Tina Jooné deel haar lewenservaring as dowe mens met haar boek, “Die Stil pad”.

Tina Jooné is doof maar dit het haar nie onder gekry sy twee boeke geskryf haar eerste boek “Die stil pad” is om mense bewus te maak van die pad wat ‘n dowe mens loop en die tweede boek is ‘n kinderboek, Dirkie die Dowe seuntjie om ook dieselfde ervarings te deel met kinders.

Tina së die regte respek en grondslag hoe om teenoor gestremde mense op te tree begin terwyl die boompie nog klein is

Tina vertel “my eerste boek Die Stil Pad is al my ervaringe as dowe mens asook raad en advies vir almal wat nooit altyd weet hoe om n gestremde persoon te benader nie.

Olka Bolka het ‘n onderhoud metTina gehad om meer oor haar uit te vind.

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Ek is gebore 21 Aug 1969 in Welkom (OVS) en grootgeword op n plattelandse dorpie Boshof tot Gr12

Woonagtig te Kathu in Noord Kaap

Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?

Na skool het ek studeer by Technikon OVS…. Sekretarieël

Wat is jou beroep?

Ek is tans huisvrou maar was ook n HR personeelbeampte vir 10 jaar by Telkom en 2 jaar by Kankervereniging (sekretaresse)

Skryf jy voltyds?

Ek het nog net 2 boekies geskryf en skryf NIE voltyds nie. Dit was nog net altyd vir my ‘n groot droom om eendag ‘n boek te kon druk oor my lewenservaringe

Het jy van kleintyd af al gelees?

Ek was van kleintyd af baie lief vir lees en om opstelle te skryf. My Afrikaanse onderwyser het altyd gesê ek kan nie hou by die getal woorde nie ek moet altyd’ n boek skryf😄

Wanneer het jy begin skryf en wat was jou eerste verhaal?

Ek het in 2015 begin skryf aan my eerste boek na my kogleêre inplanting. Die Stil Pad was my eerste verhaal.

2 jaar later het ek Dirkie die dowe seuntjie geskryf.

Wat is jou genre?

Ek skryf graag oor feite en persoonlike lewenservaring.

Watter tipe boeke lees jy?

Ek lees ENIGE IETS. Maar graag n verhaal met n waardevolle les in.

Is daar ‘n boek wat jy gelees het, wat ‘n groot indruk op jou gemaak het?

Vaselientjie en Ek is Anna het ‘n groot indruk op my gemaak omdat die verhaal en skrywer my in hulle skoene geplaas het. Ervaring gedeel het.

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek is ‘n introvert en het net een kosbare skool vriendin vir langer as 35 jaar. Ek is baie lief vir diere en noem myself soms die dog whisperer. Ek is lief vir bak en om my gesin en familie te bederf.

 Ek is Getroud met 2 kinders (Seun 28, Dogter 24)

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Wat niemand van my weet nie:  ek tel in my gedagtes (soms hardop) alles wat ek doen Bv ek tel hoe lank ek my koffie roer, hoeveel treë ek gee….

Wat inspireer jou?

Ek wil graag nog eendag kortverhaal skryf vir n tydskrif. Vir die Toekoms wil ek deur middel van media mammas raad gee met kinders wat n gestremdheid het.

As jy met enigeiemand oor ‘n koppie koffie kan gesels, wie sal dit wees en hoekom?

Ek sal graag saam met Steve Hofmeyr ‘n koffie wil drink eendag. Vir Jare is hy vir my n rolmodel want hy is opreg in alles wat hy doen. Hy is n mense mens. Hy sien die goeie in almal raak en hy veg vir ons nasie en ons Taal

Wat is op jou emmerskoplys?

My emmerskop lys… Ek wil nog graag eendag oorsee gaan en Parys en Switserland besoek.

Hoe wil jy onthou word?

Ek wil onthou word as iemand wat ten spyte van my doofheid kan bewys dat ‘n mens enige iets kan bereik as jy veg vir jouself en hard werk. En nie jou talente wegsteek nie.

Wat is jou gunsteling bederf?

Ek geniet so nou en dan n manicure bederfie of ‘n besoek aan die haarsalon.

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek

Afr treffers en Country

Sanger

Steve Hofmeyr

Rolprent

The Notebook

Kos en drankie

  sushi en  soetwyntjie

Ontspanning

lees en movies kyk op Netflix

Boek

daar te veel om op te noem. Ek sal moet terugkom😉

Vakansie bestemming

Die bosveld

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Vals/skynheilige mense nie

Lang toue by winkels

Swak en onvriendelike diens

Winter

Waar kan lesers jou volg, en jou boeke aankoop.

My 2 boekies is beskikbaar by Malherbe Uitgewers

Email: tinajoone69@gmail.com

Sel nr: (slegs whatsapp) 0797394135

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →