Ek is n digter en skryf my eie emosies uit my hart uit. Van my gedigte is in Inkspraak opgeneem en ek was deel van 13 gesamentlike bundels waarvan ek die een se voorblad ook geskilder het, vertel Loret.

Olka bolka het bietjie met Loret gesels om meer van haar uit te vind:
Waar is gebore en het jy groot geword?
Ek is gebore Wolmaransstad. Ek was bevoorreg gewees om in baie dorpe te kon opgegroei as gevolg van my pa se werk. Hy was ’n plofdeskundige.
Het jy naskool gestudeer, indien wel wat?
Nee, matriek 1990
Wat is jou beroep?
Huisvrou, digter, skrywer
Skryf jy voltyds?
Nee, ek skilder ook en is tuis weens my kanker.
Het jy al van kleintyd af al gelees?
Baie gelees as kind, het boeke verslind, veral Trompie en Saartjie.
Wanneer het jy al begin skryf en wat was jou eerste verhaal?
Het begin skryf toe my kinders in die hoërskool was. My eerste debuutbundel was Stasiehuis no. 5
Hoeveel boeke het jy al ge skryf?
7 boeke, digbundels ingesluit en 13 gesamentlike bundels.
Wat is jou genre?
Roman fiksie
Watter tipe boeke lees jy?
Hou van speurverhale of ’n roman met ’n twist wat jou boei.
Is daar ’n boek wat jy gelees het, wat ’n groot indruk op jou gemaak het?
Die besoeker van Anchen Troskie
Vertel van jouself in ’n neutedop
Ek is ’n plain Jane met ’n klein hartjie vir ander. Ek skuif myself op die agtergrond vir die wat ek lief het, hulle kom eerste in my lewe. Ek is ’n plaaspad mielieland tipe mens.
Ek is n digter en skryf my eie emosies uit my hart uit. Van my gedigte is in Inkspraak opgeneem en ek was deel van 13 gesamentlike bundels waarvan ek die een se voorblad ook geskilder het.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie.
Ek huil as ek kwaad is, maar as ek my trane afgevee het, is daar moeilikheid.
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Ek praat met God waar ek mag wees. Ek skryf ’n duet-digbundel saam met Sybie Kleyhans. Vir nou wil ek net leef en ’n verskil maak. Ek wil vergeet ek het kanker en net dankbaar wees.
Wat inspireer jou?
Die veld inspireer my, God se skepping.
As jy met enige iemand oor ’n koppie koffie kan gesels, wie sal dit weet wees en hoekom?
Dit sal my pa wees wat oorlede is toe ek 13 jaar oud was. Sou my volgende idee van ’n boek saam hom wou geskryf het.
Wat is op jou emmerskoplys?
Om die beste vrou, ma en ouma te wees wat ek kan. Elke dag beter as gister.
Hoe wil jy onthou word?
Dat ek liefgehad het sonder ’n pretensie en als met my hart gedoen het.
Wat is jou luukse tyd vir jouself?
Ek wil nie alleen wees nie, dan bly my siel soekend.
Waar kan jy lesers jou volg en jou boeke aankoop?
www.malherbe-uitgewers.co.za/loret-zwarts

Wat is jou gunsteling?
Musiek
Tipe musiek?
Afrikaans, Golden oldies.
Sanger/Sangeres
Queen en Ruan Josh
Rolprent
Tears of the sun
Akteur/Aktrise
Dwayne Johnson, Bruce Willis
Kos en drankie
Cane passionfruit, Sprite en braaivleis
Ontspanning
Wildrit in die bosveld, anders net rustig wees en met my kleintjies gesels.
Boek
Ek lees Malherbe Uitgewers se skrywers se boeke, huigdelik Franciska Mouton se boeke.
Vakansie bestemming
Bosveld
Waarvan jy nie hou nie – noem 4 dinge.
Ek nie van small talk nie.
Ook nie as ek in rede geval word nie.
Gesprekke wat na niks lei nie.
Ek is nie ’n geduldige mens nie.
U kan Loret se boeke bestel by Malherbe uitgewers.
https://www.malherbe-uitgewers.co.za/