Kobus is ‘n interessant mens en hy vertel die volgende:

Sou iemand my vra oor ‘n foto van my sou ek ‘n “anderse foto” soek. ‘n Mooi foto van ‘n Olifant is wat ek verkies. Ek het baie mooi fotos van Olifante. Waaroor ek n olifant verkies kan niemand
werklik verstaan nie. My pappie was ‘n boer/grootwildjagter/slanghanteerder en oom n masjinis vir die Kenia Spoorweg. In Kenia het hy bekend gestaan as die WIT OLIFANT vanwee sy goeie geheue en moed. Hy het 3 plase in Kenia besit en moes voltyds boer. Hy is in 1963 ten midde van die Mau Mau oorlog deur ‘n olifant doodgetrap.
Van kleins af het ek ‘n baie ryke verbeelding gehad. Omrede ek werklik volgens almal ‘n “moeilike kind” was het ek my altyd in helderolle ingeleef wat ek dan self geskep het. Ek was dan ‘n bekende wetenskaplike, ‘n vegvlieenier en alles waaraan misterie en gevaar aan betrokke was. Dat ek werklik moes baklei om my eie plekkie in die son te verdien was nie ‘n storie nie. Een van my onderwysers
wat al moeg was om my te slaan oor my bakleiery het my en my ouboet ingeskryf by ‘n Boksklub en gou het ek uit opponente gehardloop.
Op 13 jarige ouderdom is ons 3 JOUBERT kinders dan aangeneem deur my ma se nuwe man en hy het my met ‘n passie gehaat. Hy was werklik ‘n mollesteerder en vroueslaner. My broer en suster is reeds oorlede dus is ek die enigste “Joubert”.
Dit alles het my harder en meer rebels gemaak. Kinders op skool was werklik versigtig om met my te sukkel en selfs op ons 40jarige matriek reunie het hul steeds na my verwys as ..die stoutste klein bliksim in Brits Hoërskool!
Nou wat laat my skryf? Al my boeke is geskoei op iets wat werklik met my gebeur het. Daardie iets kan werklik klein wees en dan loop my ryke verbeelding met die klein insident en dan “groei” die storie! Ek begin bloot te skryf en soos die tyd verloop kom so baie dinge by dat dit selfs vir my verbaas! My hele lewe lank was ek en is ek nog steeds baie impilsief en hou nie daarvan om dovekies om te draai of om te sloer met ‘n storie nie. Ek sal nooit soos ‘n Meyer of ‘n Konsalik ‘n storie vat en
600 bladsye daaroor kan uitskryf nie.
Almal ken my as persoon wat leef vir my medemens en baie klop by my aan vir raad.
Ek is ‘n geregistreerde Senior Argiteks Tegnoloog en met byna 45 jaar praktiese ondervinding in alle fasette van die Boubedryf beskou ek myself as ‘n spesialis in my vak. Tans is ek en my seun mede eienaar van CP Argitekte en Bloubul Tekendienste. My vrou (ons is 40 jaar getroud) speel in my boeke die rol van Carla, kla dat ek te min slaap. AS ek nie kliënte sien of hul planne teken nie, restoureer ek ou karre. Al besig met my 4e projek. My tuine (blomme en groente) is my trots. O ja en dan probeer ek ook skryf en vang ek slange ( ek is op die internet geregistreer as n hanteerder en het sekerlik oor die 600 slange verwyder en hervestig. Die kleinste was n pofadder van 150mm en die grootste ‘n luislang tussen 4 en 4.5 meter.
Ek is reeds besig met 3 ander storie lyne waaraan ek gereeld skaaf en byvoeg. Ook weer ‘n klein insident of twee wat besig is om te groei.

Olka Bolka het ‘n onderhoud met Kobus gehad om meer oor hom uit te vind.
Waar is jy gebore en het jy grootgeword?
In Kenia Oos Afrika gebore en daar gewoon tot in 1963 met onafhanklikheid daar. My pappie is ten midde van die MauMau opstande deur ‘n olifantbul doodgetrap. Ons is na SA en het as vlugtelinge in Krugersdorp gevestig. My ma is weer getroud maar ons kinders het eers in 1970 by hulle gaan bly. Het by Familie gebly vir solank hul met ons kon huishou. Ek was in BAIE laerskole (glo so 10)
Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?
Het my Diensplig by Korrektiewe Dienste gedoen en ‘n Beurs gekry om die Tegnies Kolledge Pretoria te gaan studeur. Het my Tegniese Graag as ‘n Construction Supervisor verwerf en is ook in 3 ambagte gekwalifiseer.
Wat is jou beroep?
Waar wil ek begin. 1. Construction Supervisor in die Boulyn. Baie veelsydig in die Boubedryf en ek doen alles wat met handwerk en logika te doen het. Ek is verder ‘n Geregistreerde Senior Argiteks Tegnoloog en ‘n Certified Residential, Commercial en Property Inspector. (jammer vir die Engelse benamings)
Skryf jy voltyds?
Dit is iets wat ek glo GEEN aspirant skrywer of kunstenaar wat ‘n gesin het, kan doen nie. Ek lei aan wat hul slaaploosheid of gebrek aan slaap, noem. Nagte is die beste tyd vir my om te werk en skryf dan pla die fone my nie.
Het jy van kleintyd af al gelees?
