Romantiese komedie, Kaalgat Karel, se opening uitgestel tot 24 September 2021!

Na deeglike evaluering en oorweging van die huidige klimaat en situasie van die teater landskap het die KAALGAT KARELvervaardigers die pynlike besluit geneem om die vrystelling van dié romantiese komedie uit te stel tot 24 September 2021.

Die film deur Boondogle Films, wat geskiet is in Oos-London, het verfilming klaargemaak op die aand wat inperking ingestel is in Maart 2020 en was veronderstel om op Valentynsnaweek 2021 vry te stel.

Dit was ‘n hartverskeurende besluit”, sê vervaardiger en skrywer Paul Egan. “Ons glo dat in ag geneem die tweede golf van die Covid-virus en die huidige inperking, gekombineer met die aandklokreel, dit nie nou die regte tyd is om die film in teaters vry te stel nie.”

Ons is deeglik bewus van die uitdagende omstandighede waarmee so baie mense tans te doen kry, asook al die onsekerhede op die pad vorentoe”, sê Egan se mede-vervaardiger en skrywer, Meg Rickards, wat ook die regie vir die fliek behartig het.  “Dit was werklik ‘n moeilik besluit, veral omdat ons nie kan wag om die film met die res van Suid-Afrika te deel nie.  Ons is vol hoop dat teen Erfenis-naweek in September, die prentjie rondom ons drasties beter sal lyk.”

Beide Egan en Rickards dra graag hulle diepste medelye oor aan almal wat geliefdes verloor het gedurende die laaste tyd en wens almal sterkte toe wat teen die virus veg sowel as almal wie se voortbestaan daardeur geraak word.  

Die film is vervaardig in samewerking met kykNET, die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie (OKOK), die –Kaapse provinsiale kuns-en-kultuurraad (ECPACC), Departement van Handel en Nywerheid (DTI), en handelsmerkvennote Galito’s, Red Alert en die Hathaway-gastehuisgroep.

Die fliek word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebookhttps://www.facebook.com/KaalgatKarel
Instagram: @kaalgatkarel

Twitter:  @kaalgatkarel

Hutsmerke: #KaalgatKarelFIlm

PUBLISITEIT EN BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS
JP Perie – ADMINISTRATION

Related posts