MORNÉ VIER ‘VANDAG’ IN DEBUUT-ENKELSNIT EN MOTIVEER EN INSPIREER MET NUWE MUSIEKVIDEO

“’n Mens moet ophou wag en hoop vir ’n beter ‘eendag’ en begin waag en doen. Wees elke dag gelukkig met die klein dingetjies. Daar is nie ’n beter tyd as nou om jou drome en passie na te jaag nie,” verklap Morné oor die betekenis agter sy eerste solo-enkelsnit.

VANDAG is ’n lekkerluister en motiverende Afrikaanse popsnit, uit die pen van Vaughan Gardiner, en lê die kunstenaar na aan die hart omdat hy self onlangs besluit het om ’n kans te waag en sy eie droom na te jaag.


FOTO KREDIET:                                                   Charles Ackerman

Almal het iets in hulle hart wat hul graag wil bereik of doen, maar ’n mens is altyd so bang vir mislukking of wonder wat ander daarvan gaan sê of dink dat ons ons eie passie versmoor,” verduidelik die sanger. “Dit is vir my self ’n groot stap in my lewe om nie te wag nie en om nou iets te doen. Dit is nooit te laat nie.”

Buiten vir sy ryk strelende stem, wat die meesleurende wysie van die liedjie soos ’n handskoen pas, sal die positiewe boodskap van dié lied ook aanklank vind by gehore van alle ouderdomme en hoop bring vir mense wat dit in hierdie tyd baie nodig het.

’n Musiekvideo van die snit sal ook eersdaags aanlyn en op die kassie beskikbaar wees en is deur Wian van der Walt in Dullstroom verfilm. Volgens die musikant, is hierdie prentjiemooi dorpie vir hom en sy vrou baie spesiaal omdat hulle in dieselfde woud wat in die video verskyn getroud is en ook omdat sy vrou se oupa daar boer.

“Ek wou die video graag skiet op ’n plek wat vir my iets beteken. Die woorde van die liedjie spreek eintlik vanself, daarom het ek gevoel dat ek eerder ’n ‘optrede-video’ wou hê as een wat ’n storie vertel,” deel hy.

Morné het in die Oosrand grootgeword en is al vir twee jaar aktief in die musiekbedryf doenig. Hy het bekendheid verwerf as deel van die groep, Virander, wie se liedjie – Sing ’n Hallelujah – een van Maroela Media se Top 40-liedjies vir 2020 was. Dit kan steeds oor die radio gehoor word en die musiekvideo is reeds deur meer as 450 000 mense op YouTube gekyk.

Alhoewel hy al op vyftien begin kitaar speel het en baie betrokke is by die musiekbediening in sy kerk, het hy eers onlangs besluit om ’n kans te waag op sy musiekdroom en werk hy ook as fotograaf en grafiese ontwerper om die pot aan die kook te hou.

Die kunstenaar geniet ’n wye verskeidenheid musiek, maar sonder Switchfoot, Brandon Lake, John Mayer, Cory Asbury uit as sy grootste inspirasie. Hy verklap ook dat hy graag nog eendag saam met kunstenaars soos Roan Ash, Karen Zoid en Bernice West sou wou werk.  

Oor sy musiek sê hy: Ek wil oor dinge skryf en sing wat ek in my eie lewe ervaar en al ervaar het en wat vir my iets beteken en positiewe, inspirerende musiek skep oor dinge waarmee ons almal elke dag te doen kry.”

Morné het ’n groot liefde vir musiek, die natuur en sy gesin en meen dat hy in die toekoms graag nou baie wil reis. Vir nou fokus hy egter op die bemarking van sy nuwe enkelsnit, om materiaal bymekaar te kry vir sy eerste album en om ’n goeie pa te wees vir sy dogtertjie wat in 2020 gebore is. 

Die musiekbedryf het vir dié veelsydige kunstenaar geleer dat harde werk, selfvertroue en kanse waag baie belangrike bestanddele is as jy graag sukses wil bereik. VANDAG is nie net ’n pragtige resultaat van die werk en passie wat hy reeds in sy loopbaan belê het nie, maar is ook een van daai liedjies wat jou sal bybly lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.  

Die liedjie is nou op alle digitale platforms beskikbaar.  Kry dit hier:  Morné – Vandag – Single (lnk.to)

MORNÉse splinternuwe enkelsnit, VANDAG, is vandeesweek uitgereik en spog reeds met positiewe terugvoer vanaf verskeie radiostasies in die land.

Kort na sy enkelsnit-vrystelling bederf hy nou sy luisteraars en volgelinge met ‘n pragtige musiekvideo, wat verfilm is in Dullstroom deur Wian van der Walt.

Kyk die musiekvideo hier: https://youtu.be/vm4UJd591to

Hierdie video is gedeeltelik geskiet in Dunkeld Country & Equestrian Estate se woud, waar MORNÉ en sy vrou getrou het, asook op die plaas in Dullstroom waar sy vrou se Oupa tans boer. Die plaas het die mooiste vlaktes en koppies, presies soos wat hy dit voorgestel het.

Ek wou graag die video skiet op n plek wat vir my iets beteken en Dullstroom is na aan ons harte. Ek glo die woorde van die liedjie spreek vanself en het gevoel ek wil ’n ‘performance’ video doen eerder as ’n storie,” vertel hy.

