STEFAN JANSEN NEEM JOU AGTER-DIE-SKERMS MET NUWE MUSIEKVIDEO.

Die talentvolle musikant en sanger, Stefan Jansen, se debut enkelsnit, VERDIENSTE EN GENADE, is gedurende Oktober 2020 uitgereik en dié verfrissende kontemporêre lied het by talle luisteraars landswyd aanklank gevind. Omdat hy graag die emosie tydens die enkelsnit se opname wou uitbeeld in ‘n musiekvideo en het hy en sy vervaardiger, Robin Walsh, besluit om verskeie GoPro-kameras in die ateljee op te rig. Die eindproduk is ’n informele video wat die luisteraars agter-die-skerms neem tydens die opname en vervaardiging van hierdie inspirerende enkelsnit. “Hierdie is nie ‘n mooi-lyk video nie,…

Lees meer

FRANCOIS VAN RENSBURG – AS EK VERLIEF RAAK

Volgens onlangse navorsing wat oor twee eras strek, is die volgende bevind – ongeveer 24 uit 40 liedjies besing die liefde. In 2021 is hierdie tema steeds relevant, soveel te meer in Valentynsmaand. Alhoewel daar baie hieroor geskryf en gesing word, het Francois van Rensburg gehou van die unieke manier waarop Wouter van de Venter dit uitdruk in sy liedjie, AS EK VERLIEF RAAK. “As ek verlief raak knak ek in my knieë. As ek verlief raak ruk ek aan die tralies. Aan die mure. Aan die bure…” Wouter het…

Lees meer