Taalmonument vereer skrywers van nuwe Arabies-Afrikaanse werke.

Top-12 se unieke werke in Groen Galery en aanlyn te sien by die skakel : http://www.taalmuseum.co.za/groen-galery/ Hieronder is 3 van die werke volg skakel vir meer info. Ter ere van Arabies-Afrikaans se bydrae tot die wording van Afrikaans, is die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) verheug om die top-twaalf-inskrywings van die instelling se jongste skryfkompetisie uit te stal. As deel van die ATM se 45ste verjaardag in 2020 het hulle ʼn kompetisie geloods waardeur Afrikaanse tekste in Arabiese of Jawiese (Arabies soos aangepas om spesifieke Afrikaanse klanke weer te gee)…

Lees meer

MORNÉ VIER ‘VANDAG’ IN DEBUUT-ENKELSNIT EN MOTIVEER EN INSPIREER MET NUWE MUSIEKVIDEO

“’n Mens moet ophou wag en hoop vir ’n beter ‘eendag’ en begin waag en doen. Wees elke dag gelukkig met die klein dingetjies. Daar is nie ’n beter tyd as nou om jou drome en passie na te jaag nie,” verklap Morné oor die betekenis agter sy eerste solo-enkelsnit. VANDAG is ’n lekkerluister en motiverende Afrikaanse popsnit, uit die pen van Vaughan Gardiner, en lê die kunstenaar na aan die hart omdat hy self onlangs besluit het om ’n kans te waag en sy eie droom na te jaag.…

Lees meer