, het hierdie lied behoorlik tot sy volle reg gekom.

Jennifer het in Oktober 2019 ‘n Musiekvideo gewen met komplimente van Dappermedia. Die kompetisieprys verseker sodoende dat daar binnekort ‘n musiekvideo van DALK beskikbaar gaan wees.

Die regte woorde ontbreek om die liedjie DALK ten volle te beskryf. Maar die liedjie raak diep aan jou binneste. Dit roer jou met swaar emosie en terselfdetyd ‘n tikkie opgewondenheid. Hierdie lied dra ‘n belofte van sukses met hom saam en gaan ongetwyfeld ‘n duidelike merk laat.

DALK is beskikbaar op alle digitale platforms vanaf 30 OKTOBER 2020.

Jennifer het op 11 Desember 2020, die amptelike musiekvideo van Dalk vrygestel wat deur DapperMedia vervaardig is.

Olka Bolka E-Tydskrif het ook ‘n onderhoud met Jennifer gedoen.

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

 Gebore in Gansbaai & grootgeword in Laaiplek aan die Weskus.

Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?

 Nee

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

 “DALK” is uitgereik op 30 Oktober 2020 = Verwys asb na die aangehegde persverklaring vir  “DALK”.

Skryf jy self jou liedjies?

Ek skryf baie van my eie liedjies maar vra tog ander skrywers om van tyd tot tyd te help skryf. Sodoende sorg ‘n mens altyd vir ‘n lekker vars element op ‘n album.

Wanneer is jy op jou gelukigste?

 Op die verhoog (…dis my speelplek!)

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek is lief vir die lewe, probeer altyd positief bly en poog om te help waar ek kan.

Waarna luister jy en hoekom?

 Ek geniet Tradisionele Country deesdae baie….dit is so eerlik, vertel altyd ‘n storie en die emosie lading in elke lied is ongelooflik.

Som jou musiekstyl in een sin op?

 Ek doen die ZAMJAM – dis my ding! (Die storie agter “ZAMJAM” : Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n kompetisie op my Facebook Blad geloots en die vraag was : “Met SLEGS een word –  wat sal jy dit wat ek doen noem? Die persoon wat gewen het, het gesê “ZAMJAM” Van daai tyd af doen ek die ZAMJAM en niemand anders kan dit doen nie – dis my ding!)

Watter invloed wil jy hê moet jou musiek op mense het?

 Dit moet hulle raak & indien dit ‘n mate van hoop kan bring sal dit ‘n bonus wees.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

 Ek is maar ‘n “jy kry wat jy sien” mens!

Waarmee is jy op die oomblik besig?

Ek is op die oomblik besig met die Bemarking van my nuwe enkelsnit DALK. As gevolg van Covid en die grendeltydperk, doen ek ook elke Donderdagaand om 20:00 ‘n aanlyn konsert, “live” vanaf my Amptelike FB blad.

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Die musiekvideo van DALK word 11 Desember vrygestel. Ek hoop om my toere deur SA weer vinnig in lyn te kry na al die kansellasies agv COVID19. En ek het die geleentheid die jaar misgeloop om my 20 jaar in die musiekbedryf  behoorlik te vier, ek sal graag aandag daaraan wil gee.

Wat inspireer jou?

Positiewe en passievolle mense!

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Michael Bublé, ek admireer nog al die jare sy musiekstyl en sal dit op ‘n stadium wil probeer….so watter beter manier as saam ‘n meester.

Hoe het die Covid19 virus jou planne en besprekings en lewe beinvloed?

Dit was inderdaad ‘n groot skok vir my, en alle kunstenaars toe die grendeltydperk begin het, en alle optredes was oornag gekanselleer. Almal van ons was in ‘n oogwink van ‘n inkomste ontneem. Vir ‘n paar ure het dit gevoel, wat op aarde gaan ek nou doen? Maar ek het vining besef ek kan nie nou op my louere rus nie, en moet dringend ‘n plan maak.

Wat het jy tydens die inperking gedoen?

Die grendeltyd het vir my persoonlik die geleentheid gegee om te vernuwe en ‘n nuwe era van Musiek in te stap – die digitale era. Ek het begin om elke Donderdagaand om 20:00 ‘n “lewendige” aanlyn konsert te hou vanaf my amptelike Facebook blad. Die mense was en is nogsteeds gaande daaroor en ek word baie goed ondersteun. Ek wou vir mense ook bietjie iets positiefs gee om na te kyk en te luister, en om net vir ‘n wyle te vergeet van die aaklike situasie waarin ons onsself bevind. Ek sal nie sommer gou ophou daarmee nie. Ek het ook sommer “DIY” musiekvideos gemaak met my iPhone van my gewildste liedjies. Dit was net so goed ontvang. Ek was en is amper besiger as voor die hele Covid19 ding.

Jy is ‘n baie positiewe mens en kan uit die boks dink, wat het die ongewone situasie waarin die hele wereld gedompel was jou geleer?

Mens kan nie in sak en as gaan sit nie. Daar is altyd ‘n plan om te maak. Jy moet dit net doen en probeer positief bly, hoe moeilik dit ookal is.

Jennifer aanlyn konserte was ook aan die orde van die dag, hoe het jy dit ervaar?

Dit was vir my eers baie vreemd om aanlyn konserte te hou. Ek hou van die verhoog en om met die mense te “werk” en hulle reaksie te sien. Ek moet erken, dit was nogal ‘n redelike aanpassing. Maar ek het vining gewoond geraak daaraan, en nou geniet ek my gate uit om elke Donderdagaand aanlyn konsert te hou.

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek : Country

Sanger : Michael Bublé

Sangeres : Kelly Clarkson

Band :Lady Antebellum

Gunsteling liedjie: Secondhand Heart

Rolprent  Serendipity

Akteur:  George Clooney

Aktrise: Cameron Diaz

TV reeks en karakter: The Big Bang Theory / Sheldon

Reeks: Survivor

Kos en drankie : Seekos & Rooiwyn

Ontspanning: Kwaliteit tyd saam met die wat vir my lief en dierbaar is.

Boek: Own it (Oprah Winfrey)

Vakansie bestemming: Mauritius

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge

. 1) Ondankbaarheid

2) Negatiwiteit

3) Oneerlikheid

4) Laatkommery

Jennifer Zamudio het in die jaar 2000 haar debuut in die Afrikaanse musiekbedryf gemaak as “Die singende pers sensasie”. Sy is so deur die media gedoop oor haar pers haar kleur en pers uitrustings. Ja, sy het beslis toe reeds haar merk gemaak. Met haar lae alt stemregister en natuurlike Weskus humor het sy vinnig harte gesteel en sy doen dit steeds. Na reeds 20 jaar in die Afrikaanse Musiekbedryf geniet Jennifer Zamudio nogsteeds ‘n suksesvolle loopbaan, waarop sy baie trots is. Sy is sinoniem met styl, harde werk, sukses en energie.

Op die verhoog is Jennifer ‘n onbeskryflike bondel energie en met haar natuurlike aanvoeling vir vermaak kry sy vinnig ‘n gehoor in die palm van haar hand. Haar spontane “weskus-humor” en gemak laat menige konsertganger skater van plesier terwyl hulle maar net nie kan stil sit in een van haar vertonings nie. Jennifer het haarself goed in die musiekbedryf gevestig as sanger, liedjieskrywer en Compére (MC), en net soos wat sy daarvan hou om musiek met lekker woema te sing, is sy self gaande oor haar ernstige emosionele ballades, wat altyd haar kenmerkende alt stem tot sy volle reg laat kom. Jennifer is “verlief op die lewe” en dit word beklemtoon in alles wat sy doen en aanpak. Haar energie is verseker aanvoelbaar en aansteeklik.

