Die afgelope 3 jaar het Jaenette ‘n punt daarvan gemaak om oor die Kers-seisoen terug te gee aan die minder bevoorregtes.
Kersfees is ‘n tyd om terug te gee glo sy. Dis ‘n tyd om jou hart en ander se harte gelukkig te maak.
Hierdie jaar het ek die voorreg gehad om hande te vat met “kersvader” ‘n oom wat al vir 39 jaar lank as kersvader geskenke uitdeel.
Oom Koot bly in Rayton, en elke jaar maak hy sy tuin oop vir die publiek om na die honderde kersliggies te kom kyk en mooi fotos saam hul families te kom neem, hy ry dan ook op die 24ste Desember deur die strate as kersvader en deel lekkergoed pakkies uit.
Ek het ‘n heelwat Fondse ingesamel en donasies gekry van PNB en besluit hierdie jaar help ek hierdie mooi prentjie inkleur deur vir elke kind by die huisies ‘n geskenkie af te laai.
Die storie wat my baie geraak het terwyl ek ook in die tuin sit van Oom Koot AKA kersvader is as volg:
‘N vreemde Oom vanaf die Vrystaat het een jaar by sy kinders op Rayton gaan kuier, hul het toe aangedring om hul pa te gaan wys hoe hou die mensies kersfees in Rayton,hul is dadelik na die mooiste tuin van Kersvader aka oom Koot se huis. Die heel aand se die oom van die Vrystaat hy wil met Oom Koot gesels,natuurlik dink almal die oom wat nou in sy vroeë 80-tigs is wil nou weer kla want elke jaar is daar iemand wat kla, want kersvader is mos nie regtig nie.
Tot verbasing sê die oom daai aand vir Oom Koot aka kersvader toe hy 4-jaar oud was het sy pa vir hom gesê, klim ons gaan vanaand kersboom toe. Oppad kersboom toe is hulle in ‘n ongeluk en sy Pappa is toe oorlede en nooit het hul by die kersboom uitgekom nie. Na al die jare het hy nooit ‘n kersboom ervaar nie, en vanaand vier hy daai heel 1ste kersboom wat hy op die ouderdom 4 moes vier saam sy pappa, sê hy met trane in sy oë.
So elke jaar vir 39 jaar lank ry kersvader deur Rayton se strate en deel lekkergoed uit. Eers met n Donkie kar, toe met n rooi bakkie en ‘n skool klok. En later ruil hulle hom in vir Roelf Kruger ‘n bekende sakeman in Rayton se Rooi JEEP.
‘Hy sit sy liggies elke jaar 1Desember aan. Om 19:00 weet jy daar mag jy gaan sit of speel of piekniek hou.

Mammas en Pappas bring hul kinders se geskenke na sy huis toe en daar gee kersvader dit self vir die kinders op die aand van die 24ste.. Fotos word geneem en dan speel die kinders die res van die aand net daar op die gras soos elke ander aand in Desember. As daar ‘n maatjie is wie se mamma nie iets op die sleë kan sit nie dan sorg Tannie Petro en kersvader dat daardie kind ook ‘n ietsie het net sodat die kind deel kan wees van als.”
“Wat ‘n voorreg om hande te kan vat, en dit sal beslis my projek vir volgende jaar ook wees.” Sê Jaenette. Die kinders en selfs Mammas se gesiggies wat so ophelder wat beslis vir my hoogtepunt die feestyd.
Die jaar Jaenette haar vriendin se kinders ook betrek het op hul jong ouderdom om vir die klein kindertjies geskenkies uit te deel, sodat hul ook kan leer hoe om terug te gee aan hul mede-mensies.
Jaenette, haar Ma en Stiefpa ook 2-nagte saam gesit en geskenkies toegedraai.
“Ons het maklik 100 geskenkies gesit en toedraai!”
Jaenette wil net graag elkeen bedank wat Donasies gegee het en deel van die projek was om al moontlik te maak, “MY HART IS DANKBAAR.”