HET JY OOK SOOS WIT KASTEEL ‘N VRIEND WAT ALTYD KANS SIEN VIR, NOG EEN?

Nie Covid-19 of die grendeltydperk kon in die pad van die gewilde Pretoria rockgroep, Wit Kasteel, staan om hulle doelwit te bereik nie. Hulle het seker gemaak dat hulle gedurende 2020 ‘n stewige vastrapplek in die musiekbedryf kry met die uitreiking van hulle splinternuwe album asook twee baie populêre enkelsnitte, Toegewyd en Herinnering.  Natuurlik was daar tydens die grendeltydperk, maar min geleenthede vir samesyn en lekker kuier, maar musiek het altyd ‘n manier om almal bymekaar te bring en daarom is hulle volgende enkelsnit, NOG EEN, perfek gepas vir hierdie tyd waarin ons onsself nou bevind.

NOG EEN is ‘n lekker voelgoed, kuier-liedjie, wat gebasseer is op die bekende woorde van daaí een vriend wat altyd kans sien vir nog een“Met die onsekerheid oor die toeganklikheid na die eenvoudige vermaak, kuier en plesier gedurende inperking, het ons selde geleentheid gevind om saam te kan ontspan en iets te neem vir die gemoed. Maar wanneer die geleentheid sy opwagting gemaak het, het ons die meeste daarvan gemaak. Ons hoop dit word ‘n Afrikaanse tema-lied vir ‘n lekker kuier, hetsy braai of ‘n aand uit saam met jou vriende”, vertel Reinard Kruger, baskitaarspeler vir die groep. 

Die vier manne van Wit Kasteel het self die lied geskryf, in samewerking met Hugo Ludik (ADAM/Muse Studios), asook Nick Jordaan (Rubber Duc). Die liedjie is vervaardig deur Hugo Ludik en Amiel Gopal van Muse Studios.

Wit Kasteel het ook ‘n vrolike lirieke musiekvideo gemaak. Kyk die video hier: https://youtu.be/DieB6WMQEBw

Die groep bestaan uit Clemond Dartnall (hoofsanger en kitaarspeler), Ernst Nieuwoudt (hoofkitaarspeler), Reinard Kruger (baskitaarspeler en sanger) en Waldemar Behr (dromspeler).

Wit Kasteel met hulle unieke klank is gereed en baie opgewonde om landswye vertonings te hou, noudat die inperking effens gelig is en wat is beter as om dit af te skop met NOG EEN!

Olka Bolka het met twee lede van Wit Kasteel gesels om bietjie meer oor hulle uit te vind:

Clemond Dartnall – Hoofsanger

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Pretoria

Wat het jy na Matriek gedoen?

Gaan swot “Adventure Tourism” toe gaan werk ek.

Wat doen jy behalwe musiek, stokperjies?

Ek spandeer saam my vrou en kind tyd, hou van braai, kuier saam familie en vriende. Ek hou van gym en dan speel ek online xbox saam my bra’s online.

Hoe en wanneer het jy lid van Wit Kasteel geword?

Ek Clemond het Wit Kasteel begin in 2011 saam n ander vriend van my, TOE HET Waldemar by gekom en toe Reinard. Toe in 2017 het Ernst Nieuwoudt ons span gejoin. 

Vertel my van jul nuutse enkelsnit?

Nog Een gaan oor daai een ou wat net nie einde het nie. Wat Nog Een en Nog Een tot hy le hahaha maar dit is ons “Brannewyn Kreet”

Skryf julle self jul liedjies?

 Ons Skryf saam ja.

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

 Rustige Familie Ou wat my eie besigheid mind. Hou van braai familie tyd en lekker by kuier plekke.

Hoe het jy 2020 ervaar?

Dit was rerig n baie moeilike jaar gewees vir baie mense maar ons moet nie opgee nie, soos ons liedjie Toegewyd se, BLY Toegewyd aan jouself en jou drome al gaan dit hoe sleg.

Watse invloed het covid op jou musiekloopbaan gehad , en nog steeds?

 Covid het maar n lelike invloed op klomp mense gehad, familie lede wat ons verloor het, My Oom het ongelukkig die stryd verloor teen covid en daar is baie mense daar buite wat vriende en familie verloor het. Dan om nie te praat van besighede, werkloosheid en die lys kan nog aangaan. Wat die musiek bedryf aanbetref is dit verskriklik erg… Ons mag nie meer feeste doen nie, optredes word gemaak en dan word dit weer gekanseleer, Mense of Venues wat jou book het nie meer die budget om kunstenaars te boek nie en en en… Maar Wit Kasteel bly nogsteeds staan, JA ons opvoerings word gekanseleer maar ons is nou besig met n Intiem Met Wit Kasteel.

Waar ons 4 by jou huis n vertoning doen met ons acoustic kitare en Nar met sy kagon waar ons bietjie intiem is met die mense en meer dieper ingaan met die liedjies. Ons ontleed die liedjie, vertel vir die mense van die liedjies en as die mense vra het kan hull eons sommer daar vrae en ons beantwoord dit.

Met Covid en als wat gebeur in die wêreld, hoe sal jy seker maak dat jou musiekloopbaan momentum hou?

Om die hele tyd nuwe songs en music videos vry te stele n dan die Intiem met Wit Kasteel.

Waarna luister jy en hoekom?

Ek luister nogals baie musiek en enige goeie musiek van pop na dub step, metal ens. Maar ek hou maar van my old school rock classics en dan blues rock.

Som jul musiekstyl in een sin op?

Afrikaanse/pop/hard/classic rock met n taste van alles.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek is bang vir haaie en het hoogtevrees… maar ek het in 2006/7 valskerm gespring en rock climbing gedoen… maar eish nou nie sommer weer nie. 

Waarmee is jy op die oomblik besig?

Om die vrae in te vul 😉 ons besig met Intiem met Wit Kasteel en dan oefen ons maar so bietjie. 

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Volgende vir Ons as band is om Wit Kasteel daar buite relevant te hou, sodat waneer die hekke oopgaan vir feeste en live shows, da tons lekker bookings kry.

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees?.

Bryan Johnson van ACDC of Blink-182 maar daar is so baie… Johnny Cash, Elvis Presley ens…

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek

Old school Classic Rock en Blues Rock.

Sanger

 Brian Johnsen van ACDC en Freddie Mercury van Queen

Band

ACDC, Kaleo en The Black Keys maar het baie bands… 

Gunsteling liedjie

Ek het te veel… Money Talks, No Good, Lonely Boy.

Rolprent..

Top Gun, Notting Hill, Bad Boys 2, Ghost. Hou van te veel… 

Akteur

Steve Carrel, Will Farrel ens

Reeks

Office, Suits en SEAL TEAM.

Kos en drankie

Pizza of enige iets met vleis en dan natuurlik Brannas en Coke.

Ontspanning

Saam familie tyd spandeer, Gym en dan xbox.

Boek

Kan n mens dit eet…? Ek lees nie sommer nie ek like om eerder die dokumenter te kyk of die reeks. Maar ek was mal oor Fiela se Kind, Kringe in die bos en die Spud reeks.

Vakansie bestemming

 Bos of Kaap

Kleur

Swart

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

 Fake mense, mense wat neer kyk op ander, vlieë, muskiete en pis potte. Hahaha

Reinard Kruger – Wit Kasteel

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Ek is gebore in Pretoria en het in Pretoria groot geword. 

Wat het jy na Matriek gedoen?

Ek en my beste vriend het ‘n “gap year” geleentheid geneem en is Engeland toe, en het op geëindig in Skotland vir 8 maande. 

Wat doen jy behalwe musiek, stokperjies?

Die lewe raak soms erg besig, so enige iets rustig is altyd ‘n bederf slag. 

Ek hou baie van braai en tyd spandeer saam met my vrou en vriende. 

Elke nou en dan is dit ook lekker on die PlayStation bietjie af te stof en duime moeg te maak. 

Hoe en wanneer het jy lid van Wit Kasteel geword?

Ek is sedert 2014 ‘n lid van Wit Kasteel nadat ek ‘n “Facebook post” gaan “Like” het waarin Clemond gevra het, “Wie speel bas kitaar”. 

Hoe het jy 2020 ervaar?

2020 was verseker ‘n interesante jaar. Ons het dit deur die inperkings tye dit reg gekry om ‘n hele album by mekaar te sit end it was vir ons baie lekker. 

Watse invloed het covid op jou musiekloopbaan gehad , en nog steeds?

Ons mis dit vreeslik om op te voer. Met alle feeste wat uit gestel is is dit vir ons die grootse nadeel. Ons sien baie uit om weer te kan toer en musiek te maak. 

Met Covid en als wat gebeur in die wêreld, hoe sal jy seker maak dat jou musiekloopbaan momentum hou?

Ons is konstant besig om aan nuwe maniere te dink hoe om ons musiek by ons aanhangers uit te kry. Hou ons op alle sosiale media platforms dop. 

Waarna luister jy en hoekom?

Ek het taamlik ‘n wye musiek smaak. Ek geniet veral classic rock, 80’s synthwave en prober soveel as moontlik nuwe musiek luister as moontlik. Ek dink dis belangrik om balans te hê, veral in musiek, omdat daar so baie goeie musikante in die wêreld is. 

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek steel soms my vrou se “klein kouse” om saam met my All Stars te dra. (Sorry Skapie) 😊  

Waarmee is jy op die oomblik besig?

Ek tik en luister musiek. 

Wat inspireer jou?

Goeie tye saam met my vrou, vriende

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Andea Bocelli: Hy het vir my die mooiste stem en glo hy sal ‘n baie vriendelike kunstenaar wees om saam mee te werk. 

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek

Classic Rock en 80’s Synthwave

Sanger 

Andea Bocelli

Band

System of a Down en Jimmy Eat World

Gunsteling liedjie

Chop Suey – System of a Down

Rolprent

Terminator 2

Akteur 

Gary Oldman

Reeks

Kitchen Nightmares – Gordon Ramsey

Kos en drankie

My vrou se spaghetti bolognaise en ‘n Windhoek Draught.

Ontspanning

Op my stoep sit en ‘n bier drink

Boek

12 Rules for Life – Jordan Peterson

Vakansie bestemming

Kusadasi in Turkye

Kleur

Swart en Blou

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Om in rye te staan

Onbedagsame mense

Hadock Vis

Weereens om in rye te staan

NOG EEN is beskikbaar op hulle album Toegewyd. Laai dit hier af:

https://smarturl.it/Toegewyd-DieAlbum

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook:https://www.facebook.com/WitKasteel/

Instagram: @witkasteel

Twitter: @witkasteel

Webblad:www.witkasteel.co.za

YouTube:https://www.youtube.com/user/witkasteel

PUBLISITEIT EN BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Gizela Arndt

Sel: 0833996869

E-pos: gizela@starburstmusic.co.za

Webblad:  www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →