Tiaan du Preez leef sy passie vir musiek uit!

Tiaan het nog altyd ‘n passie vir musiek gehad en met ‘n beskrywing van homself kan jy nie twyfel:

Ek is die SPAM fan. Ek is :

(S)uper

(P)assionate

(A)bout

(M)usic

Ek support ander artists se music ook op my page en skryf reviews exc. 

Tiaan het onlangs saam met Tizel ‘n enkelsnit vrysgestel ” Kyk vir my” hier is sy beskrywing van die liedjie:

Die song gaan eintlik oor meer as wat mens kan oplet met die oor. Nie net party en dans ens ens nie. 

Dis vir mense wat nie mens altyd ernstig opvat nie. It’s a statement kyk vir my, kyk op kyk af. 

Ek is nou hier ,en hier om te bly.

Olka Bolka het ‘n onderhoud met Tiaan gedoen om meer oor hom uit te vind:

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Ek is gebore in Humansdorp, kleintyd in Jeffreysbaai gebly, Laerskool in Patensie en Hoerskool in Uitenhage, waar ek steeds woonagtig is.

Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?

Nee, maar ek het wel ‘n Ballroom en Latin dans diploma.  Ek was ‘n dansinstruksteur by Arthur Murray vir 2 jaar.

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

Kyk vir my is net ‘n wilde dans treffer, maar met verskuilde betekenisse binne (die liedjie is vervaardig deur Tizel)

Skryf jy self jou liedjies?

Ja, het al baie mooi rustige songs geskryf, die wilde tunes, wys ‘n ander  kant van my.

Het jy enige stokperdjies?

Musiek en nogmaals musiek – net musiek.

Waar het jou liefde vir dans vandaan gekom?

Jong ouderdom, altyd my verkyk aan mense wat dans en ek het myself begin leer dans.

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Lief vir musiek (soos almal weet)  is eintlik ‘n baie stil persoon, maar wanneer die musiek speel, is die stil Tiaan ver weg.

Watter invloed wil jy hê moet jou musiek op mense het?

Goed voel gevoel, iets waarop jy kan dans, maar ook die baie dieper  betekenis hoor wanneer jy weer daarna luister.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Wel dan gaan almal weet, so kom ons hou dit ‘n geheim.  Ek is ‘n baie goeie bemarker (as ek nou wel iets moet noem)

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Meer musiek, en wie weet dalk bring die onderhoud ‘n geleentheid na my kant toe, wat vir my ‘n toekoms sal bied.

Wat inspireer jou?

Mooi en goeie musiek.

2020 was baie moeilik vir almal in die vermaaklikheidsbedryf met Covi19. Hoe het jy dit ervaar ?

Ek is maar nuut op die ‘scene’ en sal nie se dat ek al heeltemal in die vermaaklikheidsbedryf myself al gevestig het nie, dit is vir my nog baie lekker.

Met Covid19 het daar heeltemal ‘n verandering in ons almal se lewens gekom en ons moet nou buite die boks dink om veral in die vermaaklikheidsbedryf te kan oorleef, wat gaan jy anders doen om seker te maak dat jy as sanger nog steeds ‘n inkomste uit jou musiek kan maak?

Om nie sommer ‘n mens se musiek vir jou vriende of so te stuur nie, want dit word weer rondgestuur – ‘n Mens moet sukkel om ‘n song verniet in die hande te kry, sodat mens nie anders kan as om dit te koop nie.

Wat is jou gunsteling:

Musiek                EDM – DANS

Sanger                Kan nie een uitsonder nie, ek hou van almal soos                                  al weet

Sangeres           Soos bovermeld

Band                   Picture this – (oorsese groep)

Gunsteling liedjie       Both of us B.O.B – (Taylor Swift)

Rolprent             Deep blue sea

Akteur                 Eugene Koekemoer (Bustin Chops)

Aktrise                Megan Fox

Reeks                 Bates Motel

Kos en drankie   Pasta en my ma se KFC en steri stumpies

Ontspanning     Musiek en ‘n goeie fliek

Boek                   Ek lees nie graag nie, lees wel al die credits agter

                             op ‘n cd boekie

Vakansie bestemming         Tuinroete, Tergniet en Mosselbaai

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Muskiete

Stadige Wi-Fi

Valse mense

‘n Gebreekte CD Kassie of een wat ‘n merkie ophet.

Volg Tiaan by:

My handle is soos volg op facebook  

@SuperPassionateAboutMusic

Tizel se handle is:

@tizelofficial of @djtizel

Kyk Vir My- Link to all platforms👉https://ditto.fm/kyk-vir-my

Die Link Na YouTube vir Kyk Vir My👉 https://youtu.be/iBq78w2eq3I

Tizel se YouTube Channel👇

https://youtube.com/c/TizelOfficial

My YouTube Channel👇

https://youtube.com/user/tiaanduprez

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →