BEKROONDE SA KAROO SCI-FI FILM, WESENS, IS EKSKLUSIEF BESKIKBAAR OP DSTV BOXOFFICE VANAF 8 MAART 2021.

WESENS, die veel bekroonde Karoo Sci-Fi film wat in Oktober verlede jaar in Suid-Afrikaanse bioskope vrygestel is, is nou vanaf 8 Maart 2021 eksklusief beskikbaar op DStv BoxOffice. 

Hierdie raaiselagtige wetenskapfiksie-film volg vier Suid-Afrikaanse Republikeinse Intelligensie-diens Agente wat met behulp van onderskeidelik ʼn Super 8 en 16 mm-kamera ‘n vreemde voorwerp ondersoek wat op 3 Desember 1967 op ‘n boer se plaas in die Karoo geland het. Wat volg is die ontknoping van ‘n raaisel wat jou sal boei tot die laaste oomblik.

Filmresensente soos Leon van Nierop, Anna-Marie Jansen van Vuuren, Francois Bekker en vele ander was gaande oor  die eerste vollengte film van skrywer en regisseur Derick Muller.

“Wesens is soos niks wat jy nog in Afrikaans gesien het nie“, skryf Leon van Nierop, wie ook die film gelys het as een van sy Top 10 films van 2020.

Rapport het die film vier sterre gegee en dit ‘n “baanbreker-fliek” genoem en Radio Sonder Grense het dit geprys as “een van die raarste films wat nog in Afrikaans gemaak is.

Anna-Marie Jansen van Vuuren noem dit “die eerste regmatige Afrikaanse wetenskapsfiksie rolprent“, terwyl Francois Bekker in die FAK se Flink tydskrif skryf dat “die ernstige rolprentganger die filmiese elemente terdeë sal geniet.

Siegfried Louw van LiG tydskrif het gesê dat nadat hy die film gekyk het “voel jy soos iemand wat die geleentheid gekry het om iets uit te vind wat jy nie veronderstel is om te weet nie.

Laetitia Pople van Netwerk24 (Die Burger/Beeld) het geskryf dat Albert Maritz heerlik is om te beleef as die boer wat ‘n vreemde vonds op sy plaas aanmeld. “Maritz gee dit sekuur weer en laat ‘n mens uit die maag laag.”

Die rolverdeling van hierdie eerste van sy soort Karoo Sci-Fi film sluit in bekroonde Suid-Afrikaanse akteurs soos Albert Maritz (Griekwastad, Fynskrif, Trackers), Pietie Beyers (Binnelanders, Vergeet My Nie) en Morné Visser (The Kissing Booth, The Harvester, Dis ek, Anna). Die film sluit ook in nuwe gesigte soos Randy Januarie (Projek Dina, Die Sentrum), Rayno von Schlicht en Conradie van Heerden (Fynskrif, Sara se Geheim).

SYNOPSIS

WESENS is die eerste van sy soort – ʼn Afrikaanse wetenskapfiksie, “found footage” film.

Op die oppervlak volg die film vier Suid-Afrikaanse Republikeinse Intelligensie-diens Agente wat met onderskeidelik ʼn Super 8 en 16 mm-kamera ‘n vreemde voorwerp ondersoek wat op 3 Desember 1967 op ‘n boer se plaas in die Karoo geland het. Wat volg is die ontknoping van ‘n raaisel wat jou sal boei tot op die laaste oomblik.

Egter in teenstelling met tradisionele “found footage” films, word daar geen gogga maak vir baba bang skoktegnieke in die film gebruik nie. Die film gebruik eerder die “found footage” genre om die geestelike soeke van die protagonis te ondersoek deur ‘n “lens” wat kyk na Suid-Afrika in die 1960’s.

Wesens word dus ‘n allegorie wat die vooropgestelde cliché-idees rondom genre-films verwerp, deur die grense tussen tradisionele kommersiële films en kunsfilms vervaag. Die film bereik hierdie doel deur gebruik te maak van konseptuele metafore, nagevorsde dialoog en lang meditatiewe skote. En dít vorm alles deel van die film se soeke na die ‘absolute waarheid‘ oor ons bestaan hier op aarde.

Karakter in Wesens: Majoor Marthinus Viljoen

Morné Visser is ‘n Suid-Afrikaanse akteur wie veral bekend is vir sy rol as rugbyspeler Jaco in die e.tv-sitkom SOS, waarin hy in 126 vertonings verskyn het. Hy is ook beroemd daarvoor om uitdagende en dikwels kontroversiële rolle aan te pak, en het die beste akteur-toekenning op die Silwerskerm-filmfees in 2015 gewen vir sy rol in die veel bekroonde film Dis ek, Anna.

Ander vollengte films waarin hy verskyn het, sluit in Ernest in the Army (1998), The Quarry (1998), Running Free (1999), Global Effect (2002), Cape of Good Hope (2004), Blast (2004), Racing Stripes (2005), Skin (2008) en vele meer.

Televisie-reekse waarin hy verskyn het, sluit in Isidingo, Interrigation Room, Madam and Eve, Fishy Fêshuns, Eaten Alive, Charlie Jade, The Adventures of Sinbad, Scandal! and Orion. Hy vertolk ook die rol van Mnr. Flynn in Netflix se The Kissing Booth en The Kissing Booth 2.

Olka Bolka het ook ‘n onderhoud met Morné Visser gedoen om meer oor hom uit te vind:

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Ek is gebore in die Noordelike voorstede van Bothasig. Dit was n wonderlike plek om groot te word. Ek het met my BMX orals rond gery; selfs na Milnerton se strand met my bord onder my arm om daar te gaan surf. Ek is toe Hugenote Hoërskool toe in Wellington.  

Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?

Ek het 1-jaar Drama studeer op Stellenbosch Universiteit en toe besluit om ‘n Londen Trinity Diploma in Speech en Drama by die Cape Academy of Dramatic Arts in Observatory, Kaapstad te doen.   

Hoe berei jy jou voor vir ‘n rol?

Dis belangrik om voor te berei maar nie ter wille van wat kan gebeur in die oomblik van verfilming nie. 

Ek lees die teks’ n paar keer en gesels met die regisseur oor sy visie. Dan ontleed ek die ander karakters se verhouding met my karakter. Dan laat ek dit daar lê tot ek op stel is sodat ek meer kan leer in die oomblik. 

Hoe hanteer jy ‘n moeilike karakter of toneel?

Dis nie belangrik vir my of ‘n toneel of karakter moeilik is nie. Dis net belangrik dat ek alles gee vir die film en my karakter.   

Wanneer het jy geweet jy wil ‘n akteur word?

Toe ek die Maan in my laerskool toneelstuk gespeel het.  Ek het net 3 sinne gehad maar dit was genoeg vir die acting drug om my te neem op ‘n trip waar ek net meer en meer wou ervaar het. 

Watter werk sal jy graag agter die skerms wil doen?

Ek wil meer skryf en vervaardig.  

 Wat is jou nagmerrie scenario tydens verfilming?

n Nagmerrie sou wees, as ek besig is om te act, en dan besef ek wil nie meer hier wees nie.    

Watter TV reeks sal jy wil oormaak en deel van wees?

The Golden Girls maar met mans.  

As jy enige karakter kon speel wie sou dit wees?

Sailor Malan. Hy is my groot-oom en ‘n held in ons familie.  

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop, ook of jy enige stokperdjies het?

Wie ek is, is eintlik niemand se besigheid nie. As jy my ontmoet, sal jy my gou leer ken. Ek is lief vir mense, oordeel nie graag nie en speel weekliks Ultimate Frisbie. Ek gaan speel sodra ek hier klaar geantwoord het.   

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek is totaal kleurblind.   

As jy met enigeiemand oor ‘n koppie koffie kan gesels, wie sal dit wees en hoekom?

Zola Budd. Haar storie is fasineerend en ek dink nie ons weet regtig wie sy is nie.  

Hoe was jou ervaring om in Wesens te speel?

Dit was baie uitdagend. Ek was bang ek sou nie die karakter ‘justice’doen nie. Maar almal het my gehelp en my ondersteun. Ek is baie trots op die film. Dis so uniek op vele vlakke.   

Jy het al verskeie rolle vertol in verskillende mediums, wat is vir jou die lekkerste?

Teater is lekker want jy raak regtig deel van ‘n groep en ‘n gedeelde visie. Maar film is my gunsteling medium. Dis kuns en wetenskap saam gegooi.   