Hierdie lekkerluister en motiverende Afrikaanse popsnit, uit die pen van Vaughan Gardiner, lê die kunstenaar na aan die hart omdat hy self onlangs besluit het om ’n kans te waag en sy eie droom na te jaag.  

Hierdie positiewe en opgeruimde kunstenaar glo daarin om jou drome dadelik na te jaag en nie te wag vir ‘n beter dag nie. Hierdie boodskap word perfek uitgebeeld in sy musiekvideo.

Olka Bolka het bietjie met Morné gesels:

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Ek is gebore in die Oos-Rand en het groot geword in Boksburg.

Wat het jy na Matriek gedoen?

Ek het begin werk as ‘n grafiese-onwerper.

Wat doen jy behalwe musiek?

 Ek is steeds doenig as ’n grafiese ontwerper en ek hou myself ook fotograaf.

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

My enkelsnit Vandag is daar om mense te inspireer, motiveer en

bemoedig omop te hou wag en hoop vir ’n beter dag, eendag, ophou droom en begin waag

en doen, wees elke dag gelukkig met die klein dingetjies. Daar is nie ’n beter tyd as nou

om jou drome en/passie na te jaag nie.

Skryf jy self jou liedjies?

Ek skryf self maar die nuutste enkelsnit “Vandag” is geskryf deur die talentvolle Vaughan Gardiner en sy vrou.

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek het grootgeword in Boksburg en musiek was nog altyd

my groot passie. Ek het absoluut ’n hart vir mense omdat ek so lank in die bediening al betrokke is, en droom om eendag iets vir my kinders na te laat.

Ek het op die ouderdom van so 15 begin rond speel op n kitaar en ’n ongelooflike liefde begin kry vir musiek en verlief geraak op die gevoel wat musiek jou kan laat voel. Ek het later begin speel in die kerk as aanbiddingsleier en so het my liefde vir musiek net meer begin groei vir die laaste 20 jaar. Ek is mal oor reis, en kosmaak as ek die tyd daarvoor kry.

Hoe het jy 2020 ervaar?

Dit was maar n jaar gewees met baie “ups en downs” maar as sit en terug dink was

dit vir my n baie goeie en geseende jaar ten spyte van die Covid. Ek het net besef hoe gejaag die lewe is en soms ’n gejaag na wind. Mens het weer besef hoe belangrik tyd saam familie is. Ek en my vrou het ook ‘n baba dogtertjie ryker geword in Augustus 2020.

Watse invloed het covid op jou musiekloopbaan gehad , en nogsteeds?

Dit is hartseer om te sien hoe al die kunstenaars geaffekteer word, op hierdie stadium kan niemand regtig nog winsgewende optredes doen nie

daarom doen mens maar iets op die kantlyn.

Waarna luister jy en hoekom?

Ek luister na n baie breë verskeidenheid van musiek, van Afrikaans, gospel,

pop, country en rock. Ek hou van musiek wat opbouend is.

Som jou musiekstyl in een sin op?

Opbouend met energie wat jou elke dag kan inspireer en motiveer.

Watter invloed wil jy hê moet jou musiek op mense het?

Ek wil natuurlik he my musiek moet mense nuwe hoop gee. Hulle moet bemoedig word deur positiwiteit in ’n wereld gevul met negatiewe dinge.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek skilder graag.

Waarmee is jy op die oomblik besig?

 Ek is tans besig met fotografie en werk om die pot aan die kook te hou

en is ook in die proses om te begin werk aan n nuwe enkelsnit.

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ek is besig met my nuwe enkelsnit en glo die gaan n baie

goeie jaar wees vir my in die musiekbedryf.

Met Covid en als wat gebeur in die wêreld, hoe sal jy seker maak dat jou musiekloopbaan momentum hou?

Ek sal net aanhou droom, waag en kliphard werk.

Wat inspireer jou?

 My geloof is ‘n groot deel van wat my inspireer en my familie. Musiek het ook n groot deel van invloed op my lewe en hoe ek die lewe sien.

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Daar is so so so baie!!! As ek iemand moet noem sal dit wees saam met Jon Foreman, Lauren Daigle en Bernice West.

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek – Pop Rock

Sanger – Jon Foreman & John Mayer

Sangeres – Lauren Daigle

Band – Switchfoot

Gunsteling liedjie – Where i Belong (Switchfoot)

Rolprent – Braveheart & Legends of the Fall

Akteur – Johnny Depp

Aktrise – Jennifer Lawrence

TV reeks en karakter – The Last Kingdom / Uthred

Kos en drankie – Steak, Pizza, Seekos….. weet nie waar om te stop nie!!

Ontspanning – Mosambiek en op die plaas is vir my een van die lekkerste plekke waar ek kan ontspan.

Boek – Facebook 🙂

Vakansie bestemming – Europa en Mosambiek

Kleur – Swart

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

As iemand in my ore kou!!!!! dit is vir my baie erg!!!

Wortels (sies)

Verkeer is nie goed vir my geduld nie 🙂

Negatiwiteit

Foto krediete : Charles Ackerman

SOSIALEMEDIASKAKEL

Facebook: https://www.facebook.com/mornemusiek/

Instagram: @mornezee

Twitter: @mornezee

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Alani Coetsee

Cell: 072 442 6918

E-mail: alani@starburstmusic.co.za

Website: www.starburstmusic.co.za

Related posts