Lu-Anel ‘n jong meisie met ‘n groot stem se talent en passie vir musiek gaan haar nog ver bring!

Lu-Anél is ‘n 14-jarige sanger van Gauteng. Sy is letterlik dinamiet in ‘n klein pakkie. Hierdie warm-hartige jong meisie met die groot stem se debuutalbum getiteld ‘my eerste stap’ het bestaan ​​uit 13 cover-liedjies en het uitstekend gevaar. Sy het ongeveer 4 jaar gelede begin optree, maar het begin sing nog voordat sy behoorlik kon praat.

Een van Lu-Anél se video’s op Facebook het binne net 2 jaar al meer as 22,3 MILJOEN KYK bereik!

Lu-Anél het haar eerste oorspronklike solo-enkelsnit getiteld ‘Moedershart’ in Okt 2019 opgeneem. Die musiekvideo is ook op YouTube beskikbaar.

Lu-Anél het pas haar nuwe album uitgereik, en op haar aanhangers wag ‘n heerlike verassing met ‘n hele paar oorspronklike liedjies. Dit is ‘n pragtige, goed gebalanseerde samestelling van liedjies. Die album is vervaardig deur Ernie Bates-ateljees.

Haar nuutste musiekvideo van haar nuwe oorspronklike enkelsnit DROME is nou ook beskikbaar. Hier is die skakel: https://fb.watch/5gWOMVpppM/

Daar is ook ‘n duet met die bekende sanger / liedjieskrywer Rudi Claase op pad, in die nie so verre toekoms nie.

Lys van toekennings / prestasies in die afgelope 2 en ‘n half jaar:

1) EAST RAND SUPERVOICE JUNIOR WINNER 2018

2) WINNER OF 2 REGIONAL SPUR SINGING STARS ELIMINATION ROUNDS 2018

3) KIDS WITH TALENT REGIONAL WINNER GAUTENG 2018. CAME 3RD OVERALL AT NATIONAL LEVEL.

4) UNDER THE TOP10 FINALIST OVERALL at ARNOLD CLASSIC GOT TALENT 2018

5) MUSIC LEGENDS ALL AGES WINNER OVERALL 2018

6) MUSIC LEGENDS ALL AGES WINNER PROFESSIONAL LEVEL 2018

7) JUNIOR VOCALIST OOSRANDSE KUNSTEFEES 2018

8) TALENT AFRICA TOP3 JUNIOR VOCALISTS 2018 – earned her SA colours

9) TALENT AFRICA OVERALL WINNER JUNIOR VOCALIST 2019 – earned her SA colours 2nd time (11 gold medals)

10) EURO SING JUNIOR VOCALIST WINNER 2019 -earned her SA colours 3rd time

11) MELOMAAN DUO OF THE YEAR together with Danie vd Westhuizen, her duet partner at the time. 

12) SACMAF AWARD WINNER FOR FEMALE NEWCOMER OF THE YEAR 2019

13) SACMAF AWARD WINNER FOR FEMALE CROSSOVER ARTIST OF THE YEAR 2019

14) OVERALL WINNER JUNIOR VOCALIST 2019 PACISA NATIONALS. earned SA colours again (7 platinum medals)

15) MOEDERSHART nominated by Melomaan for song of the year and Lu-Anél also for female singer of the year. The awards ceremony takes place on the 14th of May 2021. 

16) Lu-Anél was also nominated for 4 awards by AFRI-INDIE SA (South African independent artist) Music Awards 2021 In the following 4 categories:

-Best Kids gospel single

-Best Country single

-Best MUSICAL single 

-Overall Best Child Artist 

She WON all 4 categories at this red-carpet event on the 28th of April 2021. 

Albei toekennings hierbo is toekennings vir onafhanklike kunstenaars en genomineerdes sluit bekende sangers in SA in, soos Rudi Claase, Jennifer Zamudio, die Stacattos en vele meer.

Lu-Anél-sanger se Facebook-bladsy (102 200+ volgelinge):

URL van u beste / gunsteling musiekvideo: https://youtu.be/OLzrtJhdpKIURL van ‘n interessante aanlyn artikel oor u:

https://fb.watch/5gWOMVpppM/

Olka Bolka het ‘n onderhoud met Lu-Anel gedoen om bietjie meer oor haar uit te vind:

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Ek is gebore in Kempton Park en bly in Boksburg nog my lewe lank. 

In watter graad is jy nou en wil jy naskool gaan studeer, indien wel wat?

Ek is nou in gr 9. Wil graag naskool gaan forensiese deskundige gaan swot. 

Vertel ons van jou nuwe album?

Die album is getiteld MOEDERSHART en bestaan uit 5 oorspronklike liedjies, asook 8 Covers wat elkeen vir my spesiaal is. 

Skryf jy self jou liedjies?

Ek het al lirieke geskryf maar dis nog nie getoonset nie. Op hierdie album het my Pa in samewerking met Ernie Bates 3 liedjies geskryf, asook een deur Michael de Lange en een deur Kabous Koegelenberg. 

Het jy enige stokperdjies?

Sing is my eerste liefde en jou my nogal besig maar as ek die kans kry, geniet ek dit Baie om dinge te doen soos bootry (knee board veral) of zip line.. Enige iets wat avontuurlustig is. 

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek  is n 14 jarige met n geweldig passie vir musiek. Ek het n effense ‘old-sole’ en Streef daarna om elke vertoning so professioneel as moontlik te maak. Ek het ‘n Baie sagte plek vir bejaardes en waardeer elkeen in my lewe opreg. 

Van die stage AF is ek net ‘n gewone jong Meisie, en bietjie van ‘n tomboy. 

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek is Mal oor pienk steri stumpies en kan nie peanut butter en stroop verdra nie🙈

Jy is nou vir die Afri-Indie toekennings genomineer, hoe voel dit?

Wow dit was amazing. Ek is in 4 kategorie benoem nl

Best kids gospel single 

Best Musical single

Best Southern Rock /Country single 

Best Overall Child Artist 

Ek is so bevoorreg om te kan sê ek het elkeen van die 4 gewen. 

Ek waardeer dit Baie dat die harde werk wat ons as onafhanklike kunstenaars insit, raak gesien word. 

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ek is ook vir 2 toekennings benoem by Melomaan.. Vir Sangeres vd jaar asook lied van die jaar.

Daar is n verrassing oppad insamewerking met een van ons groot name in die bedryf, maar vir nou konsentreer ons eers op hierdie cd. 

My 5jaar plan sluit beslis ‘n draai in op die AFRIKAANS IS GROOT verhoog. 

Ek Wil ook Baie graag eendag gaan deelneem aan America’s got talent.

As jy saam met enige iemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Sjoe die lys is Baie lank maar ek sou eerste se PINK. Sy het n fantastiese stem! En ons deel dieselfde musiek smaak. 

2020 was baie moeilik vir almal in die vermaaklikheidsbedryf met Covi19. Hoe het jy dit ervaar ?

Dit was Baie moeilik. Veral om nie te kon optree nie. Selfs om noot vir noot te kyk was Naderhand vir my te erg. 

My album was toe die inperking begin het nog aan die begin stadium.. Skielik was dit wat binne 3 of 4 maande die lug sou sien, vir n onbepaalde tydperk op hou gesit. 

Dinge het so stadig teruggekeer na wat nou nog nie normaal is nie, dat my album eers 18maande nadat die titelsnit vrygestel is, vrygestel kon word. Ons hoop om MOEDERSHART weer te laat herleef Noudat die cd net voor Moedersdag beskikbaar is. 

Hoe het Covid jou skool lewe verander?

Ek was n nuweling in die skool. Nuwe gr8 leerder in die hoërskool. Ek was dus van die heel laaste wat verlede haar terug is skooltoe. Eers net elke 2de dag. 

Intussen het ek van dag 1 af tuis en aanlyn skoolgegaan, wat mens in Baie opsigte Meer gedissiplineerd en selfstandig gemaak het. As ons ooit gewonder het of homeschooling kan werk vir ons, weet ons nou dit kan. Ons het streng onnies en het teen n geweldig pas gewerk. Amper Meer as wanneer dit normaal skool is. 

Met Covid19 het daar heeltemal ‘n verandering in ons almal se lewens gekom en ons moet nou buite die boks dink om veral in die vermaaklikheidsbedryf te kan oorleef, wat gaan jy anders doen om seker te maak dat jy as sanger nog steeds ‘n inkomste uit jou musiek kan maak?

Ek Wil niks Anders doen nie. Ek het nog altyd gesê my mikpunt is om mense se Harte te raak en ek Dink dit maak my manier van dinge doen Klaar anders. Sterk lirieke wat n positiewe boodskap van hoop bring, is Waarvan ek hou. 

Deur die lockdown het ons geleer om weer van vooraf mekaar te waardeer. En dis vir my belangrik. Waardeer almal wat jou ondersteun. Maak nie saak of dit ‘n verniet optrede is by ‘n plakkerskamp nie.. Behandel almal met ewe veel respek. In die Here se oë is niemand beter as’ n Ander een nie. 

Sonder ons fans is kunstenaars niks. 

Wat of wie  inspireer jou?

Mense wat dit wat jy doen waardeer. Dis so great om te sien dat jy deur musiek iemand se harte kan raak. Ek Wil nooit net sing nie. Ek Wil graag ‘n verskil maak deur n boodskap van hoop. 

Wat is jou gunsteling:

Musiek

Country, Golden Oldies en n bietjie rock

Sanger & Sangeres

Suzi Q en Chris Norman

Band

Smokey

Gunsteling liedjie/s

MY Story en die musiek uit die fliek ‘A Star is born’ 

Rolprent

A star is born

Greatest showman

 Fault in our stars 

Akteur & Aktrise

Ensel Elgort en Shailene Woodley van Fault in our stars

Reeks

Riverdale

Kos en drankie

Steri stumpies.. Pienk!! 

“KFC” 

Ontspanning

Movies of series kyk

Lees

Boek

Dork diaries 

Vakansie bestemming

Jeffreysbaai

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Vals mense 

Peanut butter en stroop

Slange

Spinnekoppe

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →