Fondsinsameling “Vir Claudie”Saam Die Legende Thys die BosveldKlong en Vriende InniBos!

Live Music Bands saam met Thys die Bosvelklong wil graag U hulp vra om ‘n klein mensie se lewe te help verander. Claudia du Preez is iemand wat werklik ons hulp nodig het en daarom wil ons U nader om ons te help indien dit moontlik is.Claudia is gediagnoseer met Diskinetiese Serebrale gestremdheid, wat dit beteken is dat die gedeelte van die brein wat haar spiere moet beheer skade opgedoen het. Dus kan sy op 5 jarige ouderdom nog nie self sit, kruip of praat nie. Omdat sy nie beheer…

Lees meer

Adam se Hugo Ludik, verras sy bruid met spesiale lied op hul troudag!

Die stigterslid van ADAM, Hugo Ludik het eindelik die knoop deurgehaak met sy pragtige Danieka op 16 April by ‘n spog troue vir naaste familie en vriende.  Tydens hierdie geleentheid het Hugo sy bruid verras met ‘n liedjie wat hy spesiaal vir haar geskryf het, Pa Se Hand. Die groep het besluit om nie die lied lewendig op te voer nie en Danieka het hierdie lied vir die eerste keer gehoor toe hul as paartjie die dansvloer open. Alhoewel hulle saam op ‘n ander liedjie besluit het waarmee hulle die…

Lees meer

NUWE ROCKSENSASIE GAAN SUID-AFRIKA LAAT REGOP SIT!

KREDIET VIR FOTOS:                             Terse Photography Hy loer agter sy donker sonbril uit; en met ’n stil en half skugter kyk in sy oë trek hy jou in. Daar is iets magies omtrent hom, hierdie gebore Vrystater wat lankal reeds Pretoria sy huis noem. ’n Oud Affies-leerling en COPA-student. ‘Iets’ maak dat jy nie kan ophou om vir hierdie twee-en-twintig-jarige jong man, met die swart leerbaadjie en stywe jeans, te kyk nie. Dalk is dit al die tatoes – daar is verseker stories daar iewers diep ingeteken…  Sy oë glimlag deurentyd versigtig…

Lees meer

Riempies wen Beste Nuweling toekenning by Afri-Indie Toekennings!

Daar is ‘n nuwe talent in die musiekbedryf. Riempies (Johann Oberholzer) wen ‘n Afri-Indie onafhanklike toekenning vir beste nuweling. Die funksie is gehou op 28 April en is deur sangeres, Rea Le Roux gereël. Ons gaan nog baie van Riempies hoor, met sy pragtige stem en wonderlike lirieke het hy klaar ‘n wenresep. BIOGRAFIE Riempies (gebore Johannes Barnard Oberholzer) is ñ Afrikaanse sanger vanaf Ellisras, Limpopo. Hy wou van ñ baie jong ouderdom af al sing en mense vermaak, maar ongelukkig was sy drome verwoes deur ñ musiek onderwyser wat…

Lees meer

GROET DIE GROTMAN 2 KOM KUIER IN HEIDELBERG MET WYSHEDE EN KWINKSLAE!

Dit is twintig jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud … of is hulle?  Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings.  Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, eposse, iPhones, Facebook, Twitter en aanlynkonserte.  Die verskille tussen Mans en Vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus.  Die skreeusnaakse Wynand (Karate Kallie) van Vollenstee is te sien in die rol van Grotman 2, en Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie.  Groet die Grotman 2 besoek Adler’s…

Lees meer

Ondersteun Catherine Robson Kinderhuis op 23 Mei 2021.

Kom geniet jouself met goeie musiek en hope vermaak vir oud en jonk by Wild Stallion Restaurant in Sasolburg en ondersteun die kinders van Catherine Robson Kinderhuis. The Chorus Project, ’n kunstenaarbemarkingsagentskap in die Vaaldriehoek, samel op 23 Mei 2021 fondse, klere en blikkieskos in vir Catherine Robson Kinderhuis en ander behoeftiges met ’n pretbelaaide dag by Wild Stallion Restaurant, Pub, Car Wash en Venue in Sasolburg (HF Verwoerdstraat). Kaartjies vir hierdie feestelike dag, is by die hekke te koop en kos R30 slegs R30 per volwassene. Kinders onder die…

Lees meer

YsterperdTert: Judith Kea saan met Kobus Stix Droskie reik hul eerste enkelsnit as groep uit – Praat met my .

Die rock-‘n- roll-groep , YsterperdTert, het met hul heel eerste enkelsnit, Praat met my,  ‘n kans gewaag wat hulle óf  soos ‘n keffende brakkie aan die hakke kon hap óf waarmee hulle met die figuurlike lourierkrans kan wegstap. YsterperdTert, wat bestaan uit Judith Kea en Kobus Stix Droskie, het soos motorfietswaaghalse die  rock ‘n roll-prinses  van Fleetwood Mac,  Stevie Nicks,  se treffer Talk to me in Afrikaans vertaal,  en daarmee ook hulle grande entreé tot die Afrikaanse rock-‘n-roll-mark gemaak. Maar Judith, wat onlangs by die Onafhanklike Afrikaanse Musiektoekennings met die…

Lees meer

Bekende SA-Groep, Rubber Duc, bring hulde aan alle moeders met nuwe enkelsnit.

Om Moedersdag op 9 Mei te vier, het die gewilde en geliefde groep – Rubber Duc – besluit om die land met ’n splinternuwe enkelsnit te bederf. MAMA vier die een persoon wat altyd daar is en ’n liefde wat nooit ophou nie – ’n moeder se liefde.   Om Moedersdag op 9 Mei te vier, het die gewilde en geliefde groep – Rubber Duc – besluit om die land met ’n splinternuwe enkelsnit te bederf. MAMA vier die een persoon wat altyd daar is en ’n liefde wat nooit ophou…

Lees meer

VIER MOEDERSDAG MET HELENE BESTER IN SPRINGS MET HULDEBLYK AAN NANA MOUSKOURI!

Helene Bester bring in haar produksie – Helene Bester sing Nana Mouskouri – hulde aan hierdie ikoniese Griekse sangeres.  Bester se produksie is onder groot toejuiging by die Oppiwater Kunstefees in 2019 bekendgestel en toer sedertdien die land vol.  Die teks en regie word hanteer deur Frans Swart van Lefra Produksies en musiekregie is te danke aan Heinrich Pelser.  Die produksie word spesiaal vir Moedersdag op Sondag, 9 Mei om 12:00 by Fabu-leaux in Springs aangebied.  Die dag se verrigtinge skop met ‘n heerlike driegangmaaltyd om 12:00 af.  Nadat daar…

Lees meer

VAALDRIEHOEK DUO, VICTOR BRAVO, VEREER MET TWEE AFRI-INDIE-TOEKENNINGS!

Victor Bravo, ’n musiekgroep uit die Vaaldriehoek, het op 28 April 2021 twee toekennings losgeslaan by die eerste Afri-Indie Onafhanklikekunstenaartoekennings wat by Platteland in Centurion gehou is. Die duo, wat bestaan uit Weco van Basten en Jopie Pienaar het ’n sertifikaat gewen vir Beste Duo-enkelsnit vir hulle oorspronklike liedjie, Skemer, en ’n trofee vir Beste Algehele Enkelsnit vir hulle debuut-enkelsnit, Breakway Line.   Dié lied, wat ook spog met ’n pragtige musiekvideo (waarin Jopie en sy vrou Rhoda Hartzer die hoofrolle speel), is deur Weco geskryf vir sy vrou en…

Lees meer