Daar is ‘n nuwe talent in die musiekbedryf. Riempies (Johann Oberholzer) wen ‘n Afri-Indie onafhanklike toekenning vir beste nuweling. Die funksie is gehou op 28 April en is deur sangeres, Rea Le Roux gereël.
Ons gaan nog baie van Riempies hoor, met sy pragtige stem en wonderlike lirieke het hy klaar ‘n wenresep.

BIOGRAFIE
Riempies (gebore Johannes Barnard Oberholzer) is ñ Afrikaanse sanger vanaf Ellisras, Limpopo.
Hy wou van ñ baie jong ouderdom af al sing en mense vermaak, maar ongelukkig was sy drome verwoes deur ñ musiek onderwyser wat vir hom op Laerskool gesê het hy kan nie sing nie en sal nooit ñ sanger kan wees nie. 2006 matrikuleer hy by Bosveld Akademie vir CVO in Thabazimbi. Na skool begin hy in kroeë te werk totdat hy as rep by een van die land se grootste drankmaatskappye werk. 2015 vra sy moeder hom of hy nie dalk ñ liedjie vir sy broer hulle in die kerk wil sing met hulle troue nie. Daar begin die sing gogga weer byt en begin hy met stemopleiding by C-Sharp Productions in Nelspruit. 2015 skryf hy met behulp van stem afrigter Coenie Naudé sy eerste liedjie “Rambo se boetie”. 2018 begin hy met klassieke sang opleiding by Eloff Vocal Studios in Ellisras. 2019 vestig hy hom weer in Ellisras Limpopo en tree hy as plaaslike kunstenaar op by Ellisras se Veldskoen Fees. 2020 is ñ groot jaar vir hom as kunstenaar. Hy stel drie enkelsnitte vry en skryf een van sy liedjies in vir Angel Music se liedjie skryf en sang kompetisie. Die Lied “Hoe vergeet ons weer” kry derde plek en in Oktober word die musiek video daarvan vrygestel. Desember word sy album “Ek is ñ Boer” vrygestel. 28 April 2021 ontvang hy ‘n Afri-Indie toekenning vir beste nuweling.
Diskografie:
Enkelsnit vrystellings
2020 Pa
2020 Rambo se boetie
2020 Mooivallei Skildery (duet saam met Jade Storm)
Album Vrystelling

2020 Ek is ñ Boer
Olka Bolka het met ‘n onderhoud bietjie meer uitgevind:
Waar is jy gebore en het jy grootgeword?
Ek is gebore in Ellisras en het groot geword in Thabazimbi/Rooiberg
Wat het jy na Matriek gedoen?
Na matriek het ek as kroegman by ñ plaaslike kroeg gewerk en later jare as rep by een van die land se grootste drank maatskappye
Wat doen jy behalwe musiek?
Ek werk tans as Optometriese Assistent by ñ Oogkundige Praktyk in Ellisras
Vertel my van jou Afri-Indie toekennings, jy het gewen as Best Newcomer?
Dit was vir my ñ groot eer om die trofee as “Beste Nuweling Van Die Jaar” te ontvang. Dit het vir my so onwerklik gevoel. Alles te danke aan ons Hemelse Vader wat my met hierdie wonderlike gawe geseën het. Ek is ook dankbaar vir Rea le Roux (Afri-Indie organiseerder) wat hierdie platvorm geskep het om vir ons as onafhanklike kunstenaars erkenning te gee vir ons harde werk en toewyding.
Skryf jy self jou liedjies?
Ek werk saam met fantastiese skrywers en het self al ñ liedjie van my eie geskryf. Dan het ek ook ñ paar liedjies saam met ñ goeie vriend van my geskryf.
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek is ñ gelowige, trotse en passievolle persoon. Ek lewe vir my afrikaner volk en taal.
Hoe het jy 2020 ervaar?
2020 het sy uitdagings gehad, maar het vir my ook gewys… waar daar ñ wil is is daar ñ weg. Ons kon nou wel nie optree nie, maar ek kon my liedjies se stem opname self doen en dit vir my vervaardiger stuur om te master. My album “Ek is ñ Boer” is saamgestel en vervaardig deur ñ groep mense wat mekaar nog nie van aangesig tot aangesig gesien het nie. So het tegnologie gehelp om alles moontlik te maak.
Watse invloed het covid op jou musiekloopbaan gehad , en nog steeds?
Covid het gemaak dat alle sosiale byeenkomste nie kon plaasvind nie en ek nie vir n ruk kon optree nie, maar ons kon darm staat maak op aanlyn konserte en digitale platvorms.
Waarna luister jy en hoekom?
Ek luister na n breë spektrum musiek en kan dus nie enige genre uitsonder as ñ gunsteling nie
Som jou musiekstyl in een sin op?
Ek kan nie my musiek in een styl opsom nie, ek doen verskillende style om my veelsydigheid te wys.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek is besig met klassieke stem opleiding by Eloff Vocal Studios
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Ek is besig met ñ hervrystelling van my album “Ek is ñ Boer”. Ek het ñ ekstra snit met die titel “Balketoe” wat by kom op die CD en die CD kry ñ vars “look & feel”. My album sal ook binnekort op al die digitale platvorms beskikbaar wees. Ek hoop om in die toekoms te kan toer en my musiek met almal te deel
Met Covid en als wat gebeur in die wêreld, hoe sal jy seker maak dat jou musiekloopbaan momentum hou?
Sosiale media en digitale platvorms
Wat inspireer jou?
Die liefde en ondersteuning wat ek van my familie, vriende en al my aanhangers af kry.
Wat is jou gunsteling:
Tipe Musiek
Afrikaans
Sanger
Ruan du Toit
Sangeres
Demi Lee Moore
Gunsteling liedjie
Monumentaal
Rolprent
The Punisher
Akteur
Johnny Depp
Aktrise
Jennifer Aniston
TV reeks en karakter
How I met your mother (Barney)
Kos en drankie
Braaivleis en Bier
Ontspanning
Deur die week na werk ontspan ek deur Tv te kyk. Naweke kuier saam met familie en goeie vriende
Kleur Oranje
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
As dit persoonlik is:
Leuens
skynheiligheid
hoogmoedigheid
agterbaksheid

Musiekvideo Vrystelling
2020 Hoe vergeet ons weer (YouTube)
Eksterne Skakels:
@RiEmPiEs | Linktree volg die skakel vir die volgende
Facebook :
Instagram:
YouTube
TikTok
Soundcloud : https://soundcloud.com/johann-oberholzer-738465776