Plaaslike skrywer, Zinhle T. Matthews is die naam op almal se lippe na die vrystelling van haar eerste kinderboek, MY FAMILY OF SUPERHEROES, waarin sy baie slim te werk gaan om positiewe bevestiging te gebruik om kinders te help om hulle innerlike held te ontdek.
Om die sukses van hierdie briljante boek te vier, het sy pas ’n ewe indrukwekkende enkelsnit vrygestel met die naam KE NALE MATLA (wat “ek is sterk of ek het die krag” beteken). Hierdie duet deur Mmatema en Katlego Ntsele is nou in digitale formaat beskikbaar. Zinhle is ook die uitvoerende vervaardiger van hierdie indrukwekkende enkelsnit.
“Musiek was nog altyd ’n groot deel van my familie en nadat die konsep van die boek gefinaliseer is, het ek geweet dat musiek op ’n manier moes deel wees daarvan,” verduidelik Zinhle. “Ek wou hê dat die boek, net soos ’n fliek, ’n klankbaan moes hê. My man skryf die mooiste musiek en ek het hom toe gevra om ’n liedjie te skep deur gebruik te maak van die woorde in die boek. Binne vier-en-twintig-uur, was KE NALE MATLA geskryf.”
Volgens haar man, die talentvolle liedjieskrywer Ntuthuko Matthews, het die inspirasie vir hierdie treffende enkelsnit letterlik uit die blaaie van die pragtige boek gespring en het hy dit baie geniet om die lirieke aanmekaar te sit. “Dit voel nog onwerklik, maar ook baie bevredigend om te weet dat ek dit op ’n manier reggekry het om die tema van die boek vas te vang en in ’n ander kunsvorm weer te gee,” deel hy.
Mmatema en Katlego is albei baie geëerd om deel te wees van hierdie spesiale projek. “Ek het gedink dat die boek en liedjie beide goeie idees is en ’n pragtige inisiatief was om by betrokke te raak. Dit was baie lekker om saam met die span en Katlego aan die liedjie te werk. Sy is baie nederig en talentvol,” sê Mmatema, wat dit self baie geniet het om vir haar seuntjie Zinhle se boek te lees. “Ek hoop dat die liedjie kinders sal bemoedig om hulle koppe om hoog te hou en te onthou dat hulle enigiets kan bereik wat hulle graag wil,” voeg Katlego by.
Zinhle is vasberade om haar lewensdoel uit te leef en beplan om op Jeugdag ’n musiekvideo van KE NALE MATLA vry te stel en meen dat dit nog net die begin is van groot dinge. Sy beplan ook om ’n nie-winsgewende organisasie op die been te bring om die werk voort te sit wat sy geroep is om te doen. Sy bied ook Transformation Monday-sessies aan op Instagram om haar lewenslesse met mense te deel.
MY FAMILY OF SUPERHEROES is ’n inspirerende boek, met ’n kragtige boodskap wat by beide ouers en kinders sal aanklank vind. Dit is te koop by Amazon, Ethnikids, Book Circle Capital en ander uitgesoekte boekwinkels en gaan binnekort in verskeie ander tale, asook ’n luisterboek, beskikbaar wees.

Laai die enkelsnit hier af: http://itunes.apple.com/album/id1567197644?ls=1&app=itunes
SOSIALE MEDIA SKAKELS:
ZINHLE T. MATTHEWS
Facebook: https://www.facebook.com/zinhle.matthews
Instagram: @zinhlematthews
Twitter: @ZinhleThola
MY FAMILY OF SUPERHEROES
Facebook: https://www.facebook.com/zinhle.superheroes
Instagram: @myfamilyofsuperheroes
Twitter: @myfamilyofsuperheroes
PUBLICITY & MARKETING:
STARBURST PROMOTIONS
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.zaWebsite:www.starburstmusic.co.za