Avion is 50 jaar oud en het in die Abraham Kriel Kinderhuis in Potchefstroom grootgeword. Weens omstandighede buite haar beheer kon sy slegs graad 5 behaal. Na ‘n motorongeluk kry sy epilepsie aanvalle , sy sukkel om te skryf omdat sy nie mooi kan sien.
Avion hou daarvan om goed met haar hande te maak soos sement beeldjies wat sy verf. Als word maar met gevoel gedoen omdat sy byna niks meer sien nie, sy plant ook plantjies in afgesnyde plastiek bottels. Sy hou ook daarvan om weggooi diere groot te maak, selfs baba voëltjies wat uit hul nessies val.

Aval kos word elke oggend vir die voëltjies gegooi.
Weens omstandighede bly Avion in ‘n hout kamertjie in mense se erf, die gemeente waarin sy is betaal op die oomblik vir die kamertjie en sorg dat sy die basiese kos en toiletware het. Vir groente, vleis en klere moet sy maar self ‘n plan maak. Haar moto is dan God sal voorsien.
Avion sal nooit bedel en doen eerder los werkies om haarself te onderhou.
Sy is maar ‘n stil en skaam mens. Haar groottste begeerte is om haar eie blyplekkie, klere en kos te kan koop uit die verkoop van haar boek.

Sy is tans besig met ‘n opvolg boek wat haar vriendin vir haar skryf.

Waar is jy gebore en het jy groot geword?
Ek is in Pretoria gebore, en groot geword in ‘n kinderhuis in Potchefstroom.
Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?
Ek het teologie studeer deur Unisa
Wat is jou beroep?
Arts & crafts
Skryf jy voltyds?
Ja het onlangs begin
Het jy van kleintyd af al gelees?
Ja ek het begin lees in tydskrifte wat my ma by haar vriendin gekry het, waaruit ons kinders soms prentjies gesny het vir skool take en boeke wat my ouer boeties en sussie gelees het soos Die Wit Tier. Die Swart Luiperd en basies alles wat gelees kon word
Wanneer het jy begin skryf en wat was jou eerste verhaal?
Ek het in 2013 my eerste boek geskryf, die boek se naam is Avion ‘n Weer Begin.
Hoeveel boeke het jy al geskryf?
Ek het nog net een boek geskryf, ek is tans besig met ‘n opvolg boek.
Wat is jou genre?
Ware verhale
Watter tipe boeke lees jy?
Ou Kaapse verhale, natuur, geskiedenis, ware verhale en spook stories.
Is daar n boek wat jy gelees het, wat groot indruk op jou gemaak het?
Ja ‘n tiener boek Somer Van Die Rooi Gariep deur Greta Saurman
Vertel ons van jouself in n neutedop?
Ek is 50 jaar oud, het nie ‘n man of kind nie. Ek is kort, het’ n sagte hart vir mense en diere. Ek hou van kunswerk en verf, ek hou van darts speel fiets ry en roei al kan ek nie swem nie. Die buite lewe is vir my lekker, kamp en visvang. Ek het geen vaste woning nie, ek loseer in ‘n hout kamer by ‘n vriendin se ouers. My grootste droom is n huisie, kar, meubels en kos van my eie.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek is bang vir karre wat vinnig ry, en akidisse
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy die toekoms?
Ek is op die oomblik besig met n opvolg boek oor Avion, sal graag nog ware verhale wil skryf en n kinder fee verhaal
Wat inspireer jou?
Mense inspireer my al ken ek hul nie, almal het n verhaal om te vertel. Goed of hartseer en ook al my vriende
As jy met enige iemand oor n koppie koffie kan gesels, wie sal dit wees en hoekom?
Die sangeres Andriette, sal haar wou vra wat die betekenis van die liedtjie Napoleon is, en omdat ek baie van haar liedjies hou
Wat is op jou emmerskoplys?
Om eers baie boeke te verkoop, om alles op my emmerskoplys te kan doen. Wil graag gaan toer al om die see met ‘n vier wiel moto fiets, saam vriende en wie ookal wil saam gaan met mooi maniere.
Wil die stap roete na Die Hel gaan stap.
Wil graag een keer gaan jag.
Wil ‘n week see toe gaan.
Wil’ n spitbraai hou vir almal wat my al gehelp het.
Sou graag my droom boek wou skryf.
My eie klein besigheid begin, werk skep vir my en ander.
Hoe wil jy onthou word?
As iemand wat aan hou probeer het en nooit moed op gegee het nie, ek is trots op enige mens wat iets bereik het wat ek nie het nie.
Wat is jou luukse tyd vir jouself?
Om in ‘n warm bad water te kan lê, en dink aan mooi drome.
Waar kan lesers jou volg en jou boeke koop?
Op Facebook, by Malherbe uitgewers of Prisma boekwinkel en Bargain books.
Wat is jou gunsteling?
Tipe musiek:
Afrikaans, Country en pop musiek
Sanger /sangeres: Bobby van Jaarsveld, Andriette
Rolprent: City of Angels
Akteur/aktrise: Steven Segal, Meg Ryan
Kos en drankie: Enige kos op ‘n vuur of braaier en pizza, bier en dry lemon, koffie.
Ontspanning: Darts en vingerbord speel
Boek: Verskillende boeke en ware verhale
Vakansie bestemming: Iewers by die see waar dit rustig is
Waarvan hou jy nie?
Leuns, jaloesie, afguns. Kinders wat nie respek het vir hul ouers nie. Mense wat stry oor God of spot met God, vroue en kinders slaners, verkragters.
Bestel die boek by Malherbe uitgewers, Prisma en Bargain books.