Irene-Louise van Wyk het ‘n nuwe enkelsnit uit, Tekkies Brand. Die treffer is op verskeie aanlyn platfvorms beskikbaar.


Olka Bolka het ‘n onderhou met Irene-Louise gedoen om meer oor haar uit te vind.

Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?
Ek is gebore in Johannesburg was vir ‘n rukkie op die suid kus maar het Pretoria toe getrek toe ek baie jonk was. Ek bly nogsteeds hier.
Wat het jy na Matriek gedoen?
Ek het by ‘n kleuterskool gaan werk en bietjie Au Pair werk gedoen.
Wat doen jy behalwe musiek?
Ek verkoop velsorg produkte. Het my eie besigheid met die naam RINX wat ‘n online winkel is en ek het Speakers Profile waar mense my kontak wanneer hulle ‘n spreker/motivering spreker nodig het vir ‘n funksie.
Vertel my van jou nuutse enkelsnit?
Tekkies brand is ‘n lekker sokkie liedjie.
Skryf jy self jou liedjies?
Nee. Ek skryf nie my eie liedjies nie ek help baie met idees en so aan maar my liedjie skrywer is Roux Cloete.
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek is ‘n vrou, mamma wat lief is om mense te inspireer en positiwiteit versprei met my liedjies en passie vir Musiek. Ek is ook mal oor diere, reis en movies/series kyk.
Hoe het jy 2020 tot nou in 2021 ervaar?
Seker een van die swaarste tye van my lewe. Dit is vir seker nie maklik op my “mental health” nie. Ek vat maar dag vir dag
Watse invloed het covid op jou musiekloopbaan gehad , en nog steeds?
Selfde antwoord as bo. Dis niks lekker nie. Klomp vertonings is gecanceleer en ek kan nie ‘n inkomste verdien en my liefde met Musiek met mense deel op die verhoog nie.
Wat is jou gunsteling Musiek genre?
Ek hou baie van pop maar luister ook Hip Hop, Rnb of selfs Rock elke nou en dan.
Som jou musiekstyl in een sin op?
My Musiek is “feel good” Musiek. Of dis wat ek probeer 😊
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek was al in 20 lande gewees. Obsessed met Disney en die kleur PINK!
Wat inspireer jou?
My toekomstige self & Positive Vibes”
As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?
Meghan Trainor – Want haar Musiek is ook positive vibes.
Kelsey Ballerini of Ariana Grande want hulle is my heel favs
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Ek wil soveel as moontlik show 😊 Ek is baie lief vir die verhoog!
Wat is jou droom vir die toekoms??
Grooter shows. Uitverkopte vertonings en ‘n Nr1 Afrikaanse liedjie in die Land.
Wat is op jou emmerskoplys?
Oe nee daar is heeltemal te veel. Ek wil nog baie graag saam my dogtertjie Disneyland toe gaan sodat sy ook daai “Magic” kan ervaar. Ek wil nog soveel plekke in die wêreld sien!
Wanneer verjaar jy?
3 Augustus 😊
Tipe Musiek – POP
Sangers – Ariana Grande, Kelsey Ballerini
Band – Maroon 5 Maybe
Gunsteling liedjie – Oe nee way te veel
Rolprent – I feel Pretty, Dreamgirls, Anchorman, Ace Ventura Pet Detective, SING
Akteurs – Kevin Heart, Dwayne Johnson, Anna Kendrick
Reeks – FRIENDS
Kos en drankie – Eisbein en vanilla coke
Ontspanning – movie en series kyk
Boek – nie mal oor lees nie
Vakansie bestemming – Disney
Kleur – PINK
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
Waar kan mense jou kry en volg?
TikTok
@Irene__louise
ZAO862100075 – Skrywers ; Dirk van Niekerk ; KVN Publishing ; Roux Cloete – Publishing ; Universal Music .