Watter beroep sou jy beoefen het as jy nie akteur geword het nie?

n Tuinier.   

Jou fassinerendse onderhoud ooit?

Met n tydskrif wat toe nooit die uitdrukkers gemaak het nie. Dit was te eerlik.  

Wat beteken pryse en toekennings vir jou?

Dit beteken ander mense wil jou in hulle club hê. 

2020 (en steeds) was ‘n vreemde jaar met viruses en inperkings, hoe het jy dit ervaar?

Dit was vreeemd.  

Die vermaakliksheidbedryf is een van die besighede wat hard geslaan is met die covid-virus, hoe moes jy aanpas om nog steeds ‘n inkomste uit jou beroep te kan kry?

Ek het ‘n reeks geskryf wat nou in ontwikkeling is met SHOWMAX. Ek het ook heelwat dubbing gedoen.  En wyn verkoop.  

Waarmee is jy op die oomblik besig?

My Ontwikkelings Fase van my reeks. En dubbing.  

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ek word 50 in n paar weke. Dan gaan ek n 100 probeer maak.   

Wat is jou gunsteling: 

Musiek

Rock en World music  

Sanger

David Bowie 

Sangeres

Nina Simone  

Rolprent

True Romance 

Akteur

Dit was altyd Sean Penn. Nou weet ek nie meer nie. 

Aktrise

Juliette Binoche  

TV reeks en karakter

John Hamm- Mad Men  

Kos en drankie

Ribs met n draft. 

Ontspanning

Chill met n goeie vriend  

Boek.

Shantaram 

Vakansie bestemming

 Churchhaven 

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

sokkies opvou, petrol ingooi , muskiete , rassiste .

Karakter in Wesens: Wapen-ingenieur Pieter Kuyper Albertyn

Pietie Beyers is ‘n jong Suid-Afrikaanse akteur en filmvervaardiger. Hy was al te sien in verkeie plaaslike televisie-reekse en het destyds sy debuut gemaak as Dr Deon Visser in die kykNET-sepie Binnelanders.

Pietie Beyers matrikuleer aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad en studeer later Drama aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy ma, Susanne Beyers, is ook ‘n bekende Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer.

In 2016 maak hy sy vollengte film debuut in die romantiese komedie Sy Klink Soos Lente. In 2019 skryf, vervaardig en speel hy in sy eie vollengte film Skemerson. In 2020 verskyn hy in die rolprente Vergeet My Nie, Meisies wat Fluit en Wesens.

Pietie Beyers

Hier is Olka Bolka se onderhoud met Pietie Beyers:

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

In Gqeberha (destydse P. E) gebore en in Kaapstad grootgeword.  

Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?

Ek het binne die eerste 2 weke van Universiteit 3 verskillende kursusse geswot – ek was duidelik in daardie stadium meer daar vir die jol as vir ‘n roeping! 😉 Ek het begin met Waarde en Beleid studies, toe PPE (Philosophy, Politics & Economics), toe Geesteswetenskappe en die volgende jaar slaan ek oor drama toe. My ma het by die drama departement klas gegee (sy doen steeds) so ek was bietjie verleë om daar te swot. My ego bedaar toe uiteindelik en toe swot ek sommer drama tot ek my honneurs kry. 

Hoe berei jy jou voor vir ‘n rol?

 Met noukeurige oorweging, gesprek en teksanalise.  

Hoe hanteer jy ‘n moeilike karakter of toneel?

Elke karakter of toneel het sy eie uitdagings. Vir my help dit om nie te dink aan hoe ek die karakter geloofwaardig gaan máák nie, maar hoe ek self in hom of haar kan glo. Dan sorg die res vir homself… 

Wanneer het jy geweet jy wil ‘n akteur word?

 Toe ek iewers op laerskool Roald Dahl se Matilda gekyk het. Die pad was nog lank, onseker en deurmekaar, maar die saadjie is toe geplant.  

Watter werk sal jy graag agter die skerms wil doen?

Ek het 4 jaar vir ‘n advertensiemaatskappy in die Kaap gewerk. Ons het heelwat produksiewerk ook gedoen. Ek het ontsettend baie geleer en selfvertroue begin bou. Ek was gelukkig om te leer by ‘n ongelooflike mentor. Hoeka Derick Muller, die skrywer en regisseur van WESENS! 

Wat is jou nagmerrie scenario tydens verfilming?

 Ek was in my vroeë twintigs nog maar bietjie lui as dit by werk kom – iets waaraan ek ook op hoërskool bitter skuldig was. Ek was nie altyd so voorbereid soos ek moes wees nie. Nou neem ek my werk baie ernstig op en onvoorbereid op stel opdaag klink soos ‘n absolute nagmerrie. 

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop, ook of jy enige stokperdjies het?

Alhoewel ek maar baie skrikkerig vir die fisiekheid van rugby was, is ek mal oor alle sport. Ek het op skool op Saterdae vroeg opgestaan en elke Superrugby (toe nog Super 12) gekyk, al die spelers geken en toe vir die res van die dag kamma gaan skateboard ry. Ek het my ouer broer-hulle probeer na-aap. Ek was ‘n closet-sport en boyband fan! 😉 Ek speel weekliks sokker, connect met mense en ek en ‘n vriend het ons eie podcast, SO LOOP HY MAAR. 

As jy met enigeiemand oor ‘n koppie koffie kan gesels, wie sal dit wees en hoekom? 

Jesus. 

Ek dink hy sal kan bevestig wat my ‘gut’ reeds voel. 

Hoe was jou ervaring om in Wesens te speel?

Ongelooflik. Die skrywer en regisseur, Derick Muller, is ‘n visionêr en ‘n mens-mens – sy medemenslikheid maak dit ‘n vreugde om deel van sy oorspronklikheid te wees. 

 Watter beroep sou jy beoefen het as jy nie akteur geword het nie?

 Dis ‘n moeilike een. Voor ek op skool ophou huiswerk doen het, soos in laerskool, was Wiskunde my gunsteling vak. 

As ek nie akteur geword het nie, beteken dit my lewe se besonderhede was anders. Dalk was ander dinge ook dan anders en my selfdissipline het langer as Graad 4 oorleef. Dalk sou ek dan iets in die Wiskunde doen. Nie seker of my punte dan elkgeval goed genoeg vir aktuaris sou wees nie, maar who knows. In ‘n droomwêreld, het ek sommer professioneel sokker gespeel. Ek wil verder, in die regte wêreld, ‘n groot podcaster word.  

Jou fassinerendse onderhoud ooit?

 Ek en my vriend, Niel Kidd, het op ons podcast met oud-Springbok, Joe van Niekerk, gepraat. Dit was spiritueel.  

Wat beteken pryse en toekennings vir jou?

‘n Bevestiging van die hoop, geloof en vertroue dat my 7 jarige self, wat in die badkamerspieël gekyk het en ‘misunderstood’ gevoel het, se stille gevoel iets werd was. 

Waarmee is jy op die oomblik besig?

Ons podcast, So Loop Hy Maar, oorklankingswerk, radiowerk en verder mik ek vir TV, films en alles wat interessant is vorentoe.  

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ek hoop my toekoms is ‘n werklikheid van die drome wat ek nou in die spieël sien.  

Wat is jou gunsteling: 

Musiek

Enigiets positief of, anders, met diepte 

Sanger

Bruce Springsteen en Freddie Mercury

Sangeres

My verloofde! 😉  

Rolprent

Gladiator

The Truman Show

Scent of a Woman

Akteur

 Jim Carrey

Aktrise

Carrey Mulligan 

TV reeks en karakter

 The Office, Michael Scott 

Kos en drankie

Pizza, koffie en water 

Ontspanning

 Podcasts luister

Boek

Harry Potter 

Vakansie bestemming

 Onrus, Kleinbrak en Fransmanshoek 

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Mense wat hulleself beter as ander hou weens hulle eie onsekerhede/vrees. Ek was so op hoërskool.

Die bogenoemde maal 4 duisend!!!! 

Karakter in Wesens: Sakkie Haarhoff

Albert Maritz is gebore en het skool gegaan in Belville, Suid-Afrika. Hy is die seun van Dawie Maritz, en het grootgeword in radiostudio’s, op verhoë en in die donkerkamer waar sy pa foto’s ontwikkel het. Sy eerste verskyning op die verhoog was saam met sy pa, op twaalfjarige ouderdom.

Albert Maritz is ‘n akteur, vervaardiger, skrywer en regisseur, bekend vir sy rolle in die films Invictus (2009), Lenteblom (2013), Tussen as en hoop (2016) en Wesens (2020). Sy roemryke loopbaan bevat ook rolle in talle TV-reekse en sluit in rolle in Galery, Konings, Torings, die hoog aangeskrewe Arende, Africa P.I., Egoli, Isidingo, The hunt for the man in the moon en vele meer.

Albert Maritz

Olka Bolka het met Albert Maritz ook ‘n onderhoud gedoen:

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

 Bellville 

Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?

 B Drama, Stellenbosch

HOD UNISA 

Hoe berei jy jou voor vir ‘n rol?

 Ek kyk waar hy in die teks inpas, en probeer sien wat die skrywer se bedoeling was met die karakter. Ek het in die verre verlede, toe ek bv ‘n gimnas moes speel, gimnastiek gaan neem vir etlike weke. 

Hoe hanteer jy ‘n moeilike karakter of toneel?

 Ek onthou die sêding: As ‘n aap ‘n ding genoeg kere oor en oor doen, kan hy dit later self doen. 

Wanneer het jy geweet jy wil ‘n akteur word?

 Ek was van laerskool al nuuskierig oor die loopbaanrigting en het as laerskoolseun al begin toneelspeel. 

Watter werk sal jy graag agter die skerms wil doen?

 Ek was as laerskoolseun my pa-hulle se verhoogbestuurder, en het hulle klank en beligting behartig. Ek was sedertdien al gereeld regisseur van verhoogproduksies. 

Wat is jou nagmerrie scenario tydens verfilming?

 Daai akteursdroom, van op die verhoog verskyn en nie weet wat ek moet sê nie. 

Watter TV reeks sal jy wil oormaak en deel van wees?

 Ek was in ‘n sitcom wat se naam ek nie kan noem nie; ons wal lekker mal, die teks was mal – maar die materiaal is glo tegnies nie so goed bruikbaar nie. Ek sal dit graag wil oordoen. Alhoewel ek haar oordoen van enige iets. 

As jy enige karakter kon speel wie sou dit wees?

 Oom Joe, of Al Pacino

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop, ook of jy enige stokperdjies het?

 Ek bly nogals fiks en het vir dekades boksklasse gedoen. En ek ry graag fiets. En beplan ‘n comeback na my paddle ski en my body board. 

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

 Dit lyk net of ek so ‘n groot boepens het. Dis omdat ek nie ‘n borskas het nie. 

As jy met enigeiemand oor ‘n koppie koffie kan gesels, wie sal dit wees ?

Malema en Zuma 

Hoe was jou ervaring om in Wesens te speel?

 Dit was heerlik, en met die mees respekvolle span mense. 

Jy het al verskeie rolle vertol in verskillende mediums, wat is vir jou die lekkerste?

 Dis moeilik om uit te sonder. Ek het ‘n paar keer, jare gelede alleen oorgeklank vir ‘n hele week op ‘n slag. Dit was besonders. Jy raak geheg aan die karakter.Jy werk intiem saam met die regisseur. Dit was een keer Jannie Gildenhuys, die legende, en die ander keer die liewe Marga van Rooy. 

Watter beroep sou jy beoefen het as jy nie akteur geword het nie?

 ‘n Biokenetikus of argitek. 

Jou fassinerendse onderhoud ooit?

 Ek het as sportjoernalis onderhoude gevoer met baie beroemde mense. Boris Becker se onderhoud bly my tot vandag by. 

Wat beteken pryse en toekennings vir jou?

 Toe ek jonger was, was ek ongeëerg daaroor. Dit was uit protes. My Artes was ‘n toiletdeur doorstop. My vriende was baie kwaad vir my daaroor. Vandag kan ek my steeds nie veel steur daaraan nie. Sommige toekennings se proses van keuring is oppervlakkig en die besluite deur onkundiges.  As ek self die slag iets wen, vertroetel ek dit, maar spog nie juis daarmee nie. 

2020 (en steeds) was ‘n vreemde jaar met viruses en inperkings, hoe het jy dit ervaar?

