Anais deel ooivaarstee met Via-kykers.

Vir die eerste keer in die geskiedenis van Afrikaanse televisie gaan ‘n sangeres een van die belangrikste dae in haar lewe – haar ooievaarstee – met kykers deel.   

Die tema van die ooievaarstee, wat volgende Dinsdag by die luukse Simbali Lodge net buite Pretoria, gehou gaan word, is deur die Black Swan geïnspireer en daarom is die gaste ook gevra om swart aan te trek.

Die bonkige dekor met skakerings van swart simboliseer soms die moeilike rol wat ‘n ma speel, maar ook Anais se sterk persoonlikheid in haar rol as menseregteaktivis (sy is ook ‘n nasionale ambassadeur vir Lifeline) en filantroop.

Anais, wat die stigter van die Be your dream-projek is, het verlede jaar aangekondig dat sy en haar man, Maurice, hul eersteling verwag.  Sy het terselfdertyd ook haar  nuwe leefstylprogram, Ons Groei Saam wat in Junie op Via uitgesaai gaan word, bekendgestel. Met die program beoog sy om haar swangerskapreis met kykers te deel.  Hieroor het sy gesê: “Die program is ‘n platform vir vroue wat riglyne en inligting aan amper-ma’s verskaf en ook die nuuste swangerskapneigings deel. Dit is ook ‘n opvoedkundige program met wenke oor wat om te verwag wanneer jy verwag.”

Tydens die opname van die program was Anais reeds ‘n paar maande swanger en vroue kan dag-vir-dag saam met haar, haar swangerskapvreugde (en soms ook pyne) ervaar.

Die ooievaarstee is ‘n verrassing, maar die span van Be Your dream, wat die geleentheid organiseer, sal sorg dat Anais in die droomrok, wat deur die bekende ontwerper Marlize van Immagika, gemaak is, daar opdaag.

Die ooievaarstee, sê Crystal Gouws, ‘n woordvoerder van Be Your dream, is in baie opsigte ‘n verering vir die dogtertjie, Isabella Ariella Loois, wat binne die volgende maand haar eerste geluidjie in die wêreld gaan maak.  “`n Baba simboliseer ‘n nuwe lewe en daar is nie ‘n beter manier waarop ons ook die begin van Ons groei saam kan vier nie. Dit is ‘n nuwe begin vir Anais.”

Oor ma-wees sê Anais: “Ek is baie opgewonde om ma te word. Maurice is ook gebore om ‘n pa te wees.”

Die dag is volgepak en sluit ooievaarsteespeletjies, ‘n driegangmaaltyd, vermaak deur dansers en ook groot pryse in.

Anais, wat ‘n liedjie Rooibaard vir haar man geskryf het, het ook ‘n spesiale wiegeliedjie vir Isabella geskryf en sy gaan die gaste daarmee vermaak.

Anais, Haar man Maurice en Lydia Winchester.

Ons Groei saam word vanaf Junie op Vrydae en Sondae om 12:00nm op Via kanaal 147 uitgesaai.

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester

Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za

Related posts