Alhoewel heelwat mense al gedink het haar vreemde Spaanse van (foneties: ZA-MOE-DIE-HOU), is ‘n verhoognaam, is dit haar eie en sy is trots op haar Afrikaanse herkoms, al het dit nou iewers ‘n tikkie Spaanse bloed in. Jennifer het in die Kaapse Weskus grootgeword maar woon reeds 30 jaar in Pretoria. Sy het alreeds twaalf vollengte solo albums op haar kerfstok, en is bekend vir haar treffers, Hart se loper, Hoor Hoor, Walvisbaai, Die lewe is ‘n liedjie, Ek sal berge klim vir jou, Hart en Siel, Sê dit harder, Ongelooflik en Altyd myne.

 Loopbaan hoogtepunte, die lys is so indrukwekkend hier is net ‘n paar om uit te sonder.

 Nadat sy by die KKNK in 2000 deur die alombekende Musiekpromoter, Lydia Winchester, ontdek is, reik sy onder die vaandel van Ster Musiek, haar debuut album, Leef, uit. Daarna volg die cd’s Jy is die een asook Ek het jou gevind, albei ook onder Ster Musiek.

 Jennifer het haarself toe reeds stewig gevestig in die musiekbedryf en nog nege suksesvolle albums volg: Hoor Hoor, Hart se loper, Die lewe is ‘n liedjie, Hiers my hart, ‘n Dekade van Musiek. Vir haar cd Hart en Siel (2013) het sy die meester sanger-liedjieskrywer, Rudi Claase genader om vir haar ‘n lied te skryf. Hart en Siel was op menige trefferparades op die no.1 posisie en het ook vir 22 weke aaneenlopend by een spesifieke stasie geboer op die no.1 plek. Die lied was ook op vier verskillende stasies gelyktig op die no.1 posisie.

 Vroeg in 2015 het sy hande gevat met Jewel Entertainment in samewerking met Universal Musiek (SA) en het haar 10de album, 15 Jaar Spesiale Uitgawe, uitgereik. Rudi Claase het weereens ‘n treffer geskryf vir die cd, Sê dit harder, en neem ook ‘n duet met Jennifer op van die lied “Hart en Siel”. Die enkelsnit Sê dit harder het ook by verskeie gemeenskapsradiostasies die no.1 posisie behaal.

 In 2016 pak Jennifer ‘n spesiale projek aan saam met Allen McKendree van PGI Global Inc in Nashville VSA en reik sy weer as onafhanklike kunstenaar, haar 11de CD, Ongelooflik uit wat reeds voor vrystelling deur radiostasies bestempel was as “verseker iets om na uit te sien”. Die cd het die musiekbedryf laat regop sit en het die resensente gaande gehad. Huisgenoot bekroon die cd met ‘n vier ster resensie, wat selde toegeken word, en mens het toe geweet hierdie cd is ‘n wenner. Jennifer kry ook met hierdie projek haar eerste registrasie as liedjieskrywer by ASCAP – die VSA se weergawe van ons SAMRO.

 In April 2017 word Jennifer se harde werk beloon en word sy vereer met twee gesogde Ghoema Musiektoekennings in die kategorieë “Beste Country Album” vir haar album Ongelooflik en “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar” wat toegeken is na aanleiding van die publiek se stemme wat ontvang is.

2017 was vir Jennifer ‘n belonende jaar en sy ontvang ook verskeie ander toekennings

 vir haar cd Ongelooflik, onder andere vanaf 90.6FM en Overvaal Stereo (Vroulike Kunstenaar van die Jaar).

 Vroeg in 2018 skop Jennifer af en toer deur Suid-Afrika met haar vertoning #HARTverwant, wat menige konsertganger laat met ‘n lied in die hart. Die vertoning se uniekheid lê vasgevang in ‘n opgewekte program wat slegs liedjies bevat met die woord hart in, en dit alles uit Jennifer se eie repertoire.

 In Junie 2018 reik sy haar 12de album Goud is my woorde uit. Hierdie album sluit liedjies in uit haar eie pen sowel as die van Rudi Claase, Stefan Visagie, Tertius Pretorius, Marno van der Merwe en Juandré Marais. Bo en behalwe die twaalf oorspronklike snitte op die album, waag sy haar stem aan Anneli van Rooyen se “Ek glo” en Niel Diamond se “I am I said” wat enorme positiewe reaksie uitlok by die publiek en media. Die album roer vanaf uitreiking verskeie trefferparades met die eerste enkelsnit vrystelling “Altyd myne”. In Augustus word die musiekvideo van “Altyd myne” bekendgestel en die publiek hoor haar gereeld op radiostasies regoor Suid Afrika.

 In Februarie 2019 word Jennifer benoem vir ‘n Ghoema Musiektoekenning vir haar album Goud is my woorde in die kategorie “Beste Kontemporêre Album deur ‘n Vroulike Kunstenaar” asook vir “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar”. Sy stap in April 2019 weer weg met die Ghoema Musiektoekenning vir “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar”. In 2019 toer sy deur Suid Afrika & Namibia met haar vertonings MEERASLIEFDE en IN KONSERT, wat sorg vir uitverkoopte venues.

 In Februarie 2020 vat Jennifer die pad met haar TOP20TOER vertoning ter viering van haar 20 Jaar in die Afrikaanse Musiekbedryf.

 Einde Maart 2020 word die enkelsnit, “Daar’s ‘n rede”, ‘n duet met Jennifer Zamudio en Henri Alant vrygestel. Die Rudi Claase skepping bevestig weereens hoekom Rudi beskou word as een van die vooraanstaande liedjieskrywers in die Afrikaanse Musiekbedryf. Zamudio en Alant se stemme, saam, bring hierdie lied tot volle reg en die aanduidings is reeds daar dat dit ‘n weghol treffer gaan wees vir dié twee.

LIEFDADIGHEID 2018 / 2019 / 2020

Jennifer word aangewys as Ambassadeur vir Tekkie Tax. – www.tekkietax.co.za

In 2019 stel sy die fondsinsamelingsprojek, die JAMBLIK PROJEK bekend en beoog om saam met Tekkie Tax teen November 2020 R1 miljoen in te samel vir Tekkie Tax. DSTV & ander rolspelers raak ook spoedig hierby betrokke. Hierdie projek is die enigste en die grootste van sy soort asook ‘n eerste vir ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar!

Jennifer Zamudio het haarself al goed in die vermaaklikheidsbedryf gevestig as Sangeres, Liedjieskrywer, Compére (MC) en Televisie-Veldaanbieder, en sy word beskou as een van ons land se voorste Afrikaanse vermaaklikheidssterre.

Jennifer het alreeds TWAALF solo albums agter haar naam, LEEF, JY IS DIE EEN, EK HET JOU GEVIND, HART SE LOPER, HOOR HOOR, HIER’S MY HART, ‘N DEKADE VAN MUSIEK (‘n dubbel CD ter viering van haar 10 jaar in die Afrikaanse Musiekbedryf), DIE LEWE IS ‘N LIEDJIE, HART EN SIEL, 15 JAAR SPESIALE UITGAWE (ter viering van haar 15 jaar in die Afrikaanse Musiekbedryf), ONGELOOFLIK en haar 2018 vrystelling GOUD IS MY WOORDE.

Van haar CD’s het ook aan haar verskeie Nominasies en Toekennings in die musiekbedryf besorg. Sy is ook al ingesluit op 16 verskillende kompilasie albums. Vele van Jennifer se liedjies het al verskeie Nommer 1 en ander top posisies bekleë op plaaslike radio stasies se Treffer Parades.

Haar treffer lied, “Hart en Siel”, wat spesiaal vir haar geskryf is deur die bekroonde en welbekende liedjieskrywer, Rudi Claase was 22 weke op die No.1 posisie op Bosveld Stereo se Top 20. Dit het ook gelei tot die enkelsnit “Sê dit harder” in 2015 wat ook deur Claase geskryf is. Die lied het ook die verskeie No.1 posisies behaal kort na uitreiking. Hierdie is beslis van Jennifer se loopbaan bestes.

In 2016 pak Jennifer ‘n spesiale projek aan saam met Allen McKendree van PGI Global in Nashville VSA en reik sy weer as onafhanklike kunstenaar, haar 11de CD, Ongelooflik uit wat reeds voor vrystelling deur radiostasies bestempel was as “verseker iets om na uit te sien”. Die cd het die musiekbedryf laat regop sit en het die resensente gaande gehad. Huisgenoot bekroon die cd met ‘n vier ster resensie, wat selde toegeken word, en mens het toe geweet hierdie cd is ‘n wenner. Jennifer kry ook met hierdie projek haar eerste registrasie as liedjieskrywer by ASCAP – die VSA se weergawe van ons SAMRO.

In April 2017 stap Jennifer weg met twee gesogde Ghoema Musiektoekennings in die kategorieë “Beste Country Album” vir haar album “Ongelooflik” en “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar” wat toegeken is na aanleiding van die publiek se stemme wat ontvang is.

Gedurende Junie 2018 reik sy “Goud is my woorde” uit, wat net weereens dui op Jennifer se veelsydigheid as kunstenaar. Sy span kragte saam met van ons land se geliefste liedjieskrywers soos Rudi Claase, Stefan Visagie, Tertius Pretorius, Marno van der Merwe en Juandré Marais eb bring aan die luisteraar ‘n vars kwaliteit produk. Bo en behalwe die twaalf oorspronklike snitte op die album, waag sy haar stem aan Anneli van Rooyen se “Ek glo” en Niel Diamond se “I am I said” wat enorme positiewe reaksie uitlok by die publiek.

In Februarie 2019 word Jennifer benoem vir ‘n Ghoema Musiektoekenning vir haar album Goud is my woorde in die kategorie “Beste Kontemporêre Album deur ‘n Vroulike Kunstenaar” asook vir “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar”. Sy stap in April 2019 weer weg met die Ghoema Musiektoekenning vir “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar”. In 2019 toer sy deur Suid Afrika & Namibia met haar vertonings MEERASLIEFDE en IN KONSERT, wat sorg vir uitverkoopte venues.

In Februarie 2020 vat Jennifer die pad met haar TOP20TOER vertoning ter viering van haar 20 Jaar in die Afrikaanse Musiekbedryf.

Einde Maart 2020 word die enkelsnit, “Daar’s ‘n rede”, ‘n duet met Jennifer Zamudio en Henri Alant vrygestel. Die Rudi Claase skepping bevestig weereens hoekom Rudi beskou word as een van die vooraanstaande liedjieskrywers in die Afrikaanse Musiekbedryf. Zamudio en Alant se stemme, saam, bring hierdie lied tot volle reg en die aanduidings is reeds daar dat dit ‘n weghol treffer gaan wees vir dié twee.

MEDIA DEKKING:

RADIO SPEELLYSTE (wat Jennifer se liedjies gelaai het, om sommiges uit te sonder)

Radio Sonder Grense (RSG), Jacaranda FM, Oos Rand Stereo, Overvaal Stereo, Lichvaal Stereo,

Radio Rosestad, IFM, OFM, Radio Weskus, VCR 90.6 FM, Radio Kragbron, Radio Helderberg, Radio Laeveld,

Radio Namakwaland, Gold FM, Bosveld Stereo, Pretoria FM, Groot FM, Bay FM, Kosmos Stereo, Suid-Kaap Stereo, Waterberg

Stereo, Luister FM, Lekker FM, Caledon FM, Radio Riverside, Bok Radio, Kanaal 7 (Namibië), Radio Kudu (Namibië), NBC

Afrikaanse Diens (Namibië), Kosmos FM (Namibië), Mix FM (Namibië), Die Strandloper / The Pulse (Australië), Musiek sonder

Grense (Australië) en vele meer.