 Dit was op ‘n tyd in my lewe dat ek eintlik begunstig is daardeur.

Die vermaakliksheidbedryf is een van die besighede wat hard geslaan is met die covid-virus, hoe moes jy aanpas om nog steeds ‘n inkomste uit jou beroep te kan kry?

 Ek het nie. Ek kon nie. Daar was ‘n meevaller of twee. ‘n Film wat ek gemaak het, is verkoop. Ek het aan ‘n ander filmprojek gewerk, en daar was aanvanklik ‘n inkomste daaruit. 

Waarmee is jy op die oomblik besig?

 Ek was pas MC van ‘n konferensie van 2 baie groot maatskappye –  drie konferensies in 3 stede in 3 provinsies. Ek was pas in Suidooster. Ek vlieg nou na JHB vir ‘n TV film, en begin een van die dae verfilm aan ‘n TV reeks.  

Wat is jou gunsteling: 

Musiek

Unieke klank soos “’n Man soos Jan” – pure poetry; ‘Supertramp’ sedert skool al. En sedert ek ‘n ou rock professor pel, Alwyn het – rock, met heavy guitar. En “Blou”. En baie van Philip Moolman se onopgeneemde musiek. Baie.

Sanger

Hano van “’n Man soos Jan”

Sangeres

Riana Nel

Rolprent

 Alles met Al Pacino

Akteur

 Al Pacino en Frank Opperman in ‘THE BIG TIME’.

Aktrise

 Christia Visser in “Boekklub”. En Marion Holm in my opvoering van “Die Van Aardes van Grootoor”. Briljant verby…!!!

TV reeks en karakter

 Almal in ‘Why women kill’ en ‘Big little lies’.

Kos en drankie

 Goeie, stywe, crisp slap chips.

Ontspanning

 Fietsry, dryf in die see, swem. Lees.

Boek

 Ralph Haynes

Vakansie bestemming

 Onrus of Melkbos. 

Waarvan hou jy niks

Covid het gelukkig almal wat saamdrom bo-oor die bagasie conveyerbelt op lughawens uitsorteer. Nou moet ons nog net dit regkry dat daar een ry is, waarvan die ander rye gevoer word, in winkels, banke en dies meer.

Vooroordeel en magsmisbruik.

Hier volg nog inligting oor die ander karakters in die rolprent:

Randy Januarie

Nota: Haar karakter se naam mag nie met die media gedeel word nie.

Randy Januarie is ‘n jong, opkomende Suid-Afrikaanse aktrise, wat tans in Kaapstad woon en werk. Sy is oorspronklik van Montagu in die Wes-Kaap. Sy het grootgeword by haar grootouers aan haar Ma se kant, nadat haar ouers oorlede is. Op hoërskool het sy uitgeblink in akademie, kuns en kultuur en sy was ook die onderhoofmeisie van Hoërskool Montagu in 2014.

Sy studeer BA Drama en Teaterstudies aan die Universiteit Stellenbosch en is veral bekend vir haar rolle in Projek Dina (2019) en Wesens (2020). Sy is ook eersdaags te sien in die nuwe dramareeks Die Sentrum, wat na verwagting op 5 April 2021 op die kassie begin.

Rayno von Schlicht

Karakter in Wesens: Stafsersant 

Wesens is Rayno von Schlicht se vollengte film debuut. Hy het in die Noordelike Voorstede grootgeword en het skool gegaan by Hoërskool Tygerberg. Hy is nie net ‘n talentvolle akteur nie, maar ook ‘n entrepreneur en eienaar van die bekende routing-onderneming, Rind Routing, wat in 2003 gestig is.

Afgesien van sy rol as akteur in Wesens, het hy en sy maatskappy saam met die regisseur, Derick Muller, ook al die sleutel strukture vir die film Wesens ontwerp en gebou.

Rayno von Schlicht

Conradie van Heerden

Karakter in Wesens: Junior Chemiese Ingenieur Johan Conradie

Conradie van Heerden is ‘n jong, opkomende Suid-Afrikaanse akteur wie in Hoërskool DF Malan was en aan die Universiteit Stellenbosch Drama studeer het. Hy het reeds in verskeie televisiereekse verskyn, ondermeer Fynskrif en Sara se Geheim, asook in verskeie RSG radio-produksies. In die speelfilm Wesens (2020) vertolk hy die rol van die Junior Chemiese Ingenieur Johan Conradie.

