Honderde-duisende mense kyk na Henrico Coetzer se Superhero musiekvideo binne slegs ‘n paar dae!

Henrico Coetzer het tydens sy deelname aan Maak My Famous op kykNET, sy eie weergawe van die bekende EDEN-snit, SUPERHERO gesing en het so paar maande gelede besluit om sommer self ‘n video vir die liedjie te vervaardig terwyl hy op vakansie was in die Kaap.

Hierdie video is op Facebook gelaai en Henrico was verstom toe die video binne ‘n paar dae meer as 100 000 kyke ontvang het.

Toe Henrico Coetzer gesing het HOOR MY WOORDE het hy dit bedoel!  Hierdie talentvolle donkerkop-sanger van Pretoria is besig om harte te wen sover as wat hy gaan en kykNET se Maak My Famous was maar net die begin! 

Om die Nuwe Jaar in te lei het Henrico sy weergawe (verwerk deur Pedro Kruger) en musiekvideo van SUPERHERO (die baie bekende en gewilde EDEN-snit), wat hy tydens sy deelname aan Maak My Famous uitgevoer het, op sy Facebook-blad vrygestel.  Hy het die video self vervaardig toe hy ‘n paar maande gelede met vakansie in die Kaap was en het dit entlik opgedra aan sy pa wat sy eie “SUPER HERO” is.  Binne net ‘n paar dae het die video oor die 100 duisend kyke gekry en staan dit tans op meer as 130 000 kyke!

Ek kan dit nie glo nie!  Ek moet kort-kort twee keer kyk!”, sê ‘n oorweldigde Henrico.    “Ek het gehoop die mense ontvang die lied en die video en veral die emosie agter die lied soos dit my geraak het.  Dit was nogal ‘n risiko omdat dit so ‘n GROOT lied is en ek het nie geweet of mense van die verandering gaan hou nie”, voeg hy by.

Henrico het die lied en emosie aan hom en sy eie pa se verhouding gekoppel.  “Toe ek dit gesing het was dit vir my moeilik om die trane terug te hou omdat ek en my pa al deur so baie is die afgelope paar jaar en ek hom regtig so lief het en hy “My Hero” is.  Mens verstaan nie altyd ouers se optrede wanneer jy jonk is nie, maar hulle bedoel net goed en wil net die beste vir ons hê.  Ek besef daar is so baie kinders daarbuite wat nie so bevoorreg is om ‘n Pa of rolmodel in hulle lewe te hê nie.  Daarom fokus ek daarop dat EK hulle “Hero” sal wees en sal instaan vir hulle.  Ek het nooit besef dat die lied eintlik so diep is totdat ons dit so afgebreek het en die emosie daarin gaan soek het nie.  Dit is toe dat ek besluit het om video grepe te kry van ondersteuners waar ‘n Pa, Oupa of Oom tyd met hulle kinders spandeer en sodoende die ondersteuners deel van die video te maak”, sluit Henrico af.

As jy nog nie hierdie treffende video gesien het nie, gaan kyk dit nou hier: https://www.facebook.com/153542465086434/posts/1077455162695155/

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook:  https://www.facebook.com/HenricoCoetzerOfficial
Instagram: @henrico_coetzer_official
Twitter: @Henrico_Coetzer

PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za

Related posts