TYDSKRIFTE & KOERANTE (wat al artikels oor Jennifer geplaas het)

Huisgenoot, Vrouekeur (asook Vrouekeur se Voorblad in Aug 2006), Sarie, Rooi Rose, Finesse, Rapport Tydskrif, Taalgenoot, VONK en MENSE. Beeld, Die Burger, Die Volksblad, Rapport, Sondag & verskeie plaaslike en distriks koerante. Die Namibiese pers volg ook altyd haar loopbaan getrou en koerante soos Die Republikein, Namibian, Namib Times en New Era, het al almal artikels oor haar geplaas.

TELEVISIE (programme wat Jennifer al as gas op verskyn het)

DSTV : KYKNET – Kwêla, Fiesta, DKNT, Casper Rasper Show 2, Dis hoe dit is met Steve 2, Skaterlag met André (die Skreeusnaakse Hipnotiseer), Glitterati, Jukebox, JAM en Bravo!.

Gasaanbieder vir KYKNET Fiesta in April & November 2007, Augustus 2008 en Augustus 2011 asook Augustus 2012. Sy was ook al ‘n gas op die Namibiese TV Kanaal, One Africa.

DSTV : KYKNET & KIE – Kollig

ASTV (Onafhanklike Digitale Afrikaanse stasie) – Kos is op die tafel en Kos vir die Siel

SABC2 – Stouteboude, Belboks, TUBE (World of Winners), NOOT VIR NOOT 2006, Reeks 27, en PASELLA November 2011.

SABC3 Expresso Show, November 2015

MUSIEK VIDEOS

2002 – Jy is die een, die titelsnit van die CD ‘Jy is die een’.

2002 – Hey Bokka, ‘n snit vanaf die CD ‘Jy is die een’.

2005 – Hart se loper, die titelsnit van die CD ‘Hart se loper’.

2008 – Hier’s my hart, die titelsnit van die CD ‘Hier’s my hart’.

2012 Ek sal berge klim vir jou, ‘n snit vanaf die CD ‘Die lewe is ‘n liedjie’.

2013 Hart en Siel, die titelsnit van die CD ‘Hart en Siel’.

2015 – Sê dit harder, ‘n snit vanaf die CD ‘15 Jaar Spesiale Uitgawe’.

2016 – Ongelooflik, die titelsnit van die CD ‘Ongelooflik’.

2018 – Altyd myne, ‘n snit vanaf die CD ‘Goud is my woorde’.

TOEKENNINGS & NOMINASIES

Oorkonde – ATKV Centurion: 22 Mei 2004 ontvang tydens ‘n vertoning in die Centurion Teater “vir die bevordering van die Afrikaanse Taal deur haar sang”.

Nominasie – Huisgenoot Tempo Musiektoekennings 2006 : Genomineer in TWEE kategorieë – Gunsteling Pop Album vir Hoor Hoor (Jennifer was die enigste “onafhanklike” kunstenaar wat die Top 10 gehaal het) en Stylvolste Vroulike Kunstenaar – in laasgenoemde kategorie dring sy deur na die Top 3.

Nominasie – VONK Musiektoekennings 2005/2006 : Genomineer in DRIE kategorieë vir die cd HART SE LOPER Album van die Jaar, Beste Vroulike Album van die Jaar en Beste Vroulike Solo Kunstenaar van die Jaar.

Nominasie – Afrikaanse Musiektoekennings (AMT’s) 2007 : Genomineer in EEN kategorieë vir Beste Afrikaanse Vertaling van ‘n Oorsese Melodie met “Droom jou mooi drome” van die cd HOOR HOOR.

