Gewilde folk-sanger, Faraway George, het vroeg in 2020 sy langverwagte album, Burnt & Found vrygestel.
Hy het vanaf hierdie besonderse album drie indrukwekkende enkelsnitte uitgereik, naamlik Sugar Cane, Armour en Hey Sister, wat baie goed deur radiostasies landwyd ontvang was en steeds op verskeie stasies gehoor kan word.
Nou volg Faraway George sy vorige sukses op met die vierde enkelsnitt, HOLD UP wat ook beskikbaar is op sy album, Burnt & Found.
HOLD UP is geskryf deur Faraway George en sy broer, Fritz Günter.
“Die lied sou oorspronklik dieselfde titel as die album kry, Burnt & Found, maar ons het besluit op HOLD UP aangesien dit beter aanpas by die storie van die lied,” vertel Faraway George.
“HOLD UP gaan daaroor dat jy twyfel in jouself moet oorkom en hoe jy die liefde van jou lewe ontmoet langs die pad en dan saam vorentoe beweeg. Dit verwys ook na hoe mens mekaar volg en lei in ‘n verhouding,” sê hy.
Faraway George se musiek kan beskryf word as ‘n mengsel van Folk-akoesties en Indie, met elemente van Country wat plek-plek deurskemer. Sy musiek inspireer en laat jou fokus om die dinge in die lewe te waardeer en te fokus op wat belangrik is, eerder as op die geraas van aardse dinge.
Laai die enkelsnit hier af:
Apple Music: https://music.apple.com/za/album/hold-up/1500155473?i=1500155480
Spotify: https://open.spotify.com/track/1UqVytNXGwJYNIoI98rVT8?si=HGTNehBFRVajtmRHaX7QMQ
Sy album Burnt & Found is ook op alle digitale platforms beskikbaar. Laai dit hier af: https://music.apple.com/za/album/burnt-found/1500155473
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/farawaygeorge/
Instagram: @farawaygeorge
Twitter: @farawaygeorge
Website: www.farawaygeorge.co.za
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UC4-5u-ateqvGpPZS-Xh5IHg
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alani Coetsee
Sel: 072 442 6918
E-pos: alani@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za
STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST