Nathan Smith stel laaste enkelsnit vry voordat hy SA vir Brittanje verruil!

Twee dae voordat die bekroonde Suid-Afrikaanse kitaarspeler, sanger en liedjieskrywer, Nathan Smith en sy gesin op 24 Februarie 2021 permanent na Brittanje verhuis, stel hy ‘n laaste enkelsnit getiteld RUNNING OUT OF CONTROL aan radiostasies landswyd vry.

Dis ‘n lied oor die liefde en oor hoe, wanneer jy verlief raak, dit nuwe gevoelens in jou laat opvlam en jou uitkyk op die lewe verander.  Dit gaan oor hoe ons geen beheer oor ons gevoelens het nie en hoe dit soms soos ‘n trein voel wat nie gestop kan word nie”, sê Nathan.  Hy het die lied in 2019 vir sy album, HERE’S TO THE NOW, geskryf nadat hy oor sy ondervinding met die liefde en lewe gedink het en hoe hy gesien het liefde en verhoudinge in ander mense ook deur die liefde aangeraak word.  “Ek wil graag hê luisteraars moet besef dis in orde om so te voel en hulle daaraan herinner om daardie gevoelens vas te gryp, selfs al is dit net ‘n gedagte”.

Volgens Nathan is alles in plek vir hulle om SA vir Brittanje te verruil op die 24ste Februarie en alhoewel dit nie ‘n maklike besluit was om te neem nie en hulle SA baie gaan mis bied die VK tans net ongelooflike geleenthede aan hulle, waarvan een insluit dat hy sy album en musiek aan ‘n internasionale gehoor sal kan bekendstel.

In ‘n laaste boodskap vanaf Nathan aan sy aanhangers, vriende en familie in Suid-Afrika wil hy graag sê:

Vanaf ‘n ou wat meestal glo daarin om dinge veilig te hou en maar altyd binne die lyne van die lewe speel wil ek sê LEEF … Gryp geleenthede aan wanneer hulle jou kant toe kom, selfs al beteken dit jy moet ‘n kans vat, ‘n risiko neem.  Hê innig lief en leef vry.  Ek wil eendag op my knieë by die eindstreep aangegly kom!! Dankie vir die platforms en mense wat my hier ondersteun het.  SA sal altyd huis wees.  Baie liefde”.

Nathan is met trots geborg deur D’addario, Sennheiser, Marshall Music en Clayton Picks.

RUNNING OUT OF CONTROL is beskikbaar op sy album Here’s to the Now  op alle digitale platofrms hier::   https://bit.ly/3eB7Mvw

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/NathanSmithOfficial/

Twitter: https://twitter.com/NatStringSmith

Instagram: https://www.instagram.com/nathansmithvibes/

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCCcONX7ey844Cm9gAH9cD5Q/

Webblad: www.nathansmith.co.za 

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONSAlani Coetsee – PUBLICIST

Related posts