REGGIE PEACE WYS LIEFDEVOLLE KANT MET NUWE ENKELSNIT, TROU MET MY.

Die veelsydige akteur, sanger en liedjieskrywer Reggie Peace oftewel Reginald Hufkie, is terug met ‘n splinternuwe enkelsnit uit sy eie pen na die sukses wat hy behaal het met sy vorige snit, African Queen, in samewerking met Petronel Baard en Kayczwe Nkosi. Trou Met My handel oor ‘n man wat die liefde van sy lewe vra om met hom te trou en of sy die pad stroom-op saam met hom sal stap. Alhoewel hierdie ‘n fiktiewe storie is, het Reggie sy hart op papier gelos en glo dat luisteraars van…

Lees meer

NA 16 JAAR BREEK PROPHET DIE STILTE IN POSISSIE #1 OP APPLE MUSIC SE CHRISTELIKE RANGLYS MET HULLE NUWE ALBUM, DIE KOLONIE.

MUSIEKVIDEO – (JY KAN NIE SOMMER VIR MY SÊ NIE):     PROPHET – Jy Kan Nie Sommer Vir My Sê Nie (Amptelike Musiekvideo) – YouTube FOTO KREDIET:                                             Karin Amm PROPHET se aanhangers, wat reeds vir jare vra dat die duo weer hulle stem laat hoor, sal bly wees om te hoor dat hulle met die vrystelling van ’n nuwe album, DIE KOLONIE, op  6 April 2021  hulle stilte van sestien jaar verbreek het.  En nie sommer net só nie!  Hulle het onmiddellik, die oomblik wat die album bekendgestel is, die #1…

Lees meer

COFFEE SNOBS SE NUWE ENKELSNIT, BRANDERKIND, GAAN OOR DIE SORGVRYHEID VAN KINDWEES EN ONVOORWAARDELIKE OUERLIEFDE.

Wanneer jy die lekkerluisterwysie en hoendervleismooi lirieke van die Huisgenoot Tempo-benoemde duo – Coffee Snobs – se nuwe enkelsnit hoor, verstaan jy onmiddellik hoekom hulle so gewild is onder Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers. BRANDERKIND, wat gaan oor hulle seuntjie en die see, is ’n goedvoel-kontemporêre snit wat dit regkry om die sorgvryheid van kindwees, asook onvoorwaardelike ouerliefde, perfek vas te vang. “Ek is baie lief vir die see, dit is my gunsteling deel van die skepping en ek voel geanker hier. Al voel dit of die wêreld inmekaar tuimel (soos die laaste…

Lees meer