
Lekker Luister is ’n splinter nuwe oudio platform met stories wat jou kind op ’n verbeeldings avontuur sal vat.
Kinders van alle ouderdomme hou van stories en Lekker Luister is die perfekte storieverteller. Met addisionele voordele soos verbeterde begrip, taalgebruik, ontwikkeling van verbeelding en verminderde inspanning vir ons kinders, bied Lekker Luister puik opsies vir ons nuwe boekwurms.
Teken in op die webtuiste www.lekkerluister.co.za en kry elke week ’n nuwe storie.
Vind ons gerus op Facebook of Instragram onder Lekker Luister.
Luister Luister laat jou kind na verre lande reis, hul leer iets nuut en hul verbeelding word aangegryp – jou kleinding sal sonder twyfel hierby baat.
Olka Bolka het so bietjie met die 2 eienaars Christelle Web-Joubert en Juanita Velts van Lekkerlees.com gesels :
Waar is jy gebore en het jy grootgeword?
Ek is gebore in Zeerust, maar het grootgeword in Pretoria.
Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?
Ek het by die Universiteit van Pretoria gaan studeer. Eers het ek my BA Drama graad voltooi, daarna het ek my HOD gedoen en toe my BA Drama HONS.
Wanneer het jy as omroeper begin werk, en hoe het dit gebeur dat jy in die uitsaaiwese begin het?
Ek het in 2003as omroeper begin. Ek het saam met ‘n vriendin, Bertha le Roux-Wahl ‘n radiodrama opname van die sepie Blinkwater gaan bywoon by RSG. Die regisseur, Helena Hugo het toe vir my ‘n sinnetjie ingeskryf sodat ek behoorlik kon sien hoe die opname werk. ‘n Maand later het Helena my gekontak om te hoor of ek sou wou aansluit as een van die spelers. Ek het vir ‘n paar jaar die karakter Melody Mynhardt vertolk.
Ek het ook ‘n demo gemaak en dit aan RSG se programbestuurder Terrance April oorhandig. Hulle het aan my die geleentheid gebied om as omroeper opgelei te word.
Jy is ‘n omroeper by RSG, vertel ons daarvan?
Dit is so ‘n groot voorreg om weekliks saam met die luisteraars te kan kuier. Ek hou die stasie op lug en moet sorg vir oorskakelings en dat programme en advertensies op die regte tye uitgesaai word.
Ek is ook aanbieder en vervaardiger van die programme RSG kuns en Geestesgesondheid. Ek is ook regisseur van radiodramas.
Watter beroep sou jy beoefen het as jy nie omroeper geword het nie?
Ek het nog nooit daaroor gewonder nie, maar ek sou seker maar ‘n onderwyser geword het.
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Sjoe, daar is soveel lae van menswees, dat ek nie regtig weet waarop om te fokus nie. Ek is amper 45 en is in meeste opsigte uitgesorteer. Ek weet wie ek is, ek weet wat ek graag in die lewe sal wil he MAAR ek weet ook dat ek nie in beheer van my lewe is nie.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek snork.
Het jy enige stokperdjies, indien wel, wat doen jy?
Nee, ek het nie regtig ‘n stokperdjie nie. Ek hou so baie van my werk dat ek nie een nodig het nie.
As jy met enigeiemand oor ‘n koppie koffie kan gesels, wie sal dit wees en hoekom?
Enigeiemand wat bereid is om hulle storie met my te deel. Ons almal het ‘n storie, maar nie almal maak altyd die tyd om daarna te luister nie.
Jy kan met 4 vroue om ‘n stafel sit en gesels, wie sal dit wees?
Jesus se ma, Maria
Prinses Diana
Die sktrise Marion Holm
Die skrywer Annelie Botes
Waarmee is jy op die oomblik besig?
Met my programme by RSG en Lekker Luister.
Vertel ons van Lekker Luister?
Lekker Luister is ‘n webwerf waarop jy maandeliks of jaarliks kan inteken sodat jou kind na oudiostories kan luister. Elke week laai ons ‘n nuwe storie op.
Doen jy en Juanita die verwerking en opnames self?
Ons doen alles self.
Wie inspireer jou?
Enige iemand wat aanhou ten spyte van hulle uitdagings.
Wat was jou fassinerendse onderhoud ooit op radio?
Dis onmoontlik om te antwoord. Daar is net te veel.
Is jy getroud en het jy kinders?
Ek is getroud met Henry Joubert en ons het een seuntjie. Sy naam is Lukas.
Hoe het ouerskap jou lewe verander?
Lukas is op die outisme spektrum, so alles het verander. Alles wat ek in boeke gelees het of wat jy by ander ouers hoor en sien moes ons by die venster uitgooi. Ons moes ons eie boek skryf. Ons leer elke dag steeds.
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Ek weet eerlikwaar nie. Ek vat een dag op ‘n slag. Die Here is 100% aan stuur van my lewe. Ek volg net.
Musiek
Enige iets wat enige emosie in my wakker maak.
Sanger of sangeres of Band
Hang af in watter bui ek is.
Gunsteling liedjie
Amazing Grace
Rolprent
Ek kan nie net een kies ne.
Akteur
Anthony Hopkins
Aktrise
Meryl Streep
TV reeks
This is us
Kos en drankie
Eet is lekker . . so dis te moelik om te kies.
Ontspanning
Om langs die see te sit.
Boek
Kringe in ‘n bos
Vakansie bestemming
Weskus
Kleur
Groen
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
Oneerlikheid
Skynheiligheid
Vooroordeel
As ek valslik beskuldig word.
Waar is jy gebore en het jy grootgeword
Kimberley, gebore en op Jan Kempdorp groot geword.
Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?
Het eers Tanddeelkundige assistering gaan swot in Bloemfontein en daarna Drama gaan swot by Tukkies.
Juanita, jy speel tans Jana in Getroud met Rugby, vertel ons van jou rol?
Jana is ’n joernalis en ook in ’n verhouding met een van die hoof afrigters van die Stryders, Schalk Brand. Sy is ’n sterk vrou met goeie waardes. Die waarheid is die belangrikste ding in haar werk vir haar. Haar morele kompas is sterk.
Hoe verskil jy van jou karakter wat jy speel in Getroud met rugby?
Ons verskil nie baie van mekaar nie. Ek hou ook van die waarheid en het goeie waardes, maar ek glo net nie dat die lewe wit of swart is nie. Daar is gebiede in die lewe wat grys is.
Het jy al enige ander rolle vertolk?
Jip ek het ’n paar movies gedoen voor ek by Getroud met rygby begin het soos; Kampterrein, Koringberg, Droomdag, Die Ontwaking, Somer Son, en drie tv movies, Desember, Aantrekkingskrag en Die dag is bros.
Hoe berei jy jou voor vir ‘n rol?
Dit hang baie af van die projek. Toe ek vryskut werk gedoen het, was die geleentheid gewoonlik daar om vir die movie voorteberei en seker te maak jy verstaan die karakter wat alles deel maak van daai karakter, maar by Getroud met rugby is Jana elke dag deel van my dag roetine. Ek sal wel seker maak ek wyk nie af vir wat Jana voorstaan en haar rol by die storie nie.
Hoe hanteer jy ‘n moeilike karakter of toneel?
Die beste is gewoonlik om kominikasie oop te hou met die regiseur. Baie vrae vrae, goed voorbereid te wees, seker maak jy verstaan die teks en dan om jouself te vertrou.
Het jy al ooit ‘n klerekas ramp gehad?
Man, die laaste tyd ’n klein bietjie meer aangesien my baba lyf nog nie weer terug is waar ek was voor ek my babatjie gehad het nie. So party klere stukke van Jana pas nog nie.
Wanneer het jy geweet jy wil ‘n akteur word?
Eers die tweede week op universiteit, terwyl al ons drama studente op die gras voor drama departement gesit het, het ek geweet dit is wat ek my hele lewe na gesoek het. Dit is wat ek wil doen.
Wie se TV Klerkas sal jy graag wil hê?
Al die vrouens op Suit die tv reeks. Hulle almal trek vrek mooi aan. DIt is korporatiewe kleredrag maar love dit.
Watter werk sal jy graag agter die skerms wil doen?
Um…… nie iets nie. As ek regtig regtig iets moet of kon doen is dit skryf. Wat ek glad nie kan doen nie.
Wat is jou nagmerrie scenario tydens verfilming?
As ek nie geweet het ons skiet ’n scene nie – ken nie my woorde nie. Ek kry nagmerries daaroor.
