ʼn Volmaan vir ʼn nuwe jaar vol belofte – Taalmonument se eerste 2021-volmaanpiekniek op die horison; gratis vir onder-18’s.

Met die verslapping van inperkingsreëls is dit tyd om vorentoe te kyk. Sluit dus by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se vriendelike personeel aan om vanjaar se eerste Volmaanpiekniek op Vrydag, 26 Februarie 2021, tydens ʼn heerlike somersaand op die beeldskone Paarlberg te vier.  Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én toeriste, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig van die vallei geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 piekniek hou op die groot grasperke en die monument, ʼn simboolgelaaide beeldhouwerk sonder weerga, besigtig. Gaste word…

Lees meer

Angelique – Waar was jy?

Elke nou en dan verskyn daar ‘n sangeres op die musiekhorison wat jou laat regop sit, na jou asem laat snak en jou dwing om tot stilstand te kom en te luister – regtig té luister. Die Johannesburgse liedjieskrywer en sangeres Angelique Greffrath, wat verlede jaar Augustus met ‘n enkelsnit Wye Wêreld, gedebuteer het, is een van dáárdie sangeres wat ‘n mens nie kan ignoreer nie. Haar stem is Bonny Tyler-hees, en haar lirieke het genoeg vlees om die lyf om dit nie te reduseer tot borrelgommusiek nie. Haar nuutste…

Lees meer

Nuwe Afrikaanse sanger HARRY BROERSMA, gaan harte steel!

Harry Broersma is ‘n splinternuwe Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy noem dat musiek nog altyd sy beste ontvlugting vir alles in die lewe was. Die aspirante kunstenaar het op 17-jarige ouderdom begin kitaar speel met YouTube-tutoriale, en het in sy eerste jaar op universiteit begin liedjies skryf. “Ek glo die beste liedjies kom vanuit ‘n gebroke hart en ek is gelukkig om my gesonde verstand te behou deur musiek te skryf. My grootste inspirasie is die band, Spoegwolf.” Hy het sy musikale loopbaan begin om oorspronklike liedjies sowel as cover-liedjies…

Lees meer

Só kan jy opsaal vir Afrikaans digitaal

Taalmonument en VivA bied virtuele AWS-werkwinkel vir woord(wonder)werkersGegewe dat covid-19 steeds ʼn realiteit is, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in samewerking met die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) ʼn praktiese en leersame virtuele Afrikaanse Woordelys en Spelreëls-werkwinkel op Woensdag, 10 Maart 2021, aan. Hierdie gewilde AWS-opleiding maak deel uit van VivA se Teksredaksieportaal, wat spesifiek geskep is om in die behoeftes van taalwerkers soos vertalers, teksredakteurs, skrywers, onderwysers, predikante, ensovoorts te voorsien.  “Ons het dié werkwinkels aanvanklik ter plaatse aangebied, maar die digitale eeu waarin ons leef, maak…

Lees meer