Oorkonde – ATKV Centurion: 11 Augustus 2008 ontvang tydens die bekendstelling van haar nuutste cd, Hier’s my hart, weereens vir die ‘bevordering van die Afrikaanse Taal deur haar sang”.

Nominasie – EURO STAR AWARDS 2009 : Genomineer in EEN kategorieë vir “Female singers – Afrikaans cover of an actual Eurovision entry” met die lied “Ek wag op jou” van die cd “Hier’s my hart”. Die lied was Noorweë se inskrywing vir die EUROVISION 2008 (Hold on be strong).

Nominasie – Rapport VONK Afrikaanse Musiektoekennings 2009 : Genomineer in EEN kategorieë vir “Beste Vroulike Solo Kunstenaar van die Jaar” met die cd HIER’S MY HART.

Nominasie – Die KYKNET Fiestas 2012/13 : Genomineer as “Beste Fiesta Aanbieder”.

Oorkonde – ATKV Centurion: 10 April 2013 ontvang tydens die bekendstelling van haar negende cd, Hart en Siel.

Nominasie – Ghoema Musiektoekennings 2014 : Genomineer vir “Beste Kontemporêre Album deur ‘n Vroulike Kunstenaar” vir die album “Hart en Siel”.

Nominasie – Ghoema Musiektoekennings 2016 : Genomineer vir “Beste Kontemporêre Album deur ‘n Vroulike Kunstenaar” vir die album “15 Jaar Spesiale Uitgawe”.

Toekenning – Overvaal Stereo 2016 : Aangewys as “Vroulike Kunstenaar vir die Jaar” vir die album “Ongelooflik”.

Toekenning – VCR 90.6 FM 2016 : Ontvang ‘n toekenning vir die No.1 posisie op hul SA Top 20 vir die liedjie “Ongelooflik”.

Toekenning – Ghoema Musiektoekennings 2017 : Wenner vir “Beste Country Album” vir die album “Ongelooflik”.

Toekenning – Ghoema Musiektoekennings 2017 : Wenner vir “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar”.

Toekenning – Ghoema Musiektoekennings 2019 : Wenner vir “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar”.

INTERNASIONALE ERKENNING : 2006

Jennifer verteenwoordig Suid-Afrika by die “World Song Festival 2006” met haar eie komposisie “Hou my net ‘n bietjie vas” vanaf haar nuustste CD “Hoor Hoor”. Sy behaal die 55ste plek uit 100 deelnemende lande en dit besorg aan haar Internasionale erkenning. Hierdie kompetisie is slegs geskoei op komposisies en word beoordeel deur ‘n paneel van 50 beoordeelaars van regoor die wêreld.

INTERNASIONALE ERKENNING : 2008

Sy word ook gevra deur Noorweë se President van Eurovision om hulle wenlied en inskrywing vir Eurovision 2008 in Afrikaans te vertaal. Die lied is amptelik aan Noorweë en die oorspronklike sanger oorhandig tydens Eurovision 2008. Noorweë, wat een van die gunstelinge was, het sukses behaal deur 5de te eindig uit 24 Europese lande. Dit is ‘n groot eer en ‘n eerste vir ‘n SA kunstenaar. Jennifer se Afrikaanse weergawe van die lied, Ek wag op jou, is ook op haar nuwe CD, Hier’s my hart , ingesluit.

INTERNASIONALE ERKENNING : 2011

Die liedjie “Ek sal berge klim vir jou” vanaf haar nuutse cd “Die lewe is ‘n liedjie” word ingeskryf as Suid Afrika se verteenwoordiger by die “Global Song Contest 2011”. Die kompetisie word deur Eurovision aangebied. Daar is ‘n totaal van 150 lande wat deelneem aan die gesogte kompetisie. Die goeie nuus is dat Suid Afrika in die 16de plek geeindig het.

