JAK EN DIE RANKPLANT – Kort Animasiefilm

Die kortfilm het sy ontstaan gedurende inperking gehad toe teatermaker Kosie Smit en komponis Dawid Boverhoff besluit het om saam te span en goeie vermaak te skep. Kosie is verantwoordelik vir die teks, animasie en redigering. Dawid het die musiek geskryf, musiekregie behartig en saam met Kosie die produksie se regie aangepak. Die projek het ‘n bekoorlike handgemaakte gevoel en beide Kosie en Dawid het alles wat hul in die huis kon vind, gebruik om die kortfilm te maak.

Jak en sy Ma woon in ‘n vervalle klein huisie buite die dorpie Welgedra. Jak is ‘n baie skeppende knaap wat versot is daarop om konsertklere te maak waarmee hy mense poetse bak. Alles was lekker pret tot sy Pa eendag só groot  geskrik het  dat hy sommer weggehardloop het. Nou moet Ma alleen vir Jak  grootmaak en geld en kos is skraps. Sal Jak ‘n plan kan beraam dat hul kan geldmaak om aan die lewe te bly?

Jak en die Rankplant is ligweg gegrond op die bekende sprokie. Met Tobie Cronjé as die stem van Frikkie die reus, oorspronklike teks en nuwe liedjies, beoog hierdie kortfilm om die hele gesin te betower. Hendré Calitz vertolk die stem van Jak, Zahné Durand is Jak se vriendin Magdil en talentvolle komediant Anel Wood gee lewe aan Ma.

Stemkunstenaars

Tobie Cronjè – Frikkie die reus

Hendré Calitz – Jak

Anel Wood – Ma

Zahné Durand – Magdil

Teks, animasie & redigering

Kosie Smit

Musiek, musiekregie & klankbaan

Dawid Boverhoff

Regie & vervaardiging

Kosie Smit

Dawid Boverhoff

Tydsduur: 33 minute

Aanlyn vanaf 1 Mei 2021

Besprekings en kyk by www.quicket.co.za

(Aanlyn skakel https://www.quicket.co.za/events/136102-jak-en-die-rankplant/ )

Kortfilm, musiekblyspel, komedie

Geskik vir die hele gesin

Vir navrae kontak Kosie Smit by 079 631 7143 of e pos by 1kosiesmit@gmail.com

FACEBOOK – JAK EN DIE RANKPLANT

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →