NA 16 JAAR BREEK PROPHET DIE STILTE IN POSISSIE #1 OP APPLE MUSIC SE CHRISTELIKE RANGLYS MET HULLE NUWE ALBUM, DIE KOLONIE.

MUSIEKVIDEO –

(JY KAN NIE SOMMER VIR MY SÊ NIE):     PROPHET – Jy Kan Nie Sommer Vir My Sê Nie (Amptelike Musiekvideo) – YouTube

FOTO KREDIET:                                             Karin Amm

PROPHET se aanhangers, wat reeds vir jare vra dat die duo weer hulle stem laat hoor, sal bly wees om te hoor dat hulle met die vrystelling van ’n nuwe album, DIE KOLONIE, op  6 April 2021  hulle stilte van sestien jaar verbreek het.  En nie sommer net só nie!  Hulle het onmiddellik, die oomblik wat die album bekendgestel is, die #1 posissie op Apple Music se Christelike ranglys ingeneem!

In 1982 het Koos van der Merwe en Theo Geyser begin om mense die lewe te laat bekyk deur PROPHET se bril.  Dit is nou honderde optredes, 10 CD’s, twee SAMA-benoemings, en 7 ATKV Liertoekennings later, maar PROPHET het sedert 2005 nog nie weer ’n album die lig laat sien nie.

Album cover.

Hierdie twee doktore skok en inspireer oudergewoonte weer. DIE KOLONIE is ‘n album wat nie skroom om te sê wat gesê moet word nie. Vanaf die selfverryking van politici en kerkleiers, die misleiding van armes, die ontnugtering van Hollywoodliefde, tot die diep dors wanneer geloof by sy doodloopstrate kom – alles tema’s waaroor Prophet poëties protesteer en lamenteer. Tog het hierdie album ook sy vrolike oomblikke van dankbaarheid en die mooiheid van die liefde.

As jy op soek is na ’n album wat skop, maar terselfdertyd ook lawe, is hierdie een vir jou! DIE KOLONIE gaan jou laat dink en dans… en dalk ook laat huil of kwaad word. Maar een ding is seker, jy gaan weet dat jy hier nie te doen het met speletjiesmusiek nie.

Dit skop!

Hoe dan anders?

Dis PROPHET…  alive and well and living in the Colony of South Africa.

LYS VAN SNITTE OP DIE ALBUM:

1. Jy Kan Nie Sommer Vir My Sê Nie 

2. Die Kolonie

3. Strate Van Goud

4. So Is Dit Met My Hart

5. Freedom Song

6. Dankbaar En Tevrede

7. Huil Maar Nou

8. Sweetness

9. Ek Kuier Vanaand By Rachel de Beer 

10. Dagbreek

11. Magtelose Maan

12. Laat My Sien

Alle lirieke, en musiek vir 4, 6, 10, 12: Koos

Musiek vir die res: Theo

Die album is op alle digitale platforms hier beskikbaar:

Distrokid: (Apple / Amazon / Spotify) https://distrokid.com/hyperfollow/prophet37/die-kolonie

SBM Bandcamp: https://stonebearmayor.com/album/die-kolonie

SOSIALE MEDIA SKAKELS:

Facebook: @Prophetmusiek

Instagram:  @prophet_houtkruis

Website:  www.prophetmusiek.com

Vriendelike groete


STARBURST PROMOTIONS
Alishia van Deventer – CEO: STARBURST PROMOTIONS & MUSESTAR MANAGEMENT

Related posts