Pierre Nelson

Karakter in Wesens: Konstabel Jan-Hendrik Botha

Pierre Nelson is ‘n akteur, stemkunstenaar en produksiebestuurder wat al 11 jaar bedrywig is in die film- en teater-industrie.

Hy het Drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en het reeds verskyn in verskeie radio-, teater- en televisie-produksies. Bekende teaterwerke sluit in David Kramer se ‘Langarm’, asook ‘Poppekas’. Televisie-reekse waarin hy verskyn het sluit in ‘Boland Moorde’, ‘Die Byl’ en ‘Fynskrif’. 

Pierre Nelson

Biography of the Producer & Writer-Director

The feature film, Wesens, was produced by the Producer / Director team of Karin Muller (Producer) and Derick Muller (Writer-Director).

Karin and Derick made their mark on the South African film industry, with their critically acclaimed debut feature film – a sci-fi, mystery – titled, WESENS, which was released in South African cinemas in October 2020. 

The acclaimed South African film critic, Leon van Nierop, wrote the following about the Producer-Director team in his review of their film, WESENS.

“Wesens is like nothing you have ever seen in Afrikaans. It forces you out of your comfortable popcorn zone and gives new courage to people who think that the Afrikaans film is dying out. It proves that with the minimum budget, but the maximum talent and courage, you can produce a challenging, wilful, audacious product that takes the Afrikaans film to a new level. And for that, Derick Muller and his wife, Karin, must be praised.”

Producer: Karin Muller Biography Karin Muller comes from a marketing and fashion background having worked for a diverse range of companies in London and South Africa, before launching her career as entrepreneur and film producer.

In 2014, Karin launched Sulla Moda – a fashion accessories manufacturer and import company with offices based in Cape Town, South Africa, and China. And in 2016, she co-founded the art and literature journal, Ambassadeur.

In 2020, she added film producing to her diverse business repertoire and her first feature film as producer, WESENS, was released in cinemas in South Africa in October 2020. 

 

Writer-Director: Derick Muller Biography

ENGLISH

Derick Muller is the founder and head of The Suits Communications, an advertising agency in Cape Town. In 2007 his debut youth novel Vuil Skottelgoed was named the winner in the Afrikaans category of Human & Rousseau’s ‘Ek is ‘n Skrywer’ competition. In 2015, he completed his MA dissertation in creative writing at the University of Cape Town.

In 2016, Derick and Karin Muller founded the South African art and literature journal, Ambassadeur, that featured innovative long-format fashion articles for, among others, the international fashion brand Gucci.

In 2017, he completed his master’s degree in business administration (MBA) at the University of Cape Town’s Graduate School of Business. In 2018, he extended his MBA studies with a six-month international exchange at Yale University’s School of Management in Connecticut.

His first full-length film, WESENS, will be released in theatres in South Africa in October 2020.

FEATURE FILM:

Wesens

RUNNING TIME, CLASSIFICATION & LANGUAGE:

90 minutes, 13 LNV, Afrikaans

FULL CAST

Morné Visser – Major Marthinus Viljoen

Pietie Beyers – Weapons Engineer Pieter Kuyper Albertyn

Albert Maritz – Sakkie Haarhoff

Randy Januarie – (Her character’s name is not to be shared with the media)

Conradie van Heerden – Junior Chemical Engineer Johan Conradie

Rayno von Schlicht – Staff Sergeant 

Pierre Nelson – Constable Jan-Hendrik Botha

CREDIT LIST

Executive Producers: Derick Muller & Karin Muller

Director: Derick Muller

Screenwriter: Derick Muller

KYK DIE DStv Box Office lokprent HIER:   https://www.youtube.com/watch?v=XJqoFuBPnJY

SOSIALE MEDIASKAKELS:

Facebook:           (20+) Wesens Film | Facebook

Instagram:          @wesensfilm

Webtuiste:         www.wesens.co.za

PUBLISITEIT

Starburst Promotions / Alishia van Deventer / Sel: 083 635 4717

E-mail: alishia@starburstmusic.co.za

www.starburstmusic.co.za

Related posts