JP White ft Lollie White se nuutste enkelsnit, “Sal jy ja se”

Dit is verseker nie net ‘n sterk pop melodie nie, die titel verklap met die eerste oogopslag dat dit
‘n liefdesliedjie is, een wat spreek met diegene wat besig is met ’n plan:
’n Plan om die JA-woord te vra.
Die Springs-sanger JP White het die afgelope paar jaar sy plek in Suid-Afrikaanse
musiekliefhebbers se harte verseker losgesing, en bekoor hy deesdae gehore regoor die land
met sy gewilde en energieke optrede styl.
JP se vorige enkelsnitte “Hier in my hart” asook sy mees onlangste snit “Onbeplan” is goed
deur plaaslike, internationale radiostasies en die publiek ontvang, hiermee saam het JP reeds
homself as ‘n Afrikaanse popsanger kom vestig.
Met “As jy ja sê” skroom hy en suster Lollie glad nie om met die beste duo’s in die pop genre
musiekwêreld mee te ding nie.
JP en Lollie is beide super trots om aan te kondig dat hulle nuwe enkelsnit “Sal jy ja se”
uiteindelik hier is, reg om Afrikaanse musiekliefhebbers se harte te verower”.
JP se opgewasse maar tog kinderlike en liefdevolle persoonlikheid oorheers sy verhoog
persoonlikheid. Daarmee saam bring hy ’n egtheid aan die woord POPSTER, wat jonk en oud
aan sy lippe laat hang.
Gooi dit saam sy suster Lollie se warm klanke; en jy ontvang die perfekte pasmaat vir “Sal jy ja
sê”.
JP noem dat “Sal jy ja sê” nie sy gewone musiekstyl beskryf nie, maar wel iets nuuts is wat hy
en sy geliefde suster saam probeer het.
Hulle beide glo en vertrou dat die luisteraars dit net soveel sal geniet soos hulle doen.

“Sal jy ja sê” is opgewek, deurdink in liriek, sprokies mooi en ‘n ware liefdesliedjie met ‘n twist,
as hulle die lied moet opsom kom die woorde; verlief, lekker, sokkie onder die maanlig by hulle
op en bied dit aan enige iemand wat hierna luister ‘n gedagte van die oomblik wat hulle self die
‘Ja-woord’ wil vra, so ook vir diegene wat kan terugdink aan hulle eie ervaring.
“Sal jy ja sê”, wat geskryf en verwerk is deur die befaamde liedjieskrywer en verwerker Vincent
Gordon, is ‘n liefdesverhaal popliedjie wat alles saamvang wat ons eintlik beplan om vir die een
waarvoor ons lief is te sê.
Die koorgedeeldte neem dit so mooi saam: “sal jy ja sê as ek jou vra, om te dans onder die
volmaan, sal jy ja sê as ek jou vra, om myne te wees, net myne te wees”.
JP noem die dag toe hy die liedjie vir die eerste keer in studio hoor het hy dadelik geweet het hy
moet dit aanpak met beide hande. Hy besluit toe om dit vir sy suster te speel waarna hulle saam
‘n unieke skryfstuk tot sy eie reg gebring het.
Dit was nog altyd hulle droom om ‘n duet saam op te neem, en die liedjie het hulle onverwags
soos ’n handskoen gepas.
Lollie behartig reeds die agtergrond stemme op vele van JP se liedjies wat die lig gesien het en
sukses behaal het.
JP en Lollie se grootste wens is dat die liefde van “Sal jy ja sê” almal se harte sal aanraak en
hartsnare sal roer wanneer hulle hierna luister.

Vrystellings datum: 04 Junie 2021

Label: Independent

ISRC Kode: ZA-Y9T-21-00002

Skrywers: Vincent Gordon

Produksie: Vincent Gordon

Publisiteit: #ArtistVillage / Artist Village ( Facebook


Media skakels:
Facebook – JP White
Instagram – jpwhite_sa
Twitter – JPWhite_sa
Vir meer inligting kontak:
Ferdi J Steyn-Eicker
Sel: 079 1455 701
E-pos: ferdi@artistvillage.co.za

Related posts