Ondersteun Catherine Robson Kinderhuis op 23 Mei 2021.

Kom geniet jouself met goeie musiek en hope vermaak vir oud en jonk by Wild Stallion Restaurant in Sasolburg en ondersteun die kinders van Catherine Robson Kinderhuis.

The Chorus Project, ’n kunstenaarbemarkingsagentskap in die Vaaldriehoek, samel op 23 Mei 2021 fondse, klere en blikkieskos in vir Catherine Robson Kinderhuis en ander behoeftiges met ’n pretbelaaide dag by Wild Stallion Restaurant, Pub, Car Wash en Venue in Sasolburg (HF Verwoerdstraat).

Kaartjies vir hierdie feestelike dag, is by die hekke te koop en kos R30 slegs R30 per volwassene. Kinders onder die ouderdom van dertien kan gratis ingaan.

Talle topklas musikante en sangers, waaronder Nicholis Louw, Soné Joubert (The Voice), Greunen Parker, Victor Bravo, Carla, Bella Q, Jaco Briel, Mirandi, Rocket en Jesus se Lappop, sal gedurende die dag besoekers vermaak, met DJ Babs as seremoniemeester. Daar is ook heerlike groot speelplek om die kinders besig te hou.

Daar is ook heerlike pryse om te wen, wat wissel van ’n kampwegbreek vir vier by Westvaal Holiday Resort, tot kostuumjuwele en selfs ’n kas bier.

Besoekers is ook welkom om ou klere, komberse en nie-bederfbare kos te skenk op die dag, wat aan organisasies uitgedeel sal word wat swaar deur die Covid-19 pandemie getref is. Ou komberse sal aan die plaaslike SPCA-takke versprei word.

Besighede wat graag groter finansiële donasies aan Catherine Robson Kinderhuis wil maak of meer inligting wil hê oor dié projek en dag, kan vir Charné of Rettie van The Chorus Project kontak op 079 017 7856.

The Chorus Project wil ook van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê vir die borge wat reeds betrokke is: Wild Stallion Restaurant, Pub, Car Wash and Venue, Cow & Bull, Forevermore Industries, Real Sounds, Westvaal Holiday Resort, Kobus Kruger Photographer, Maverick Spur (Three Rivers), VCR 90.6 FM, Mooivaal Media en IFM 102.2 FM. 

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →