Anna-Marie Koen se debuutboek “Gulpflerrie” ‘n moet lees!

Anna-Marie Koen is in Worcester gebore. Sy was hoofmeisie by die Hoërskool Montana. Sy het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer, waar sy haar Meestersgraad(MA) in Sielkunde verwerf het.  Sy het vir dertig jaar as Sielkundige gepraktiseer.  Vyf jaar gelede het sy uitgetree en toe begin skryf.                              

Anna-Marie se debuutboek “Gulpflerrie en ander seksstories” is twee jaar gelede gepubliseer. “Vroue het hulle seksuele fantasieë met my gedeel. Sy het 21 stories rondom dit geskryf. Die stories word ingekleur deur poësie. Die doel van “Gulpflerrie” is om paartjies se sekslewe op te kikker. Seks is ‘n Godgegewe menslike behoefte.” sê Anna-Marie.                            

“Gulpflerrie” het ‘n Toekenning vir die “Boek, wat die meeste potensiaal toon” by Malherbe Uitgewers gekry. Dit was onder die Vyf Topverkopers by Grafitti Boekwinkel in Pretoria, asook by Malherbe Uitgewers.                               

Sy is versot op tuinmaak, die see, my liefdiertjies, poësie en yskoue Chenin Blanc. My beste eienskap is my deernis vir mense. Sy is ‘n ekstrovert; gesels met almal en dans maklik op ‘n tafel! Tog is sy ook mal oor haar eie geselskap.”               

Anna-Marie sluit af deur te sê:  “Die grootste seksorgaan is die brein. As vroue meer gereeld fantaseer oor seks en mans vaardiger minnaars word, gaan baie meer mense wìl liefde maak. Hierdie boek laat paartjies makliker met mekaar gesels oor hulle seksuele behoeftes.”       

 “Gulpflerrie” lees baie lekker: Elke storie eindig op/met ‘n klimaks.”  

Olka Bolka het ook ‘n onderhoud met Anna-Marie gedoen.

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Ek is in Worcester gebore; het in Caledon en Worcester groot geword. 

Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?

Ek het by die Universiteit van Stellenbosch studeer. Ek het daar ‘n BA-Graad, Honneurs(Sielkunde) en ‘n Meestersgraad(MA) in Sielkunde verwerf.     

Wat is jou beroep?

Ek het vir 30 jaar as Sielkundige gepraktiseer. Ek het ongeveer 5 jaar terug uitgetree.

Skryf jy voltyds?

Ja ek skryf nou voltyds.

Het jy van kleintyd af al gelees?

Ek is van kleinsaf versot op lees

Wanneer het jy begin skryf en wat was jou eerste verhaal?

Ek het ongeveer vier jaar terug begin skryf.

Hoeveel boeke het jy al geskryf?

-“Gulpflerrie” is my Debuutboek.

Wat is jou genre?

Die genrè is Erotiese literatuur.

Watter tipe boeke lees jy?

Ek lees graag Speurverhale(Deon Meyer, Tess Gerritsen, James Paterson), asook poësie.   

Is daar ‘n boek wat jy gelees het, wat ‘n groot indruk op jou gemaak het?

Die boek wat ‘n baie groot indruk op my gemaak het, is “Man’s Search for Meaning” van Victor Frankl.           

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

In ‘n neutedop: Ek is versot op tuinmaak, die see, my liefdiertjies, poësie en yskoue Chenin Blanc. My beste eienskap is my deernis vir mense. Ek is ‘n ekstrovert ,  gesels met àlmal en dans maklik op ‘n tafel. Tog is ek ook mal oor my eie geselskap.                 

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek het twee skoenlapper- tattoes

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ek is besig met “Gulpflerrie” se Opvolg: Màns se seksuele fantasieë. Ek geniet my gate uit!               

Wat inspireer jou?

Die mooi in mense èn die Natuur: Vlinders, voëls, blomme en mense met mooi harte.     

As jy met enigeiemand oor ‘n koppie koffie kan gesels, wie sal dit wees en hoekom?

Ek sal verskriklik graag met Nataniël wil gesels! Hy is uiters talentvol, skreeusnaaks en dra mooier (en hoër!) skoene as ek!     

Wat is op jou emmerskoplys?

‘n Huisie by die see.           

Hoe wil jy onthou word?

-Ek sal graag onthou wil word as ‘n opregte, deernisvolle vrou, met ‘n stuitige humorsin.             

Wat is jou luukse tyd vir jouself?

Om in ‘n sonkol te sit en lees, met ‘n yskoue glasie Chenin Blanc in die hand.               

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek

Sanger / Sangeres

Leonard Cohen, : Laurika Rauch

Rolprent

Ek het nie ‘n spesifieke gunsteling rolprent nie

Akteur / Aktrise

Marius Weyers en Richard Gere   

Sandra Prinsloo en Merryl Streep   

Kos en drankie

Kreef en    Chenin Blanc en pienk Gin                                 

Ontspanning

Speel in my tuin, lees, dans en kuier saam met my hartsvriende

Vakansie bestemming

Paternoster en Pharos(Griekeland).         

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Hoogmoedigheid, skynheiligheid, Afval en Olywe.  

Waar kan lesers jou volg, en jou boeke aankoop.

Besoek gerus haar skrywersblad by www.malherbe-uitgewers.co.za/anna-marie-koen

Beskikbaar by www.malherbe-uitgewers.co.za, asook Amazon.        

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →