Lu-Anel ‘n jong meisie met ‘n groot stem se talent en passie vir musiek gaan haar nog ver bring!

Lu-Anél is ‘n 14-jarige sanger van Gauteng. Sy is letterlik dinamiet in ‘n klein pakkie. Hierdie warm-hartige jong meisie met die groot stem se debuutalbum getiteld ‘my eerste stap’ het bestaan ​​uit 13 cover-liedjies en het uitstekend gevaar. Sy het ongeveer 4 jaar gelede begin optree, maar het begin sing nog voordat sy behoorlik kon praat. Een van Lu-Anél se video’s op Facebook het binne net 2 jaar al meer as 22,3 MILJOEN KYK bereik! Lu-Anél het haar eerste oorspronklike solo-enkelsnit getiteld ‘Moedershart’ in Okt 2019 opgeneem. Die musiekvideo is…

Lees meer

PORTUGUESE-SPANISH SINGER, MIGUEL PREGUEIRO IS BACK WITH NOT ONE BUT, TWO HOT NEW SINGLES!

It’s been almost eight months since we last heard from Portuguese-Spanish singer, MiguelPregueiro but he is back and has released two new singles titled “Hola” and “Loco”. Thesesexy-new afro-inspired Latin beats are the latest in Miguel’s releases with overseas producersRoc-Legion and Ramoon Musica. Following in the success of his previous single, “Solo” whichlanded on stations across SA and the Heart FM Top 40, these latest offerings are starting tocement Miguel in a sound that really resonates with the kind of artist he wants to be. “When Ifirst started in the…

Lees meer

Die boek van Hoop deur Marilize Terblanche-Swart.

Wanneer jy die boek vat en begin lees voel dit asof jy tussen die hartseer, liefde en hoop kan wegdwaal. Hier is ‘n uittreksel uit die voorwoord om jou ook lus te maak om die boek te kry want dis egte stories wat jou hart raak. “Hierdie boek was my droom vandat ek kan onthou…” – Die skrywerLank gelede was daar ‘n groot porseleinhond in ons sitkamer en gipsafdrukke teen die mure. Cora-Marie se stryd teen kanker was gereeld in die Huisgenoot en daardie kere is ek nie toegelaat om…

Lees meer

Anna-Marie Koen se debuutboek “Gulpflerrie” ‘n moet lees!

Anna-Marie Koen is in Worcester gebore. Sy was hoofmeisie by die Hoërskool Montana. Sy het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer, waar sy haar Meestersgraad(MA) in Sielkunde verwerf het.  Sy het vir dertig jaar as Sielkundige gepraktiseer.  Vyf jaar gelede het sy uitgetree en toe begin skryf.                               Anna-Marie se debuutboek “Gulpflerrie en ander seksstories” is twee jaar gelede gepubliseer. “Vroue het hulle seksuele fantasieë met my gedeel. Sy het 21 stories rondom dit geskryf. Die stories word ingekleur deur poësie. Die doel van “Gulpflerrie” is om paartjies se sekslewe op…

Lees meer

AANBIEDER/PLATEJOGGIE EN BEKENDE KUNSTENAAR SPAN KRAGTE SAAM EN REIK ‘N TREFFENDE NUWE ENKELSNIT UIT!

Wie sou nou ooit kon droom dat die gewilde aanbieder & platejoggie, Mack Rapapali en die talentvolle sanger, musikant en liedjieskrywer, Christiaan Baartman sou kragte saamsnoer en daarmee saam ‘n treffende enkelsnit getiteld, ‘N VRIEND SOOS JY vrystel!?  Wel, dit is presies wat nou gebeur en hier is dit nou! Christiaan en Mack het by ‘n onderhoud ontmoet en hulle het dadelik baie goed oor die weg gekom. ‘n Kort ruk daarna het hulle mekaar weer raakgeloop by ‘n kuier saam met gemeenskaplike vriende. “Ek het dadelik gesê hoe lekker…

Lees meer

Voormalige Overtone-lid, Emile Welman, spesiaal in Suid-Afrika om eerste Afrikaanse enkelsnit & musiekvideo vry te stel.

Die vyf-en-dertigjarige sanger en liedjieskrywer, Emile Welman wat in Pretoria gebore is en tans in Newport Beach, Kalifornië woon is geen gewone kunstenaar is nie. Loer jy so bietjie na sy Instagram-profiel kom jy baie vinnig agter hierdie “crooner” braai saam met Clint Eastwood, kuier by Charlize Theron en hang uit saam met ’n rits ander internasionale bekendes – ’n lewe van styl en swier, nét soos in die flieks! Kyk jy bietjie nader sien jy dit – OVERTONE – en vir jou Suid-Afrikaanse brein maak alles skielik sin!  Emile…

Lees meer

“ELKE DAG IS OPNUUT ’N KANS OM JOU DROME UIT TE LEEF,” SÊ ESTÉ GROSS OOR ENKELSNIT SAAM MET LEN MULLER.

Esté Gross se talent ken geen perke nie. Sy is nie net ’n bekende omroeper en nuusleser nie, maar ook ’n suksesvolle programsamesteller en rubriekskrywer. Verder, is die veelsydige vrou ook ’n sangeres en liedjieskrywer – ’n talent wat sy baie goed aangewend het met die skep van haar tweede enkelsnit, HEMELRUIM, wat pas bekend gestel is. Hierdie liedjie, wat Len Muller as gaskunstenaar saam met haar sing, gaan daaroor om die beste te maak van elke dag. “Elke dag is opnuut ’n kans om jou drome uit te leef,”…

Lees meer

TREFFENDE ENKELSNIT VRYGESTEL OM SUPERHELD-TEMA VAN NUWE KINDERBOEK, MY FAMILY OF SUPERHEROES, TE KOMPLEMENTEER.

Plaaslike skrywer, Zinhle T. Matthews is die naam op almal se lippe na die vrystelling van haar eerste kinderboek, MY FAMILY OF SUPERHEROES, waarin sy baie slim te werk gaan om positiewe bevestiging te gebruik om kinders te help om hulle innerlike held te ontdek.   Om die sukses van hierdie briljante boek te vier, het sy pas ’n ewe indrukwekkende enkelsnit vrygestel met die naam KE NALE MATLA (wat “ek is sterk of ek het die krag” beteken). Hierdie duet deur Mmatema en Katlego Ntsele is nou in digitale…

Lees meer

CINDY-LOUISE VIER VROUWEES MET NUWE ENKELSNIT.

Daar is iets onweerstaanbaar omtrent ’n vrou met selfvertroue; iets wat sê dat jy haar nie moet onderskat nie, want sy is slim, sterk en beeldskoon. Die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, Cindy-Louise, se nuutste enkelsnit – FEMME FATALE – vier vrouwees op ’n humoristiese manier. “Wees nou maar eerlik, ons vroue weet dat ons in beheer is,” sê die sangeres. “Vroue is sterk, slim en talentvol. Ons is gebore leiers. Ons bewys dit elke dag… en ons doen dit in hoëhakskoene!” Cindy-Louise wou graag ’n liedjie skryf wat vrouwees vier.…

Lees meer

JUAN BOUCHER EN SY SHAMODENE DEEL SPESIALE OOMBLIKE VAN HULLE GROOT DAG IN NUWE MUSIEKVIDEO!

Juan Boucher het beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie bekroonde sanger, met sy growwe stem, lekkerluister-lirieke en ritmiese musiek, het oor die jare diep in sy ondersteuners se harte kom inkruip. Vandag, stel hy ‘n splinternuwe musiekvideo bekend. En hierdie is nie sommer net ‘n gewone video nie. Dit is ‘n video van hom en sy vrou, Shamodene, se troue! “Ons het op 24 Maart 2021 in Nylstroom (Modimolle) by die Kutaba Bush Lodge getrou. Ek het die liedjie TROU vir haar ook op ons troue gesing,” vertel Juan. Die…

Lees meer