STEFAN JANSEN NEEM JOU AGTER-DIE-SKERMS MET NUWE MUSIEKVIDEO.

Die talentvolle musikant en sanger, Stefan Jansen, se debut enkelsnit, VERDIENSTE EN GENADE, is gedurende Oktober 2020 uitgereik en dié verfrissende kontemporêre lied het by talle luisteraars landswyd aanklank gevind.

Omdat hy graag die emosie tydens die enkelsnit se opname wou uitbeeld in ‘n musiekvideo en het hy en sy vervaardiger, Robin Walsh, besluit om verskeie GoPro-kameras in die ateljee op te rig.

Die eindproduk is ’n informele video wat die luisteraars agter-die-skerms neem tydens die opname en vervaardiging van hierdie inspirerende enkelsnit.

Hierdie is nie ‘n mooi-lyk video nie, hierdie is ‘n video om vir my aanhangers deel te maak van die kreatiewe proses in die studio. Omdat dit wys hoe alles gebeur het kan mens die optrede en emosie van die song selfs meer voel,” sê Stefan.


Kyk die video hier: https://youtu.be/KcM7dEfrsdg

VERDIENSTE EN GENADE is beskikbaar op alle digitale platforms:

Spotify: https://open.spotify.com/track/6CwLhVi0tQNzNaiQaWEVDI?si=bkqTlYicRxGEUa0k9bbQWg

Apple Music: https://music.apple.com/za/album/verdienste-en-genade-single/1534046465

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/StefanJansenMusic/  

Instagram: @stefan.jansen.music

PUBLISITEIT EN BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

Related posts