Het my voorkeure gehad en het voorgeskrewe werke op skool gehaat. Ons het baie arm groot geword en daar was werklik ‘n tekort aan bruikbare leesstof. Sou ek wel leesstof kon leen was al wat my geboei het Jeug en speur verhale
Wanneer het jy begin skryf en wat was jou eerste verhaal?
Ek wou altyd Jeug stories skryf maar dit is iets wat nooit gerealiseer het nie. Ek kon nie Deon Meyer se boeke lees nie omrede sy stories te langdradig was en my verveel het. Het by die destydse Klub 707 aangesluit en het van die boeke geniet. Dit het my laat besef dat sommige mense enige boeke, hoe swak ook publisser. Daar het ek al besluit dat ek wil skryf. Jare later met die kinders al uit en ons al “oupa en ouma” het ek en my vrou saam besluit dat ek die droom gaan aanpak. My eerste 6 boeke (net 2 is gepubliseer daar is nie fondse vir die ander) is speurverhale gebasseer op “iets”wat in ons lewens gebeur het. Ek het daarom my storie gebou.
Hoeveel boeke het jy al geskryf?
6 x speurverhale geskryf maar net 2 gepubliseer. Alhoewel my Engels in my oë “swak” is het ek pas ‘n Engelse boek HOME AND PROPERTY RELATED ISSUES voltooi. Wil dit graag as ‘n E-Boek bemark soek nog net die regte persoon om my daarmee by te staan. Dit handel oor vrae wat baie mense my vra, dinge wat ek weet en doen. Ek is al 45 jaar in die Boubedryf en my kennis en ondervinding is nie iets wat jy maklik kry nie.
Wat is jou genre?
Speurverhale
Watter tipe boeke lees jy?
Wilbur Smith
Is daar ‘n boek wat jy gelees het, wat ‘n groot indruk op jou gemaak het?
Meeste Wilbur Smith boeke
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ekstrovert wat geen moordkuil van my hart maak nie (what you see is what you get), Stout gebore en het ‘n grap vir elke geleentheid, Help graag waar nood is en dit het my al baie geld gekos. Ek is werklik ‘n harde werker wat nie skroom om my hande vuil te maak nie.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek is ‘n kranige motor voertuig resoureerder. Besig met 5 projek voertuie. Ek dan kan jy met my vrou gesels. Ek kan lekker KOS maak. Eksperimenteer met chillie en ander bottle geregte.
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?.
In werklikheid bid ek vir ‘n rustige oudag en vrede vir ons land. Dit blyk egter ‘n onbeantwoorde droom te bly. Ek het beslis nog ‘n hele paar storie lyne in gedagte….
Wat inspireer jou?
Iets wat met my of in my omgewing gebeur wat kan aanleiding tot ‘n storie kan wees.
As jy met enigeiemand oor ‘n koppie koffie kan gesels, wie sal dit wees en hoekom?
Ek kan met enige persoon oor bykans enige onderwerp gesels. Hou politiek, kerk en slegte vroue daaruit en ons kan lekker gesels. Ek haat skinder en onbevestigde stories.
Sou die Here dit toelaat sal ek graag my eie vrou meer van die mooi plekke in ons land wil gaan wys. Dan wil ek haar graag Hawai toe vat ook. Ons is hierdie jaar reeds 40jaar getroud en sy het my altyd ondersteun.
Hoe wil jy onthou word?
As ‘n omgee oupa, man en vader
Wat is jou luukse tyd vir jouself?
Kamp en visvang saam met my vrou en kinders.
Waar kan lesers jou volg, en jou boeke aankoop.
Ek het, toe ek nog op FaceBook was, ‘n Blad daar gehad. Malherbe het aan die begin ook van my boeke “geplaas” maar deesdae sien ek niks. Van my boeke is al deur Bargain books ( ‘n hele 5 daarvan) verkoop. Het dit ook al self probeer bemark sonder veel sukses. Om my boeke te druk kos geld en om ‘n klomp te laat druk sonder ‘n afset, is teen produktief.
Tipe Musiek – Ek is ‘n Neil Diamond aanhanger maar hou van enige goeie Afrikaanse Musiek
Sanger / Sangeres – Neil Diamond, Koos du Plessis en Bok van Blerk
Rolprent – Ek kyk baie min nuwe Rolprente. Hou van ouer flieks soos BUD SPENCER EN TERRANCE HILL, Dirty Harry van Clint Eastwood onder andere
Akteur / Aktrise – Geen voorkeur
Kos en drankie – My vrou se kos dan ook lekker braaivleis saam met familie. Drink soms ‘n doppie Whiskey en dan water en suikervrye koeldranke
Ontspanning – Hengel en kamp. Dan is my tuine (ook groente) iets om oor te spog.
Boek – Enige hengel en kamp tydskrifte maar hou my oë altyd oop vir ‘n nuwe Wilber Smit. Dan het ek verskeie kos en Tuin boeke
Vakansie bestemming – Enige kampplek veral as daar ‘n dam by is om te gaan visvang
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge. –
Oneerlike mense, skinderstories, mense wat graag SPOG en voorgee hulle is die beste EN seekos en sushi.
Kobus & Johan Pieterse
Bloubul Tekendienste and Independent Property Inspectors
Kobus Cell: 0828258446
Johan Cell: 0828528175
