FOTO KREDIET: Nathan Smith
In 2020 het die uiters talentvolle sanger, Christiaan Baartman, twee enkelsnitte, naamlik My Vrou en Die Beste Deel, vrygestel. Beide hierdie liedjies is uiters goed deur radiostasies ontvang en pronk steeds landswyd op verskeie trefferparades. Nou volg dié liedjieskrywer dit op met sy volgende enkelsnit, VOOR DIE KERK, ‘n buitengewone liefdesverhaal vir daardie spesiale persoon in jou lewe.
Christiaan Baartman is die seun van ‘n dominee en in sy jeug was daar ’n kêrel wat by sy suster kom aanklop het met sy Honda motorfiets. “My pa was natuurlik nie baie beindruk met die knaap wat so met ‘n 250 cc geraasmaker in die aande voor sy deur stop nie. Eintlik was dit op die einde ‘n baie aangename knaap wat net in iets belanggestel het wat nie in die norm van die kerklewe geval het nie. En dít, was die inspirasie vir hierdie liefdeslied,”vertel Christiaan.
Die lied is in ‘n “pop folk” styl vervaardig deur die talentvolle Jattie de Beer van Artistry Poductions en gemaak om mense se voete te laat jeuk. Sean Manley van Manley Studios was verantwoordelik vir die finale klankversorging.
Christiaan het teruggedink aan ‘n buitegewone liefdesverhaal in ‘n eenvoudiger tyd… en hom neergepen. Dít, is VOOR DIE KERK.
VOOR DIE KERK is nou op alle digitale platforms hier beskikbaar: https://distrokid.com/hyperfollow/christiaanbaartman/voor-die-kerk
Olka Bolka het ‘n onderhoud met Christiaan gedoen om meer oor hom uit te vind:
Waar is jy gebore en het jy grootgeword?
Gebore in Worcester, groot geword in Plettenberg baai.
Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?
Ja , ek was maar jack of all trades. Ek het 3 diplomas in klank ingeneurswese , 2 in Jazzs , 1 in teologie , 1 in afontuur toerisme
Het later finasiële bestuur begin studeur en is op die oomlik besig met berading en sielkunde.
Wanneer het jou musiek loopbaan begin?
Ek was 5 jaar oud toe ek op die verhoog begin sing, in al die kerk produksies , maar voltyds in 2005 het my loopbaan begin.
Vertel my van jou nuutse enkelsnit?
Ek het ‘n vreeslike mooi sussie , blonde hare bou oë en die seuns het erg by haar begin aanklop . So moes hulle dan nou kuier in die kombuis terwyl ons in die tv kamer sit met al die relivante deure oop .
So kom kuier daar toe ‘n seun op ‘n bromponie en my pa was nie opgewonde oor die ekskursie nie. My sussie het toe op die ou end getrou met ‘n Dominie, maar die storie Was nog altyd in my agterkop. oor die seun met sy motorfiets wat loop vry het by die dominie se dogter en ek het toe in my gedages die storie klaar gemaak. Met die seun wat homself probeer bewys aan die dominie. En dis waar die lied vandaan kom. . uit ‘n stukke van my verlede.
Skryf jy self jou liedjies?
Ek sien myself eers as ‘n lietjie skrywer , dan as ‘n musikant.
Ek skryf al my liedjies self en soms kry ek mense om saam met my te skryf. .
Want saam is ons altyd sterker.
Het jy enige stokperdjies?
Musiek is maar my groot liefde , daar word gesê as jy doen waarvoor jy lief is sal jy nooit ‘n dag in jou lewe werk nie.
Dit gesê is ek ook baie lief vir toer. Ek probeer elke jaar ‘n nuwe land sien en ek skiet boog. Ek is b esonders lief vir die sport.
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek is mal oor mense en musiek . Daarin vind jy my wese. Ek wil musiek maak en mense laat lag . Hopelik iemand bietjie dieper oor huleself laat dink en die lewe makliker maak daardeur.
Som jou musiekstyl in een sin op?
Musiek met mening.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek is mal oor bord speletjies , 30 seconds , camol up , catan enigiets waat ek ‘n dobbel steen kan gooi en saam met vriende kuier.
Waarmee is jy op die oomblik besig?
Ek werk tans aan die volgende 2 liedjies wat ek gaan uitbring en hoop om my Cd klaar te hê teen Augustus.
Ek werk ook aan ‘n kinder-album wat ek graag in Junie wil vrystel.
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Meer musiek , ek kan nie wag om weer op die pad te kom nie. Ek wil graag toer , ek moet bietjie gesig gaan wys in Nashville , was te lank laas daar en my beradings kursus . Ek wil baie graag begin met my motiverings praatjies en om mense te help beter wees.
Wat inspireer jou?
Die see , my mense en stories. ek lees so 50 boeke ‘n jaar waarvan helfde storie boeke is. ek is mal oor mense se stories. Daar vind ek baie inspirasie.
As jy saam met enige iemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?
Coennie de Villiers. Hy is een van die grootste inspirasies van my lewe. liedjie skrywer en ‘n diep denker. Ek is maar baie lief vir daardie man.
2020 was baie moeilik vir almal in die vermaaklikheidsbedryf met Covi19. Hoe het jy dit ervaar ?
Finansieël was dit baie swaar . Maar uit ‘n loobaans oogpunt het soveel deure oopgemaak . Ek het 84 aanlyn vertoning in 2021 gedoen wat so populêr was dat CNN international ‘n onderhoud gedoen het met my . Verder het my enkelsnit “my vrou “ baie deure oopgemaak en die laaste lied vir die jaar “beste deel “ het my uiteindelik op Jacarande fm gesit. Dit was ‘n swaar jaar , maar ‘n goeie jaar.
Met Covid19 het daar heeltemal ‘n verandering in ons almal se lewens gekom en ons moet nou buite die boks dink om veral in die vermaaklikheidsbedryf te kan oorleef, wat gaan jy anders doen om seker te maak dat jy as sanger nog steeds ‘n inkomste uit jou musiek kan maak?
Mense bly die fokus punt van my musiek en sodoende glo ek daar sal altyd iets wees vir my om te doen . Als meer dalk iets soos berading of musiek lesse. maar ek glo vas dit 2021 die jaar van deurbraak is vir my . Ek het baie om te gee en ek glo dat daar baie is wat reg is om te ontvang.
Wat is jou gunsteling:
Musiek – alles behalwe tecno
Sanger – Coenie de Villiers.
Sangeres – Riana Nel.
Band – dis tussen , the Beetles en Simon and Garfunkle.
Gunsteling liedjie – My tafel van Coenie
Rolprent – Across the universe
Akteur – Rian Renolds
Aktrise – Sandra bullock
Reeks – Friends
Kos en drankie – braaivleis en rooiwyn
Ontspanning – saam met vriende kuier by die see.
Boek – David and Goliath
Vakansie bestemming- enige plek met ‘n lekker see en lekker mense
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
Bake beans , avffal , techno musiek en korrupsie
SOSIALE MEDIA SKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/christiaankrit/
Instagram: @christiaanbaartman
YouTube: https://www.youtube.com/user/ChristiaanRock/featured?view_as=subscriber
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za
STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST