EK LIKE JOU STYL – ‘n liedjie wat praat met verliefde paartjies.

Andrew Davies se debuutenkelsnit, “EK LIKE JOU STYL” is pas vrygestel en sal verseker aanklank vind by
elkeen wat ‘n huwelik of verhouding geniet.
Andrew noem dat dit ’n droom en proses is waaraan hy al lank werk, gemeng met ‘n reis vol
uitdagings om wel vandag uiteindelik na ‘n finale produk te kan luister.
Andrew het EK LIKE JOU STYL neergepen en verwerk saam met die befaamde liedjieskrywer Vincent
Gordon en gaan dit oor elke vrou wat spesiaal is op haar eie unieke manier.
Die liedjie vertel hoe leeg die lewe van ‘n man sou wees sonder sy vrou, dit vertel ’n storie van hoe ‘n
man sy vrou moet waardeer en respekteer.


Andrew se sangreis het begin toe hy ma net 14 jaar oud was in 2001.
Die lewe is geneig om hindernisse oor ‘n mens se pad te stuur, maar geen hindernis of bekommernis
was ooit te groot vir Andrew nie, en kan hy vandag noem dat hy homself elke keer weer op sy voete
bevind het.
Andrew is ’n uitmintende sanger vanaf Springs wat gebore is in 1987.
Talentvol, gemotiveerd, opgewasse, liefdevol en stylvol is maar ‘n paar eienskappe om op te noem as dit
kom by die veelsydige kunstenaar en skitter sy verhoog persoonlikheid van al hierdie kwaliteite.
“Geloof is ‘n belangrike aspek vir Andrew en gee hy nie sommer maklik op nie”.

Met hierdie popverwerking is die melodielyn minder kragtig as die lirieke self, Andrew wil juis die lirieke
gebruik om die regte indruk te skep en die idee mee te voer dat as mens so gelukkig is om iemand
spesiaal in jou lewe te mag hê, mens dit moet waardeer en alles in jou vermoë moet doen om daardie
liefdes tuiste te behou.
Hy sing enige musiek-styl vir enige tipe gehoor, sy stemtoon en energieke styl waarmee hy optree wen
gereeld vinnig die harte van musiekliefhebbers, oud en jonk.
Soos in die lewe van enige kunstenaar is die publiek belangrik vir die sukses van enige nuwe produk.
Die amptelike musiekvideo is reeds bekendgestel en beloof dit om ieder en elk wat daarna kyk se
hartskamers warm agter te laat.


Iets waaroor Andrew baie opgewonde is, is dat oor die grendel tydperk selfs mense van ander lande
hom op sosiale media ondersteun en uitreik na hom oor hoe hulle sy musiek geniet.
“EK LIKE JOU STYL” word tans deur plaaslike radiostasies gespeel met groot beloftes van groei, Andrew
staan verseker nie terug vir sy kompetisie daar buite nie en geniet hy dit om te kompenteer met sy
mede sangers.
Andrew se grootste wens is dat sy gehore bloot genot sal vind uit sy musiek en dat dit vir hulle plesier sal
verskaf waarookal hulle daarna luister.

EK LIKE JOU STYL

Vrystellings datum: 02 Julie 2021
Musiek video: https://www.youtube.com/watch?app=desktop&v=TtyDUcJOsnY

Label: Independent

ISRC Kode: QZHN92194125

Skrywers: Andrew Davies / Vincent Gordon

Produksie: Vincent Gordon Publisiteit: #ArtistVillage / Artist Village ( Facebook


Luister nou na “EK LIKE JOU STYL” op alle digitale platforms beskikbaar.
ISRC KODE: QZHN92194125
Media en onderhoude navrae
Artist Village


Facebook: https://www.facebook.com/artistvillagesa
Instagram: artistvillagesa
ferdi@artistvillage.co.za
Tel: +27 79 145 5701
Skakels vir Andrew Davies
Facebook: https://www.facebook.com/AndrewDaviesFB/
Instagram: andrewdaviessa
Web skakel: www.andrewdavies.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →