Mack Rapapali en Christiaan Baartman het almal onlangs verras met hulle eerste enkelsnit saam, getiteld, ‘N VRIEND SOOS JY, en nou is daar ook ‘n voel-goed musiekvideo vir dìe treffende snit uitgereik!
Die produksiehuis vir die musiekvideo is EventCast Virtual Studios in Centurion en die video is deur Stephan Pieterse en sy assistent, Sellina Malindi, vervaardig. Die dromspeler is Mario Schutze.
Die video is by EventCast Studios verfilm in Centurion, asook by Ketelkraal Distillery. Die trekker is deur Auto Investment geborg. “Ons het geen idee gehad hoe die trekker werk nie. Ek het nogal gedink Christiaan sou weet, maar helaas. Kan jy glo, twee Blou Bul ondersteuners en nie een weet hoe die trekker werk nie!”, skerts Mack.
Die konsep is deur Stephan Pieterse en Mack bymekaargesit. Die konsep was ‘n virtuele regstreekse stroom optrede as gevolg van die Covid pandemie – met herinneringe van wat hulle as twee vriende sou doen as daar nie inperking was nie, byvoorbeeld by ‘n kroeg sit en kuier of saam sing, of dalk braai op ‘n plaas en oor die boerdery gesels.
“Ons almal het daardie een mens/vriend in jou lewe wat jou van binne en buite ken, al jou sterk- en swakpunte. Die eerste persoon wat jy bel wanneer jy in die moeilikheid is en die eerste persoon wat jy bel om goeie nuus mee te deel. Dìt, is ‘N VRIEND SOOS JY, “ sê Christiaan.
Kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=X33mtMbtJpY
SOSIALE MEDIA SKAKELS:
CHRISTIAAN BAARTMAN
Facebook:https://www.facebook.com/christiaankrit/
Instagram:@christiaanbaartman
YouTube:https://www.youtube.com/user/ChristiaanRock/featured?view_as=subscriber
MACK RAPAPALI
Instagram: https://www.instagram.com/mackrapapali/?hl=en
Twitter: https://twitter.com/MackRapapali
FaceBook: https://www.facebook.com/MackRapapapli
Youtube: https://www.youtube.com/c/MackRapapali
STARBURST PROMOTIONS
Gizela Arndt – PUBLICIST