Watter TV reeks sal jy wil oormaak en deel van wees?
The Good wife of nee Alias (dit is bietjie oud al) of nee Friends.
As jy enige karakter kon speel wie sou dit wees?
Op die staduim sal ek net weer in ’n film wil speel. Maak nie saak watse karakter nie.
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Sag geaard, vriendelik en geniet regtig my werk. Is toetentaal verlief op my klein dogtertjie en geniet my familie nou meer as ooit. Wil graag verskil maak in alles wat ek doen en Glo in ons Hemelse Vader.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek slaap met ’n knersplaaitjie.
Waarmee is jy op die oomblik besig?
Werk voltyds by Getroud met rugby en het onlangs saam Christelle Webb Joubert die besigheid begin Lekker Luister. Dit is oudiostories vir kinders.
Wat is jou beste skoonheidsproduk?
Oogroom
As jy met enigeiemand oor ‘n koppie koffie kan gesels, wie sal dit wees en hoekom?
My ouma, Ouma Duifie het ons haar genoem. Ek en sy het altyd baie goed gehad waaroor ons kon gesels.
Jy kan met 4 vroue om ‘n stafel sit en gesels, wie sal dit wees?
Opera, Jennifer Aniston, Kate Middleton en Anne Frank
Watter beroep sou jy beoefen het as jy nie akteur geword het nie?
Sjoe, ek weet nie……
Vertel ons van Lekkerluister?
Ek wou baie graag iets begin het wat mense, in die geval kinders, se lewens verryk. En met die platform word kinders se verbeeldings wêreld verbreed en verryk. Dit is ’n oudiostories vir kinders. As jy in teken op dit kry jy elke week ’n nuwe storie wat in gekleur word met klank. Daar is avontuur- vervolg verhale en bybelstories. Ietsie vir almal.
Wie inspireer jou?
Mense wat die tyd vat om hulle self te herontdek en gedurig wil leer. Maak nie saak hoe oud hulle is nie. O en natuurlik mense wat hulle drome na jaag.
Jou fassinerendse onderhoud ooit?
Ek het nog nie ’n fassinerende onderhoud gehad nie, maar hulle het al met my onderhoud gevoer en gedink ek is Juanita du Plessis.
Wat is jou luukse tyd vir jouself?
As ek tydjie kry vir yoga klas of fasical. Veral met ’n baba is dit waardevol as jy tydjie kry vir sulke goed.
Hoe bly jy gesond en fiks?
Ek oefen 4 tot 5 keer ’n week en sal probeer om gereeld ’n yoga klas by te woon. Ek probeer hard om meer gesonde keuse te maak met kos maar met ’n soettand voel dit of ek meer vaal as wen.
Is jy getroud en het jy kinders?
Ja ek is nou April 10 jaar getroud met Andre Velts en het ’n dogtertjie van amper 7 maande.
Hoe het ouerskap jou lewe verander?
My baie bewus gemaak van die antwoordelikheid ek het om haar die regte tools te gee en te leer om die lewe voluit aan te pak. My ook meer bekommerd gemaak oor of is sy veilig is sy gelukkig en al die dinge wat ’n ma oor bekommer. Ook in dit het ek nog nooit sulke oorvloed liefde ervaar nie. En liefde gee hoop.
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Ek hoop om ’n sukses van Lekker Luister te maak asook vir Zia alles te gee wat sy benodig om as goeie mensie te ontwikkel.
Wat is jou gunsteling:
Musiek – Klasieke musiek & pop
Sanger – daar is te veel
Sangeres – daar is te veel
Gunsteling liedjie – Sjakadoem Carike Keuzenkamp (Wel dit is Zia sinne)
Rolprent – Klasieke movies soos Dances with wolves, Bravehaert, Silence of the lambs
Akteur – Anthony Hopkins
Aktrise – Kate Winslet
TV reeks – The Queens Gambit
Kos en drankie – Pizza en bier en coke
Ontspanning – Tyd saam my familie en vriende
Boek – Book Thiefs
Vakansie bestemming – Knysna
Kleur – Blou
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge. –
Tamaties,
mense wat selfsugtig is,
gejaag te voel en nie genoeg slaap in te kry nie.
Teken in op die webtuiste www.lekkerluister.co.za en kry elke week ’n nuwe storie.