Nominasies stroom van regoor die vermaakbedryf in vir die nuwe Anthony Hopkins-rolprent, THE FATHER. Die film, wat gebaseer is op ’n bekroonde toneelstuk, is pas benoem vir vier Golden Globe– en twee Screen Actors Guild (SAG)-toekennings en het reeds in 2020 die gesogte Gehoorgunsteling-toekenning ingepalm by die San Sebastian Film Festival.
Florian Zeller se debuut-speelfilm (as regisseur) is ’n akkurate en ontstellende vertelling oor hoe dit voel om lief te wees vir iemand met demensie en hoe dit voel om met hierdie toestand saam te leef. Dit is nie net vereer met ’n Golden Globe-benoeming vir Beste Speelfilm (Drama) nie, maar Zeller en sy kollega – Christopher Hampton – het ook ’n nominasie vir Beste Draaiboek gekry.
Anthony Hopkins, wat die rol van die man wat aan demensie ly meesterlik vertolk, het ’n Golden Globe-benoeming vir Beste Toneelspel deur ’n Akteur in ’n Drama en ’n SAG-benoeming vir Uitstaande Toneelspel deur ’n Akteur in ’n Hoofrol losgeslaan, terwyl Olivia Colman benoemings ontvang het vir Beste Toneelspel deur ’n Aktrise in ’n Ondersteunende Rol en Uitstaande Toneelspel deur ’n Aktrise in ’n Ondersteunende Rol. Die wenners van die 78ste jaarlikse Golden Globe-toekennings sal tydens ’n lewendige uitsending aangekondig word op 28 Februarie 2021 en die wenners van 27ste SAG-toekennings op 4 April 2021.
Na verwagting, staan Hopkins ook ’n kans om later vanjaar ’n Oscar-benoeming vir Beste Akteur te ontvang vir sy uitstaande vertolking van hierdie komplekse karakter.
Die verhaal, wat begin as ’n doodgewone drama oor ’n middeljarige dogter wat ongeduldig raak met haar pa wat besig is om tred met realiteit te verloor en weier dat ’n versorger na hom omsien, word doelbewus vertel deur die oë van die bejaarde pa wie se lewe ’n bron van nimmereindige gedisoriënterende verwarring geword het. Die karakters en plekke wat voortdurend verander veroorsaak dat die kyker net so verward voel soos Anthony.
Hopkins en Colman word verder ondersteun deur ’n uitstaande groep akteurs, insluitend Mark Gatiss, Imogen Poots, Rufus Sewell en Olivia Williams.
THE FATHER wys op ’n hartroerende manier wat gebeur wanneer ’n verhouding – wat al vir dekades bestaan – skielik onherroeplik verander, maar vier ook die onbreekbare band tussen ouers en kinders.e fliek word plaaslik versprei deur Filmfinity Edms (Bpk.) en sal vanaf 26 Maart 2021 in Suid-Afrikaanse bioskope te sien wees.
Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=4TZb7YfK-JI
SOSIALEMEDIASKAKEL
Facebook: https://www.facebook.com/TeamFinityZA/
PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za
STARBURST PROMOTIONS
Gizela Arndt – PUBLICIST