Hiermee stel ons die nuwe enkelsnit #Vrou aan jou bekend – Irene – Louise van Wyk Ft Liezel Pieters
Irene-Louise Van Wyk is ‘n sangeres, mamma, vrou en besigheids eienaar wat haar hele lewe al woon in Pretoria Oos. Met verskeie nommer een treffers. Sy het ook al saam met van die land se grootste kunstenaars op getree, gesing en getoer. Musiek vloei deur haar are van kleins af met haar Ma wat die wyle sangeres Irene Van Wyk was en Pa, musiek promotor en bestuurder Louis Van Wyk. Irene-Louise van Wyk het geen bekendstelling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nodig nie. Die afgelope 7 jaar het sy haarself gevestig as sanger en verhoogkunstenaar. Die geesdriftige blondekop se snit getiteld “Ek Voel Soos Oee” ,is eg aan Irene-Louise se unieke styl, baie modern en het ‘n Iekker vars klank vir Afrikaans wat met geweldige belangstelling begroet is! Die snit volg op treffers soos “Vergeet Van My”, “Sjampanje”, “Jy Speel ‘n Game Met My”, “Hou Jou Hande Van My Lyf Af” , “Stukkende Ruite” en “Iziiit”. “Ek Voel Soos Oee” is gemik op die mense wat altyd net die lelik in die lewe en in andere raak sien en spoor die wat al deur geloop het aan om meer van die goeie in hulself asook die lewe raak te sien.
‘n Splinternuwe CD is ook nou beskikbaar op alle platforms wees en die selfgetitelde vrystelling, wat 14 snitte bevat, is vol verrassings, nuwe snitte asook snitte wat voorheen net as enkelsnitte beskikbaar was, ‘n ou Engelse “classic We Belong “ wat ‘n nuwe baadjie gekry het asook Irene-Louise van Wyk treffers wat reeds goed bekend is. Hierdie vrystelling gaan een vir almal wees. Irene-Louise hoop dat haar musiek mense sal aanraak en Iaat Oee voel asook hulle dag op kikker . Ek was van kleins of omring deur talentvolle mense wat ‘n voorliefde vir musiek by my gekweek het. Ek put inspirasie uit die kunstenaars wat ek streef om te wees.” Irene-Louise is ‘n sterk voorstaander van “woman empowering” en die nuwe snit #Vrou is in Maart vrygestel het sy saam gesnoer met Liezel Pieters. Die een behoort alles te beteken vir die vrou wat dit moet. Irene – Louise glo die boodskap aan vroue is sterk en hoop die snit #Vrou word n anthem vir die skoner geslag. Vir Irene-Louise was een van die hoogtepunte van haar Ioopbaan die twee Ghoema-nominasies (Publiek se gunsteling Vroulike kunstenaar, Beste Pop Album deur ‘n vroulike kunstenaar) wat sy in 2018 ontvang het. Sy hou egter haar voete plat op Moeder-aarde en vertel dat die musiekbedryf haar geleer het om nederig te bly en dat jy die vrugte sal pluk as jy hard werk. Al haar musiek is die bewys daarvan …
Hier is die pragtige woorde van Vrou.
Ek is vrou
Sterker as wat jy my sal onthou
En nou
Is ek vrou
Sterker as wat jy ooit kon of wou
Nou
Nou kyk sy nie terug na alles wat sy het, sy kyk na alles watsy nie reg kon kry
Maar almal fluister in haar oor, jy is net hier om te bekoor jy sal dit nie reg kan kry
Dieselfde storie oor en oor ek is moeg ek het dit al gehoor die boodskap’s klaar gekry
Ek is soveel meer as net n vrou ek hoop jy sal dit kan onthou so luister ek se vir jou
Eers kyk jy neer
Maar nou begeer jy
Wil veg en nie meer vlug nie meer die grond nie maar die lig, die hele wêreld lê oop voor my
Elke tree wat ek nou gee, ek is lankal nie verlee
Niks kan my hier onder kry
As jy dink die gaan oor jou luister weer en luister gou ek het klaar terwyl jy wou
Ek lewe in die hede, jy bly grawe die verlede jy is silwer maar ek soek goud
https://www.youtube.com/watch?v=x-jvpzfpYTY Die skakel is na een van haar videos, Sjampanje.
Sien videos ook ander videos hieronder. Irene-Louise Van Wyk op Besigheid Wat Saak Maak / VIA Kringe – Irene-Louise Van Wyk (ft Ma Irene) Irene-Louise Van Wyk & Germandt Geldenhuys – Shallow (Cover) Is Jy Spyt? – Musiek Video Irene op die Groot Ontbyt 16 Maart 2020 – Onderhoud Ek Voel Soos Oee – Live op Die Groot Ontbyt “Sjampanje” Live op Expresso Show “Vergeet Van My” Live op Expresso Show Irene-Louise op GrootFM – Is jy Spyt? – 23 Okt 2018 Piekniekkonsert met Irene-Louise van Wyk – Sjampanje, Taalmonument, Paarl
Gaan na Irene-Louise van Wyk se YouTube kanaal om al haar videos hierbo genoem te sien.
Volg ons op Irene-Louise se webtuiste!http://www.irenelouisevanwyk.co.za
Like ons blad op Facebook! https://www.facebook.com/SpeakersProfile
Volg ons op Instagram! https://www.instagram.com/speakersprofile
Besoek ons webtuiste! https://www.speakersprofile.co.za