REGGIE PEACE WYS LIEFDEVOLLE KANT MET NUWE ENKELSNIT, TROU MET MY.

Die veelsydige akteur, sanger en liedjieskrywer Reggie Peace oftewel Reginald Hufkie, is terug met ‘n splinternuwe enkelsnit uit sy eie pen na die sukses wat hy behaal het met sy vorige snit, African Queen, in samewerking met Petronel Baard en Kayczwe Nkosi.

Trou Met My handel oor ‘n man wat die liefde van sy lewe vra om met hom te trou en of sy die pad stroom-op saam met hom sal stap. Alhoewel hierdie ‘n fiktiewe storie is, het Reggie sy hart op papier gelos en glo dat luisteraars van hierdie liedjie, daarby sal aanklank vind.

“Tog dink ek dat almal ‘n longing het vir ware liefde en ware liefde is waaroor die figuurlike storie gaan. Ek het dit gekies om vir mense te wys dat daar ook ‘n ander, sagte / liefdevolle kant aan Reggie Peace is,” vertel Reggie.

 Trou Met My, Reggie se twaalfde enkelsnit,is vervaardig deur Calvin Botha (DJ Darkness) en die musiek was vir Reggie so spesiaal dat hy eenvoudig lirieke daarvoor moes skryf.

Reggie werk al sedert 2011 in die vermaakbedryf en was oor die jare deel van verskeie suksesvolle kortfilms, verhoogproduksies, advertensies, televisieprogramme en musiekgroepe.

As solo-kunstenaar, is hy veral bekend vir enkelsnitte soos  Frequency, Do It – Peacemaker, Hoekom?, Kos Op Die Tafel (KODT), All That Matters, Better, en Move. Hy is tans besig om te werk aan materiaal vir sy album én met die voorbereiding van Onvertelde Verhale wat op Trots TV uitgesaai gaan word.



Kry TROU MET MY hier:

Apple Music: https://music.apple.com/za/album/trou-met-my-single/1559692997

Spotify: https://open.spotify.com/track/0WffAp60uD1LvzJm4Hmcef?si=v0TZ6Cj7SfKzVhk5BspgCQ

Youtube Music: https://music.youtube.com/watch?v=Be8M75Rg118&feature=share

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Reggie Peace

Facebook: https://www.facebook.com/ReggiePeaceInt/

Instagram: @reggiepeace

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

Related posts