INTERNASIONALE ERKENNING : 2016

Die musiekvideo van haar treffer “Sê dit harder” vanaf haar CD “15 Jaar Spesiale Uitgawe” word op versoek ingeskryf vir ‘n Internasionale Sangkompetisie, SuperXtar. Die kompetisie word aanlyn aangebied en word deur aanlyn stemme bepaal. Sy wen die eerste twee rondtes en dring deur na die Finaal, waar sy Suid Afrika & Afrikaans gaan verteenwoordig, in 2017 in die VSA.

LIEFDADIGHEID 2013

Jennifer is tydens die bekendstelling van haar cd “Hart en Siel” aangewys as ‘n “Welwillendheids Ambassadeur” van die Acorn Foundation. ‘n Nie-winsgewende organisasie wat ‘n platform skep “make it easy to do good”.

In 2014 skop Jennifer haar jaar af met die “Bly Aan Glo” Toer in samewerking met die Acorn Foundation. Die toer het bestaan uit tien optredes van die Oos Kaap tot in die Vrystaat. Tydens die toer besoek Jennifer tien liefdadigheids organisasies en gee in totaal 3 850 maaltye uit. – www.acornfoundation.org.za

LIEFDADIGHEID 2018 / 2019 / 2020

Jennifer word aangewys as Ambassadeur vir Tekkie Tax. – www.tekkietax.co.za

In 2019 stel sy die fondsinsamelingsprojek, die JAMBLIK PROJEK bekend en beoog om saam met Tekkie Tax teen November 2020 R1 miljoen in te samel vir Tekkie Tax. DSTV & ander rolspelers raak ook spoedig hierby betrokke. Hierdie projek is die enigste en die grootste van sy soort asook ‘n eerste vir ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar!

Hier is agtergrond oor Jennifer.

 Jennifer is gebore in Gansbaai, Suid-Afrika en het grootgeword aan die Weskus dorpie Laaiplek / Velddrif. Jennifer is Afrikaanssprekend en haar unieke van “Zamudio” is van Spaanse afkoms en word foneties uitgespreek as “Za-moe-die-hou”. Sy het in 1989 gematrikuleer aan die Hoërskool Swartland te Malmesbury. Hierdie gewilde sangeres is die afgelope 28 jaar woonagtig in Pretoria en sing reeds die afgelope 20 jaar professioneel. Sy het haar sangloopbaan begin by Anneli van Rooyen se sangskool, Promusik in Pretoria. Jennifer het aan die begin van haar loopbaan bekend gestaan as “Die Singende Pers Sensasie”. Haar pers haarkleur het haar beslis laat uitstaan en word nog lank onthou.

Jennifer vermaak gehore nasionaal met haar energieke en natuurlike verhoogspersoonlikheid in die kommersiële genre. Sy is deur die Vrouekeur Tydskrif bestempel as die “Vrou met die Ontwerperstem”.

Jennifer se talent is raakgesien in die jaar 2000 tydens die KKNK op Oudtshoorn deur een van die beste musiek promoters in die land, Lydia Winchester, en het gelei tot Jennifer se eerste Platekontrak.

Jennifer se “ontwerperstem” sal jou wegvoer en asemloos laat aan die einde van elke optrede. Mense van alle ouderdomsgroepe identifiseer maklik met haar musiek, en sy het die vermoeë om enige gehoor op hulle voete te kry. Haar musiek is lewendig en energiek, maar sy het ook die gawe om mooi strelende ballades tot hulle volle reg te laat kom. Jennifer glo daaraan om haar musiek na die mense toe te neem en vir hulle musiek te gee wat hulle wil hoor. Sy skryf ook graag van haar eie liedjies en het haarself al baie goed bekwaam op die kitaar. Jennifer is ook ‘n uitstekende MC en vryskut televisie aanbieder.

Om in aanraking te kom met Jennifer vir konsertbesprekings :

RINDI MARITZ

(Bestuurder & PR vir Jennifer Zamudio)

rindi@jenniferzamudio.co.za

071 031 7701

www.jenniferzamudio.co.za

Related posts