11de kykNET Fiëstas – glansryk en inspirerend

Anders, maar nogsteeds glansryk en inspirerend. Dít is hoe vanjaar se Fiësta-toekennings beskryf kan word.

Ten spyte van die uitdagings van die beperkings as gevolg van Covid-19 het kreatiwitiet geseëvier om die uitvoerende kunste en gehore bymekaar te bring. Die 11de kykNET Fiëstasvind plaas om hierdie werk te vereer.

Vanjaar se Fiësta-toennings, wat vir die elfde keer uitgedeel word, is as gevolg van die pandemie nie ’n lewendige uitsending voor ’n groot gehoor soos in die verlede nie, maar wel net so opwindend soos vorige jare. Die toekenningsgeleentheid is die afgelope naweek verfilm en was op Sondag 7 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Die 11de kykNET Fiëstas – hier is die benoemdes

Die kykNET Fiëstas vereer sedert 2011 jaarliks uitsonderlike prestasies in die uitvoerende kunste wat in die voorafgaande jaar by kunstefeeste te sien was. In 2020 was die uitvoerende kunste onder geweldige druk weens die Covid-pandemie. Daarom wil ons steeds en veral vanjaar die kunste en ons kunstenaars vier en vereer.

“Die doel van die Fiëstas wat vanjaar toegeken word, is om aan die feeste, die kunstenaars en die feesgangers hoop te gee,” sê Karen Meiring, M-Net-direkteur: kykNET-kanale. “Dit is belangrik om die bedryf erkenning te gee, vir die manjifieke werk wat op innoverende maniere steeds op verhoë en aanlyn aangebied is. Daar is vanjaar geskaaf aan sommige kategorieë en nuwes is bygevoeg om met die veranderende landskap van die uitvoerende kunste tred te hou.”

In 2020 het die deelnemende feeste – Toyota US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaatfees en Aardklop – kreatiewe maniere asook formate gevind om steeds die kunste na gehore te bring. Die Toyota US Woordfees het plaasgevind voor die Nasionale Inperkingstydperk op 26 Maart aangekondig is, met meer as 300 (leefstyl en diskoers gesprekke uitgesluit)produksies wat opgevoer is. Hiervan was 87 debuut produksies.

Die ander feeste kon nie op die tradisionele manier plaasvind nie, maar het die geleentheid aangegryp om gehore op ‘n nuwe manier te bereik. Die KKNK het hul eerste kortfilmprojek, Kortom, geloods, sowel as die Teksmark en Virtuele Galery aangebied, en Aardklop het die eerste Aardklop Aubade-konsert, in samewerking met die Afrikaanse Hoër Seunskool, aangebied. Met die Suidoosterfees se inryreater het  gehore die geleentheid gekry om in die gemak en veiligheid van hul motors na feesaanbiedings op die silwerskerm te kyk. Die Vrystaatfees het ook innoverende aanlynprojekte en -gesprekke aangebied.

Ter viering van die verskeie aanlynprojekte, het die Fiëstas-paneel besluit om ‘n nuwe kategorie, naamlik Beste aanlyn feesprojek, te skep. Dié kategorie vereer alle projekte wat feeste aangepak het om die kunste te laat voortleef tydens grendeltyd.

“Vir die paneel gaan dit nie daaroor dat die Fiëstas noodwendig móét plaasvind nie, maar dat die kunstenaars wat erkenning verdien, bekroon móét word,” meen Herman van der Westhuizen, sameroeper van die Fiëstas-paneel. “In ’n jaar waar kunstenaars, en ook hulle agter die skerms, onder moeilike omstandighede moes skep, was die paneel veral beïndruk deur die kreatiwiteit en nuwe idees wat na vore gekom het. Ons salueer die feesbesture en almal betrokke.”

Die kykNET Fiëstas-toekenningsgeleentheid sal vanjaar weens die tans geldende Covid-19-regulasies slegs ’n televisie-uitsending wees. Dit vind nie, soos gewoonlik, voor ’n teatergehoor plaas nie.

Talle van die Fiësta-benoemdes en kunstenaars soos Corlea Botha, Lynelle Kenned, Devonecia Swartz en Elandré sal deel vorm van die televisie-uitsending onder regie van Hennie van Greunen en Pedro Kruger. Kykers kan uitsien na ’n aand vol vermaak en styl ter viering van die kunste.

En die benoemings is:

Beste akteur

Ben Pienaar – Match (Vrystaatfees)

Dean Balie – Die poet, wie’s hy? (Toyota US Woordfees)

Robert Hindley – Valsrivier (Toyota US Woordfees)

Stian Bam – Valsrivier (Toyota US Woordfees)

Beste aktrise

Anna-Mart van der Merwe – Valsrivier (Toyota US Woordfees)

Melanie Scholtz – Extra large, asseblief? (Toyota US Woordfees)

Nicole Holm – Tweespoor (Toyota US Woordfees)

Sandra Prinsloo – Spertyd (Aardklop)

Beste regie

Frieda van den Heever – Die poet, wie’s hy? (Toyota US Woordfees)

Janice Honeyman – Valsrivier (Toyota US Woordfees)

Marthinus Basson – Huppelkind (Toyota US Woordfees)

Nico Scheepers – Die engel by die dam (Toyota US Woordfees)

Beste teaterontwerp

Charl-Johan Lingenfelder – Musiekregie vir Die poet, wie’s hy? (Toyota US Woordfees)

Chen Nakar – Stelontwerp vir Die vermoeienis van vlerke (Toyota US Woordfees)

Elana-Mari Snyman – Stelontwerp vir Die sonkamer (Toyota US Woordfees)

Nico Scheepers – Stel- en beligtingsontwerp, choreografie en manipulasie van die marionet vir Die engel by die dam (Toyota US Woordfees)

Beste nuutgeskepte Afrikaans teks, verwerking of vertaling

André Gerber – Die sonkamer (Toyota US Woordfees)

Frieda van den Heever en Dean Balie – Die poet, wie’s hy? (Toyota US Woordfees)

Saartjie Botha – Valsrivier (Toyota US Woordfees)

Veronique Jephtas – Hoe change hulle (Toyota US Woordfees)

Beste prestasie in klassieke musiek

Bryan Wallick (klavier), Frank Stadler (viool) en Peter Martens (tjello) – Beethoven Triple Concerto (KKNK)

Hidden Colours of the Free State  (Vrystaatfees)

KSO – Mozart Wind Octets (KKNK)

Universiteitskoor Stellenbosch onder leiding van André van der Merwe – Etensuurkonserte en Gala-konsert (Toyota US Woordfees)

Beste prestasie in visuele kuns

Barbara Wildenboer – KKNK-feeskunstenaar (KKNK)

Carol Brown, Zinhle Khumalo, Angela de Jesus (kurators) – Folds & Faults: An Exhibition of Women Artists (Vrystaatfees)

Dineke van der Walt (kurator) – KKNK se Virtuele-galery (KKNK)

John Anthony Boerma (kurator) – Innibos Nasionale Handwerkkunskompetisie (Innibos)

Beste musiekgedrewe produksie: buitelug en podium

Early B – Toyota US Woordfees

Karen Zoid: 20 Jaar Pops – Toyota US Woordfees

Klopse jol – Suidoosterfees

The Variety Show that Skriks vir Niks – Suidoosterfees

Beste musiekgedrewe produksie: teater

’n Lieflike lawaai – Toyota US Woordfees

Die poet, wie’s hy? – Toyota US Woordfees

Karoo Suite 2: Karoonagte – Toyota US Woordfees

Van Broadway na Birdstraat – Toyota US Woordfees

Beste aanlyn feesprojek

Die dans van my heenkoms – Vrystaatfees

Beethoven Triple Concerto – KKNK

#TsekCorona, Hot Gates, A Child in a Faraway Land, Die weduwee se kruik, The World in Union – Suidoosterfees

Virtuele kunsgalery – KKNK

Beste feesproduksie

Beethoven Triple Concerto – KKNK

Die dans van my heenkoms – Vrystaatfees

Die poet, wie’s hy? – Toyota US Woordfees

Valsrivier – Toyota US Woordfees

Beste opkomende kunstenaar

Lynette du Plessis – Krummelpap, afval en Sunlightseepbaddens (Toyota US Woordfees)

René Cloete – Huppelkind (Toyota US Woordfees)

Robert Hindley – Valsrivier (Toyota US Woordfees)

Wian Taljaard – Wag, wat?, Kraai, Lycra en petticoats (Toyota US Woordfees)

Soos gewoonlik gaan daar drie legendes met lewensbydraetoekennings vereer word. Daar word vanjaar ook vir die eerste keer ‘n nuwe kategorie bygevoeg, Die Fiësta Sinjatuur, waarin drie kunstenaars vereer sal word.

Die Blou Fiësta, ’n prys vir ’n uitsonderlike en verdienstelike werk wat nie in een van die ander kategorieë val nie, word ook weer toegeken. Hierdie toekennings word die aand van die  toekenning bekend gemaak.

“Wat doen die muse as hy by ‘n fees aankom en daar gaan niks aan nie? Die ligte is af en alles is toe onder lakens en stof,” sê die regisseur van vanjaar se Fiëstas, Hennie van Greunen. “Wel, hy begin met ‘n noot op die ou klavier wat eenkant staan. As hy hierdie twee koorde bymekaar inprop, gaan doer êrens ‘n verhooglig aan.”

Groot name in die vermaakbedryf is vanjaar deel van die produksie: Joshua na die reën, Antoinette Kellerman, De Klerk Oelofse, Corlea Botha, Elandré, Jemma Kahn, Anna Davel, Richard September en Charlton George asook opkomende sterre soos die danser DfeatSA, die sanger Kyle Seconna, die aktrise en sangeres Devonecia Swartz en die jong stemme van Phoebe Maxaji, Mia Dippenaar en Wanda Jacobs.

Soos gewoonlik gaan daar ook drie legendes vereer word met lewensbydrae-toekennings. Hierdie toekennings gaan vanjaar aan die veelsydige akteur, filmmaker en radioman Nic de Jager, die sanger en akteur Terry Fortune en die legendariese fotograaf Bob Martin.

Benewens toekennings in twaalf kategorieë wat toneel, musiek, kuns en dans insluit, is daar ook vanjaar vir die eerste keer drie Sinjatuur-toekennings wat toegeken gaan word.  Dié toekennings gaan aan kunstenaars wat tot nou toe uitsonderlik presteer in hulle loopbane.  Soos met die Blou Fiësta, die toekenning wat gaan aan ’n uitsonderlike prestasie op die feeste program, word die wenners van die Sinjatuur toekennings eers die aand van die uitsending bekend gemaak.

Fiësta-toekennings: Drie legendes word vereer

’n Radioman, regisseur en akteur, ’n vermaakster sonder weerga en ’n wêreldbekende fotograaf. Dít is die drie legendes wat vanjaar by die Fiësta-toekennings vir hulle lewensbydrae vereer word.

Die 11de kykNET Fiëstas word op Sondag 7 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. As gevolg van die pandemie sal dit nie ’n regstreekse uitsending voor ’n groot gehoor soos in die verlede wees nie, maar wel net so opwindend soos vorige jare.

Nic de Jager, wat verlede jaar sy 80ste verjaardag gevier het, het op Stellenbosch grootgeword en ná skool argitektuur by die Universiteit van Pretoria gaan studeer. In sy sesde jaar het hy ’n radiotoets gedoen wat die begin van ’n luisteryke loopbaan agter die mikrofoon en voor én agter die kameras beteken het.

Fiëstas 2021. Foto: Nardus Engelbrecht

Nic was van 1966 tot 1974 ’n omroeper en regisseur by die destydse Afrikaanse Diens van die SAUK. As akteur was hy te sien in die eerste Afrikaanse reeks wat ooit vir TV gemaak is, Dokter Dokter, en was ook later in reekse soos Vallei van die Sluiers, Geraldina die Tweede en Egoli: Plek van Goud asook rolprente soos The Gods Must Be Crazy en Die Geheim van Nantes te sien. Sy veelsydigheid het egter ook beteken dat hy een van die eerste nuuslesers op Suid-Afrikaanse TV was.

As regisseur was hy verantwoordelik vir onder meer Die Vlakte Duskant Hebron en 1945, ’n dokumentêre program oor die kunstenaar Judith Mason en as radio-aanbieder en regisseur is hy die afgelope paar jaar verantwoordelik vir die immergewilde Nic se Goed op RSG.

Terry Fortune is ’n veteraan in die vermaakbedryf. Hy is 1948 in Kaapstad gebore as Tyrone Robertson gebore. Ná skool het hy maatskaplike werk studeer en later as maatskaplike werker vir Stad Kaapstad gewerk. In 1971 het hy aan ’n talentkompetisie by die Luxurama in Wynberg, Kaapstad deelgeneem en daar is Tyrone se alter ego, die fopdosser Terry Fortune, gebore.

Fiëstas 2021. Foto: Nardus Engelbrecht

Sy suksesvolle loopbaan het hom die wêreld oor geneem. Terry – hy sê net mene wat hom sy lewe lank ken noem hom nog Tyrone – het in Suidelike Afrika, Europa, Brasil en die Verenigde Koninkryk gewerk. Hy het by beide die onafhanklikheidsvieringe van Namibië en Mosambiek opgetree.

Terry het ook in verskeie verskeidenheidskonserte, kabarette en musiekblyspele opgetree het het in 2009 ’n Fleur du Cap-toekenning gewen vir sy werk in die musiekblyspel Songbook. Hy woon steeds in Kaapstad en is ’n mentor en leermeester vir jongelinge in die vermaakbedryf.

Bob Martin se lewe het ’n paar interessante draaie gemaak – van kinderjare in Villiersdorp tot die vloot, van balletdanser tot internasionaal bekroonde fotograaf.

Bob het sy loopbaan as fotograaf in Kenia begin waar hy as reservis saam met die polisie gewerk het. Terug in Suid-Afrika was hy aanvanklik ’n fotograaf by die Sunday Times en later as hooffotograaf by SATOUR waar hy verskeie internasionale toekennings ontvang het.

Dit was egter toe hy by die destydse TRUK as teaterfotograaf begin werk het, waar sy talent werklik na vore gekom het. “Dit is asof ek my roeping gevind het,” het hy gesê.

Verskeie bekendes soos Sandra Prinsloo, Jana Cilliers en Katinka Heyns en selfs internasionale sterre soos Eartha Kitt en Gordon Mulholland was voor sy kamera en sy foto’s van toneel, ballet, opera en filmproduksies word vandag nog hoog aangeskryf.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →